RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 15.06.2018 3:48
Die Moslem-gemeenskap in Malmesbury is steeds geskok na gister se aanval in die vroeë oggendure by 'n moskee in die Swartlandse dorp. Twee moskeegangers is met 'n mes doodgesteek, en die aanvaller is deur die polisie doodgeskiet. Die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie. Carmel Loggenberg Roberts doen verslag.
Monitor 14.06.2018 4:05
Die Oos-Kaapse wetgewer hou die week openbare sittings oor die Tradisionele en Khoisan-leierskap Konseptwetgewing. 'n Lid van die Oos-Kaapse Wetgewer, Christian Martin, sê die wetgewing gee Khoisan-leiers dieselfde regte en voorregte as Nguni-leiers.
Monitor 12.06.2018 3:54
Die bestuur van die Noordwes Universiteit gaan die politieke wetenskaplike Theo Venter ondersoek, na sy uitlating en ontleding oor oud-president Jacob Zuma. Venter en Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkonto WeSize Militêre Veterane, was verlede Dinsdag deel van 'n bespreking op ons susterprogram, Praat Saam. Die bespreking het gegaan oor wat behoort die staat, en veral die ANC, se verantwoordel...
Monitor 12.06.2018 17:29
Eskom volstaan by sy nul persent loon-aanbod vir werkers ten spyte van 'n dreigement van vakbonde vir 'n nasionale kragstaking eerskomende Donderdag. Vakbonde het verelde week die onderhandelingstafel met Eskom verlaat weens beweerde intimidasie en 'n gebrek aan respek. Vir die impak van so 'n staking, praat Anita met die ekonoom, Mike Schussler van Economists punt C O punt Z A, en die onafhanklik...
Monitor 12.06.2018 8:22
Die Suid-Afrikaanse polisiediens het met 'n werwingsveldtog begin om veral jong Afrikaanssprekendes indiens te neem. Die polisiediens sê daar is min jong Afrikaanssprekendes wat by die polisiediens aansluit. Anita Visser praat met die Suid-Afrikaanse polisiediens se bevelvoerder vir Werwing en Personeelvoorsiening, Kolonel Therseus Olivier.
Monitor 11.06.2018 4:02
Die Wetenskap- en Nywerheidsnavorsingsraad stel later vandag navorsing bekend oor kubermisdaad. Dit fokus op die manier hoe sosiale media en ander platforms gebruik word om verbruikers in te lig oor aanlynbedrog en -misdaad. Marlinee Fouche berig dat daar heelwat wanpersepsies oor kuberveiligheid is. Byvoorbeeld: Het jy geweet gekompliseerde wagwoorde kan blitsvinnig ontsyfer word, of dat jou vrie...
Monitor 08.06.2018 6:02
Die oud-Springbok, Rudi Visagie of onder baie Suid-Afrikaners bekend as Vleis Visagie, reageer op die jongste voorval die week waarin 'n Pa van Ennerdale sy 16-jarige seun glo as 'n motorkaper aangesien en doodgeskiet het. Dit herinner sterk aan die voorval in 2004 toe Rudi sy 19-jarige dogter ook as 'n rower aangesien en per ongeluk doodgeskiet het. Suzanne Paxton praat met Visagie, 14 jaar na di...
Monitor 08.06.2018 2:41
'n Melkfabriek in Mosselbaai gebruik water wat van koeimelk onttrek word, om van sy melkprodukte te vervaardig. Die droogte wat die kusdorp op die tuinroete ervaar, het Nestle genoop om innoverende watertegnologie te vind, wat sy fabriek minder afhanklik van munisipale water sal maak.
Monitor 06.06.2018 3:48
'n Wewenaar in Elspark in Germiston, Johan Brody, het sy drie volwasse kinders doodgeskiet voor hy homself doodgeskiet het. Die polisie sê die motief vir die moorde en sy selfmoord is nog onbekend. Anita Visser praat met 'n psigiater, Dr Rykie Liebenberg, oor die saak.
Monitor 06.06.2018 3:02
'n Deel van die R23-miljoen waarvoor 'n dinosourus-fossiel opgeveil in Frankryk, Parys, opgeveil is word aan 'n Suid-Afrikaanse bewaringsorganisasie geskenk. Die Anne van Dyk-jagluiperd-sentrum in De Wildt, naby die Hartebeespoort-dam in Noordwes, is een van twee internasionale begunstigdes van die opbrengs van die veiling. Anita Visser praat met Marilyn Hull, wat verantwoordelik is vir onderrig e...
Monitor 06.06.2018 2:06
Die Verenigde Nasies vra dat regerings die verkoop van plastiek wat net een keer gebruik kan word moet verban of belas. In Suid-Afrika wil die kettingwinkel Woolworths teen 2020 nie meer enkel gebruik-plastiek soos sakke en eetgerei in sy winkels verkoop nie. Teen 2022 wil die maatskappy hê dat al sy plastiek verpakkings herwin en herbruik moet kan word.
Monitor 05.06.2018 14:16
Ons benodig 21 miljard rand om ons skuld af te betaal en om gelyk te breek - dis die pleidooi van S.A.L. se nuwe baas, Vuyani Jarana Maar durf ons nasionale lugredery dit eers waag om bakhand te staan, gegewe sy powere rekord van wanbestuur en grootskaalse bedrog? Flippie Vermeulen het vir 42 jaar lank vir S.A.L. gevlieg, waarna hy sy eie lugvaatmaatskappy, SPRINGBOK CLASSIC AIR, gestig het. Verme...
