RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Monitor 16.07.2018 4:40
Gee ons kunswerke terug OF stal dit uit! So roep die openbare program koordineerder by Iziko Museums, Wandile Kasibe, luidkeels uit. Hy is nie al een met die mening nie. 'n Kultuurhistorikus by New York Universiteit, Nicholas Mirzoeff, is ook van mening dat museums in hoofsaaklik Westerse lande, Afrika kunswerke in die argief wegsteek, eerder as om Afrikane die geleentheid te bied om hulle kulture...
Monitor 13.07.2018 9:11
'n Groep boere en ander inwoners van die gebied tussen Mahikeng en Zeerust in Noordwes voer 'n verbete stryd teen 'n mynmaatskappy wie se bedrywighede die omgewing kan skaad. Dit volg nadat die maatskappy Viturtrax planne bekend gemaak het om drie mynaanlegte in die omgewing te bedryf. Die gemeenskap sê die die bedrywighede gaan 'n sensitiewe vleilandgebied vernietig. Izak du Plessis berig.
Monitor 12.07.2018 5:18
WAARSKUWING: Inhoud is seksueel van aard. Die Nasionale Departement van Basiese Onderwys stel voor dat omvattende vseksoorligting deel vorm van die nasionanle kurrikulum. Tans fokus die Nasionale Beleid oor seksvoorligting op aborsies en voorbehoedmiddels. Daar is 'n openbare deelname-proses in hierdie verband aan die gang en Joan-Marie Verhoef berig dat rolspelers gemengde gevoelens hieroor het.
Monitor 09.07.2018 8:41
INTRO:: Duduzane Zuma, die seun van oud-president Jacob Zuma het vanoggend in die handelshof in Johannesburg verskyn op 'n aanklag van korrupsie. Dit hou verband met sy rol in 'n beweerde poging deur die Gupta-broers om die voormalige adjunk-minister van finansies, Mcebisi Jonas met R600 miljoen om te koop. Luidens naweek-koerantberigte het Duduzane en sy prokureur, Rudi Krause Donderdag saam uit...
Monitor 06.07.2018 3:54
Die onwettige handel in sigarette loop hand aan hand met staatskaping. So glo die Tabak instituut, Tisa, na gesamentlike navorsing met Ipsos. Die instituut beskuldig drie kleiner tabak maatskappye daarvan dat hulle aksyns belasting van minstens sewe miljard rand ontduik het. Volgens Tisa, is die ongeruimthede moontlik gemaak deur die Suid-Afrikaanse Inkomste diens se doelbewuste besluit om inspeks...
Monitor 04.07.2018 3:02
Project Leopard Conservation sê hy is geskok dat die Sjinese regering enige permitte sou uitreik vir die jag van luiperds sodat die bene in tradisionele medisyne gebruik kan word. Die permit is reeds op 16 Junie uitgereik aan 'n individu om meer as een komma twee ton luiperd- bene aan 'n farmaseutiese maatskappy te voorsien. Die maatskappy is bekend vir hulle sogenaamde Tiger Water waarvan die hoo...
Monitor 03.07.2018 3:40
In Suid-Afrika word leeus gestroop vir verskillende liggaamsdele en nie vir hulle gebeentes nie. So sê 'n Senior Handelsbeampte, by die Natuurlewe en Handelsprogram van die Endangered Wildlife Trust, Dr Kelly Marniwicke. Dit volg nadat ses leeus die afgelope naweek in die De Rust omgewing in Limpopo vergiftig is.
Monitor 03.07.2018 2:24
Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement gaan negentig nuwe verpleërs oplei, om die kroniese tekort aan gesondheidspersoneel in die provinsie te verminder. Die studente sal verpleegdiplomas ontvang, nà die voltooing van hulle kursus by die Henrietta Stockdale-verpleegkollege in Kimberley. Na hul kwalifisering sal hulle posisies vul wat verloskunde, gemeenskaps en psigiatriese gesondheidsverpleeg in...
Monitor 03.07.2018 3:51
Grahamstad in die Oos-Kaap se naam word na Makhanda verander. Die Minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mtetwa, het die naamsverandering in die staatskoerant gepubliseer, na 'n openbare deelname proses. Makhanda was 'n Xhosa vegter, wat sy nasie verenig het in hul stryd teen die Britse Ryk.
Monitor 03.07.2018 3:06
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moedig belastingbetalers aan om hul opgawes op die internet in te dien om die aantal mense by Jan Taks se kantore te verminder. Die belasting seisoen het amptelik op 1 Julie begin.
Monitor 03.07.2018 15:38
Die hoof van Tegniese Afdeling by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belasting beroepslui, Piet Nel, het met Anita Visser gesels oor die belastingseisoen wat begin het. Hy gee ook praktiese raad vir belastingbelaters wat hul opgawes gaan indien.
Monitor 27.06.2018 3:54
Kinders behoort beskerm te word teen protes optogte by skole. So sê advokaat Anton Alberts van die Vryheidsfront plus. Die party het 'n kennisgewing gepubliseer, dat die publiek nou 30 dae tyd het om te reageer op 'n privaatlid wetsontwerp, wat protesoptogte by plekke van onderrig sal verbied.
Monitor 27.06.2018 9:09
Gesondheids praktisyns in Noordwes sê die Nasionale Gesondheids versekering skema se loodsprojek in die provinsie het reeds misluk. Die Vereniging vir Landelike Dokters in Suid-Afrika, Rudasa, sê meeste dokters wat by het projek betrokke was, is nie betaal nie en het daarom ophou werk. Maar as die loodsprojek van die Nasionale Gesondheids Versekerings plan, al in een provinsie misluk het, watter k...
