RSG

Monitor

News AF ↓ 4392 episodes

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Monitor 20.08.2018

Die departement van omgewingsake en die Vrystaatse Staatsdepartement vir die ontwikkeling van klein sakeondernemings, toerisme en omgewingsake, het oorlog verklaar teen 'n indringerspesie varswater kreef. Die indringerspesie, wat uit Amerika afkomstig is, versprei glo vinnig en is 'n bedreiging vir inheemse spesies. Joan-Marie Verhoeg het meer...

Monitor 17.08.2018

Eskom gaan weer eens aansoek doen om vrygestel te word van minimum emissiestandaarde by baie van sy kragsentrales. Dit beteken besoedelingsbeheermaatreels soos deur die departement van Omgewingsake voorgeskryf sal - soos in 2013 - weer uitgestel word. Eskom sê hy sukkel om die standaarde toe te pas, en sal as deel van sy aansoek ook 'n openbare deelnameproses loods. Die Sentrum vir Omgewingsregte...

Monitor 15.08.2018

Is daar Afrikaners vir die toekoms? - dis die vraag wat Solidariteit Akademies gaan navors het. By my in die ateljee is Connie Mulder, die Hoof van Solidariteit se Navorsings-instituut, asook dr Dirk Hermann, die Bestuurshoof van die organisasie:

Monitor 14.08.2018

Die Verening van Staatsamptenare sê die regering se kat-en-muis-speletjies met die toekoms van staatsdienswerkers, is onaanvaarbaar. Die vakbond het so gereageer op gister se aankondiging deur die minister van Staatsdiens en Administrasie, Ayanda Dlodlo, dat die regering nie beplan om meer as 30-duisend staatsdienswerkers af te lê nie. Dit ondanks vroeere mediaberigte wat tot paniek in die sektor...

Monitor 14.08.2018

President Cyril Ramaphosa se ekonomiese stimilusplan se koste vir Suid-Afrika word bereken op sowat 43-miljard rand. Die Nasionale Studente Finansieringsplan oftewel NSFAS, gaan die regering uiteindelik tot 60 miljard rand kos. Die DA se Alf Lees waarsku dat die regering se finansiële waarborg van 59-miljard rand aan staatsbeheerde instellings die staat se skuldlas gaan verhoog tot 60 persent van...

Monitor 09.08.2018

'n Aansoek is gister by die Wes-Kaap Hooggeregshof ingedien waarin die Universiteit Stellenbosch Regskliniek, Summit Financial Partners en 10 van hul kliënte, regterlike ingryping versoek. Dit hou verband met onwettige skuld-invorderingspraktyke van na bewering meer as 'n miljard rand. Ons praat nou hieroor met Stephan van der Merwe, die Senior Prokureur en Notaris Publiek by die US Regskliniek..

Monitor 08.08.2018

Magnus Malan se familie beoog volgens mediaberigte regstappe na die publikasie van Chris Steyn en Mark Minnie se boek, "Seuns van Bird-eiland". Anita Visser het met Llewellyn Curlewis, 'n regskenner aan die Universiteit van Pretoria gepraat.

Monitor 08.08.2018

Die land is steeds aan't praat oor die Magnus Malan pedofilie skandaal. Alet van Rensburg-Wright van die SAUK se veel-bekroonde TV program, FOKUS, sê egter daar was ook al in die verlede reeds bewerings oor bande tussen drie oud-Nasionale Party ministers en die veroordeelde pedofiel Gert van Rooyen. Anita Visser het met haar gepraat.

Monitor 07.08.2018

Mense wat op die oewer van die Vaalrivier bly sê hulle kan nie meer toekyk hoe die water besoedel word nie. Johan de Klerk, die eienaar van die hengelbesigheid Twin Series Fishing, het 'n video op sosiale media geplaas waarin hy sê die water is so besoedel dat dooie visse en voëls orals op die walle van die rivier lê. Anita Visser het met hom gepraat.

Monitor 07.08.2018

Die Vaalrivier-streek se waterprobleme is 'n groot kopseer vir die inwoners, sedert rioolwater vanaf die Emfuleni waterwerke in die rivier gestort is. Johan de Klerk, die eienaar van 'n hengel-onderneming, het met Vincent Mofokeng gepraat...

Monitor 06.08.2018

Onwettige delwers in Kleinsee en Port-Nolloth in die Noord-Kaap dring daarop aan dat die regering hulle permitte gee. Hulle sê die gebied waar hulle delf is nie gevaarlik nie - omdat dit bogronds in die diamantryke myndorpie is. Hulle sê voortslepende botsings met die polisie verhoed hulle om te delf. Ons Noord-Kaapse korrespondent Reginald Witbooi besoek Kleinsee en het diè verslag saamgestel…

Monitor 06.08.2018

'n Oud-woordvoerder van senior weermaglede wat destyds om amnestie by die Waarheids- en Versoeningskommissie aansoek gedoen het, Generaal Dirk Marais, verwerp die beweringe dat apartheidsministers soos Magnus Malan deel van 'n pedofolie-netwerk was. Marais was die woordvoerder van Malan en offisiere soos Georg Meiring, Constand Viljoen en Jannie Geldenhuys. Die beweringe word gemaak in die boek, "...

Monitor 06.08.2018

Leon Wessels, 'n oud-kollega van Generaal Magnus Malan in PW Botha kabinet, betreur intussen die beweringe van 'n pedofolie-ring in die boek "Die Seuns Van Bird-eiland". Hy gee toe dat hoewel hy hoop dit word nie deur sensasie gedryf nie, die bewerings nie onder die mat gevee behoort te word nie. Metzi van der Merwe het met hom gepraat.