Monitor 04.06.2018 4:19
'n Bloemfonteinse skrywer van misdaadromans glo sy nuwe boek oor die selfmoord van een van die wereld se beroemdste skilders, Vincent van Gogh, sal die kunswereld skud. Nick van der Leek, die skrywer van meer as 70 topverkopers, sê sy nuutste boek "The Murder of Vincent van Gogh" kan dalk lig werp op die vreemde omstandighede van die kunstenaar se dood in 1890. Metzi van der Merwe doen verslag.
Monitor 31.05.2018 4:02
Die Australiese mynmaatskappy, West Wits Mining Limited, wil mynregte en permitte bekom vir mynbouaktiwiteite in Roodepoort in Gauteng. Die mynmaatskappy wil goud, uraan en silwer ontgin. Die myn het reeds prospekteeregte vir die gebied. Jean Esterhuizen berig.
Monitor 31.05.2018 4:54
Volgens die nuutste statistiek word 'n saak van 'n vermiste kind elke nege ure by 'n Suid-Afrikaanse polisiestasie aangemeld. Hoewel meeste van hierdie kinders weer teruggevind word, is daar baie wat die slagoffers van misdaad word. Hoewel dit kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika is, voel die inwoners van Eldorado Park in Johannesburg dat kinders se veiligheid elke dag van die jaar voorrang behoor...
Monitor 31.05.2018 8:57
Dis 'n vraag wat al dekades lank by mediese wetenskaplikes spook: hoekom is die MIV-epidemie soveel erger in Suid-Afrika as ander plekke in die wereld? Die Verenigde Nasies sê daar's minstens sewe miljoen mense in die land wat met die virus leef. Nou, danksy 'n unieke studie in KwaZulu-Natal, sê sommige van Suid-Afrika se voorste MIV-navorsers hulle het uiteindelik bewys dat verhoudinge tussen jon...
Monitor 29.05.2018 1:39
Suid-Afrika se paroolstelsel moet hersien word, en veranderinge moet gemaak word. So sê die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha. Masutha sê oortreders daag dikwels die parloostelsel in die howe uit. 'n Twee-dae lange seminaar vind tans in Kaapstad plaas, om veranderinge binne die parool stelsel te bespreek.
Monitor 29.05.2018 2:07
Die taxi-verenigings Cata en Codeta vra dat die voortslepende taxigeweld op die Kaapse Vlakte moet stop. Minstens tien mense meestal taxi bestuurders, is die naweek dood in taxigeweld. Die geweld gaan glo oor taxiroetes tussen Wynberg en Delft. Die Wes-Kaapse Minister van Vervoer, Donald Grant sê hy oorweeg dit om twee taxiroetes in Delft te sluit weens die voortslepende geweld. J
Monitor 29.05.2018 3:55
Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het op 'n vraag van die DA vroeër die maand, gesê dat bykans 2700 moorde op kinders tussen 2014 en 2017 gepleeg is. Meer as 42% van kinders is die slagoffers in verkragtingsake wat in dieselfde tyd plaasgevind het.
Monitor 29.05.2018 4:07
Is Pluto 'n planeet of is dit 'n komeet? Navorsers het in 'n nuwe studie by die Southwest Research Institute in Amerika data geneem van die New Horisons satteliet-missie, wat verby Pluto gevaar het en dit vergelyk met data wat hulle opgeneem het vanaf komeet - 67P. Navorsers stel voor dat Pluto 'n agglomerasie van komete is. Dr Pieter Kotze van die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap sê die...
Monitor 29.05.2018 3:48
'n Rubriekskrywer van Die Burger, Johann Maarmann, sê dit is die regte tyd om die Springbok nou te slag. Dit is nou die embleem van Suid-Afrikaanse rugby. Maarmann sê die embleem verdeel meer as wat dit versoen, anders as in 1994 toe Oud-President Nelson Mandela voorgestel het, dat die Springbokembleem behou word en dat alle groepe betrek word.
Monitor 28.05.2018 2:50
Byna een miljoen Suid-Afrikaners se persoonlike inligting, insluitend Id-nommers is weens 'n sekuriteits-breuk by die maatskappy View Fines, aanlyn gelek. Dis 'n maatskappy waar Suid-Afrikaners aanlyn verkeersboetes kan betaal. Joan-Marie Verhoef het die besonderhede...
Monitor 28.05.2018 5:57
President Cyril Ramaphosa sê boere moenie bang wees nie, maar moet met die regering saamwerk om 'n oplossing vir grondhervorming te vind. Ramaphosa het gisteraand tydens 'n besoek aan die SAUK in Auckland Park gesê boere het talle idees om die grondprobleem aan te pak. Izak du Plessis het met Ramaphosa gepraat....
Monitor 25.05.2018 3:53
Die Valke het 'n nuwe hoof: Generaal Godfrey Lebeya. Hy was voorheen hoof van die speurdiens. Die misdaadverslaggewer Mandy Wiener het as deel van haar navorsing vir die boek, Ministry of Crime, 'n deurtastende onderhoud met Lebeya gevoer. Sy se^ hy het 'n goeie indruk op haar gemaak. Sy waarsku egter dat dit lank sal neem om die kultuur in die polisie te verander, wat oor die afgelope tien jaar a...
Monitor 25.05.2018 13:18
Anita Visser het met die adjunk minister vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Andries Nel, gepraat om antwoorde te kry oor die ouditeur-generaal se jongste verslag oor plaaslike regerings.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.