Monitor 27.06.2018 1:58
Die Hooggeregshof in Delhi het 'n projek om meer as 16 duisend bome af te kap, tydelik gestop. Indië se regering wil behuisingseenhede vir regerings amptenare in die gebied bou.
Monitor 27.06.2018 4:43
Meer as een miljoen mense is afhanklik vir inkomste van die suiker bedryf in Suid-Afrika, wat nou by n kruispad is. So sê Suresh Naidoo, die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging. Verskeie rolspelers in die bedryf het na die Department van Handel en Nywerheid se kantoor opgeruk, om 'n aansoek vir 'n tariefverhoging op invoere by die internasionale handelsadministrasie kommissie in te...
Monitor 25.06.2018 3:05
Gemeenskappe uit voorstede wes van Johannesburg, neem 'n multi-nasionale myn maatskappy hof toe om sy bedrywighede hier te stop. Die inwoners van Creswell Park, Fleurhof, Hamburg, Florida en GEORGINA naby Roodepoort, dagvaar die Australiese West Wits Mining Limited maatskappy
Monitor 25.06.2018 5:55
Suid-Afrika is een van die lande wêreldwyd wat die grootste persentasie van die land se BBP bestee aan die mediese sektor. In Suid-Afrika is vier en tagtig persent van die land se inwoners van die staat afhanklik vir mediese hulp, terwyl slegs 16 persent van die landsburgers toegang het tot privaatsorg en mediese fondse. Tog word die BBP gelyk-op verdeel tussen die twee groepe. Dit beteken dat 84...
Monitor 25.06.2018 1:40
'n 13-jarige meisie van George in die Suid-Kaap is gekies om Suid-Afrika by die 9de Downsindroom Wêreld Swem-kampioenskap in Kanada te verteenwoordig. Minke Janse van Rensburg is een van nege swemmers, wat deur die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektuel Gestremdes gekies is, nadat sy vier goud en twee silwer medaljes, by die onlangse nasionale kampioenskappe verower het. Tanya Krause doe...
Monitor 25.06.2018 3:42
Die regering werk aan planne om Saldanha-baai in die Wes-Kaap, die grootste akwakultuur-hub in Suid-Afrika te maak. Beleggings van nagenoeg 400 miljoen rand word vir die gebied beoog, wat tot sowat 3 000 werksgeleenthede kan lei. Die planne vorm deel van die regering se Operasie Phakisa, wat op geleenthede in die see-ekonomie fokus.
Monitor 25.06.2018 12:01
Die Wêreld Gesondheids Organisasie se konsep dat alle burgers van 'n land toegang tot gesondheidsorg moet hê, word universeel aanvaar. Die W.G.O se voorskrifte in die verband, is bekostigbare gesondheidsorg maar nie gratis sorg nie. In Suid-Afrika, sê burgerlike aktiviste soos Mark Heywood van Section 27 dat korrupsie in die gesondheid sektor die land jaarliks tot 30 miljard rand kos en dat die ge...
Monitor 21.06.2018 4:18
Klank opnames van 'n privaat vlieenier se ontmoeting met 'n vreemde vlieënde voorwerp is die week vrygestel. Die voorval het sowat 'n maand gelede in die lugruim bo Huntsville in die amerikaanse deel staat Alabama afgespeel. Dit is egter een van talle sulke vreemde verskynsels wat onlangs deur die Amerikaanse regering bekend gemaak is.
Monitor 21.06.2018 4:18
Klankopnames van 'n privaatvlieenier se ontmoeting met 'n vreemde vlieende voorwerp is die week vrygestel. Die voorval het sowat 'n maand gelede in die lugruim bo Huntsville in die Amerikaanse deelstaat Alabama afgespeel. Dit is egter een van talle sulke vreemde verskynsels wat onlangs deur die Amerikaanse regering bekend gemaak is, berig Justin Kennerley.
Monitor 19.06.2018 3:34
Die verengelsing van die land se howe is een van die redes hoekom daar gevra word dat Suid-Afrika 'n handves van taalregte opstel. Hoewel die grondwet voorsiening maak vir die gelyke status van al 11 amptelike landstale, is 'n dekreet uitgevaardig dat die amptelike hof-taal Engels moet wees. Volgens Hoofregter Mogoeng Mogoeng, sal dit demokrasie bevorder. Marlinee Fouche berig intussen dat meer as...
Monitor 18.06.2018 11:32
Die Liberty-groep se bestuur sê dit blyk nie of enige kliënte geld verloor het toe kuberkrakers sy rekenaarstelsel binnegedring en 'n afpersingsfooi geëis het nie. Liberty sê alle kliente se data, polisse en kontrakte steeds veilig is. Die finansiele dienste maatskappy sê hy is in volle beheer van sy rekenaar stelsel. Volgens die maatskappy het kubekrakers hoofsaaklik toegang tot eposse verkry. Di...
Monitor 18.06.2018 3:55
Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans beplan regstappe om hoofregter Mogoeng Mogoeng se dekreet te skrap, dat die amptelike taal in die land se howe Engels moet wees. Volgens Mogoeng, sal demokrasie in die land juis versterk word deur die verengelsing van die howe. Tog berig Marlinee Fouche dat die dekreet kritiek vanuit die land se taal- en regsgeledere lok, wat die verengelsing van die land s...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.