Monitor 06.08.2018

Generaal Magnus Malan was 'n pedofiel wat aan seksorgries met jong seuns op Bird-eiland naby Port Elizabeth deelgeneem het. Dit is nou volgens die skrywers van die boek: "Die Seuns van Bird Island", deur die voormalige speurder, Mark Minnie, en 'n ondersoekende joernalis, Chris Steyn. Die skrywers beweer dat nog 'n kabinetslid van oud-president PW Botha en 'n sakeman se name genoem word as deel va...

Monitor 01.08.2018

Internasionale borsvoedingsweek begin vandag, met die tema "Borsvoeding as Fondament van Lewe". Verskeie organisasies, insluitend die Wêreld Gesondheidsorganisasie en UNICEF, is deel van die veldtog. Die doel van die week is om bewusmaking te skep dat borsvoeding 'n groot rol speel in voeding, voedselsekerheid en die verligting van armoede. Marlinee Fouche berig dat baie Suid-Afrikaanse vroue toen...

Monitor 01.08.2018

Wat presies gebeur met 'n lyk wat vir mediese navorsing en opleiding geskenk word? Baie mense het in die vraag belanggestel na Monitor verlede week berig het oor alternatiewe tot tradisionele begrafnisse en verassings. Monitor het Maandagoggend verduidelik HOE iemand kan verseker dat hulle wel geskenk word. Vandag berig Hanri Wondergem oor wat met die lyk gebeur sodra dit by die universiteit aanko...

Monitor 31.07.2018

'n Grondberaad met 'n verskil. So beloof een van die sameroepers van 'n byeenkoms wat volgende woensdag in die kasteel in Kaapstad gehou word. Die beraad sal verskeie verteenwoordigende groepe van die sogenaamde Eerste Nasie onder een dak byeen bring. Hoofregter Mogoeng Mogoeng sal ook saam met kerk- en politieke leiers en die boeregemeenskap insette lewer oor hoe die grond- en identiteits kwessie...

Monitor 31.07.2018

Die Raad van Onderwysministers - dit is nou provinsiale onderwysministers plus die minister van Basiese Onderwys - het die departement van Basiese Onderwys se beleid oor tuisonderrig goedgekeur. Daar word verwag dat die minister, Angie Motshekga, dit binnekort sal bekragtig. Dit volg na byna vier jaar van raadpleging met verskeie belanghebbendes. Anita Visser het met die departement sowel as een v...

Monitor 30.07.2018

Ons het verlede week op Monitor berig oor alternatiewe tot tradisionele begrafnisse en verassings. Van die luisteraars het voorgestel dat lyke vir mediese navorsing geskenk word. Ons is toe gevra hoe om te werk te gaan om dit te doen - en Monitor het die antwoord. Hanri Wondergem berig dat dit 'n eenvoudige proses is.

Monitor 25.07.2018

'n Toename in organiese eetgewoontes in Europa, verhoog die behoefte aan organiese produsente, veral in Nederland. Marriam Fabri van BioNext in Holland sê die bedryf kan nie voorbly met die vraag en aanbod nie. Malixole Gwatyu is een van die joernaliste wat deur die Nederlandse Ambassade in Suid-Afrika na die 2018 Wêreldkongres vir Landboujoernaliste in Nederland genooi is. Hy het die verslag saam...

Monitor 25.07.2018

Om kwart voor tien - Maandag oggend, 4 Desember 2017, open die hoof van Steinhoff se ouditkomitee, Steve Booysen, 'n epos wat sy vermoede bevestig, daar was fout met Steinhoff se boeke. In een week verloor die groep 200 milrand rand se waarde en een van die land se rykstes, Christo Wiese is 37 miljard rand kwyt. G.T Ferreira verloor effektief meer as 'n miljard rand in die debakel. Hy beskryf sy g...

Monitor 23.07.2018

MONITOR se kollegas in Kaapstad berig al vir maande lank oor die geweld op die Kaapse Vlakte. Vrydag het ons die nuus gedra dat die Minister van POLISIE, BHEKI CELE, gesê het dat die weermag beslis nie op die vlakte ontplooi gaan word nie, ten spyte van opposisie politici wat glo die weermag is die antwoord op die voortslepende bende en dwelm-verwante geweld, wat maandeliks nuwe lewens eis. Maar w...

Monitor 18.07.2018

Vanoggend is ons tema leierskap na aanleiding van die 100-jarige herdenking van die geboorte van Nelson Mandela, wat sy filosofie daaroor so gedefinieer het: "Lead from the back - and let others believe they are in front." Anita Visser praat met professor Piet Naude van die Universiteit van Stellenbosch se sakeskool.

Monitor 17.07.2018

Wanneer jy die naam "Koos van der Merwe" hoor, dink jy dalk aan 'n Vrystaatse boer in kakhi-klere. Maar...daar's 'n "Koos van der Merwe" in Hong Kong, met 'n winkel in die hart van Tsim Sha Tsui in Kowloon. Sy regte naam is PC Cheng. Hoewel hy 'n gebore Chinees is, is hy in sy hart 'n Suid-Afrikaner, en het hy oor die 40 jaar van sy winkel se bestaan deel geword van die uitgebreide Suid-Afrikaanse...

Monitor 16.07.2018

As jy 'n voorliefde vir motors het, wag daar 'n skatkis op jou in die Karoo... Karre en vragmotors wat oor die laaste eeeu vervaardig is, word in Loxton uitgestal. Reginald Witbooi het gaan ondersoek instel en uitgevind dat al die motors nog in 'n werkende toestand is.

Listen to the Monitor podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.