Cape Pulpit / Kaapse Kansel

KOPSKUIF

Welkom by Kopskuif, jou bron van insiggewende gesprekke oor onderwys! Hierdie program bied ‘n platform waar alle rolspelers in die onderwysbedryf, van skoolhoofde tot leerders, ouers, onderwyskundiges en ander belanghebbendes, hul perspektiewe en ervarings kan deel. Elke episode bied die kans om te leer hoe onderwys nie net die verantwoordelikheid van skole is nie, maar iets wat die hele gemeenskap betrek. Mercia Eksteen, die aanbieder, lei hierdie inspirerende gesprekke, wat daarop gemik is om mense aan te moedig om hul rol in die onderwys en gemeenskapsontwikkeling te erken. Die program onde...

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: capepulpit.co.za

Author

Cape Pulpit / Kaapse Kansel

Category

Education

Podcast website

capepulpit.co.za

Latest episode

Oct 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

KOPSKUIF - Prof Ignatius Gous – Die Begrip - “Op’it ouers”. 27.04.2024

27.04.2024 - Prof Ignatius Gous – Die Begrip - “Op’it ouers”.

KOPSKUIF - Prof Ignatius Gous op Kopskuif. Hoe begelei ek my kinders of kleinkinders om volledig mens te wees? 20.04.2024

20.04.2024 - KOPSKUIF - Prof Ignatius Gous op Kopskuif. Hoe begelei ek my kinders of kleinkinders om volledig mens te wees?

KOPSKUIF - Hanneke Mackie, visioenêre stigter van Buzz Kidz Kinderontwikkelingsinisiatief 13.04.2024

13.04.2024 - Hanneke Mackie, visioenêre stigter van Buzz Kidz_ Kinderontwikkelingsinisiatief wat opvoedkunde met kuns integreer

KOPSKUIF - Pauli Nigrini, stigter van Petaloudas en The Butterfly Diaries 06.04.2024

06.04.2024 - KOPSKUIF - Pauli Nigrini, stigter van Petaloudas en The Butterfly Diaries. As besigheidseienaar, lewensafrigter, blogger en voormalige kleuterskoolonderwysers gesels Pauli onder meer oor geestesgesondheid en die waarde wat ’n lewensafrigter kan toevoeg.

KOPSKUIF - Fred Pheiffer - Woordeboekmaker pionierswerk 30.03.2024

30.03.2024 - Fred Pheiffer het as woordeboekmaker pionierswerk gedoen, hoe individue se ingeboude taalvermoë geaktiveer word.

KOPSKUIF - Christi-Ann Lombard gesels oor Dinosourusse kan nie lees nie se speelvak by die KKNK 23.03.2024

23.03.2024 - Christi-Ann Lombard gesels oor Dinosourusse kan nie lees nie se speelvak by die KKNK. Met kleurvolle karakters en lekker loslit-liedjies neem dié kinderteaterstuk jonk en oud op ’n verbeeldingsvlug.

KOPSKUIF - Manie Botha - Hoe sien ons die wêreld? 16.03.2024

16.03.2024 - Manie Botha, internasionale motiveringspreker, skrywer en pastorale berader, gesels oor die onderwerp "Hoe sien ons die wêreld?"

KOPSKUIF - Prof. Ignatius Gous, ’n kundige op die gebied van hoe die brein en denke werk 09.03.2024

09.03.2024 - Prof. Ignatius Gous, ’n kundige op die gebied van hoe die brein en denke werk, onder die loep geneem

KOPSKUIF - JJ van Niekerk, projekorganiseerder van die ATKV se toneelaanbod 02.03.2024

02.03.2024 - JJ van Niekerk, projekorganiseerder van die ATKV se toneelaanbod, gesels oor al die nuwe inisiatiewe wat vir 2024 beplan word. Verder vertel JJ ook oor die bekendstelling van ATKV-Sêr aan hoërskole.

KOPSKUIF - Melanie Marais, projekorganiseerder van die ATKV 24.02.2024

24.02.2024 - Melanie Marais, projekorganiseerder van die ATKV, gesels oor hoe ATKV-DigiProjekte opwindende en innoverende geleenthede skep vir individue om hul kreatiewe vaardighede op ’n skeppende manier uit te leef. Belê in jouself, belê in jou toekoms en wees die verskil.

KOPSKUIF - Reinette Lombard - Tippie-reeks 17.02.2024

17.02.2024 - Reinette Lombard, medeskrywer van die reeks, oor leesontwikkeling. Die Tippie-reeks, waarmee kinders speel-speel en op ’n prettige wyse kennis opdoen, is vanjaar al tien jaar op die rakke. Twee nuwe Tippie-reekse het pas geland.

KOPSKUIF - Chareldine van der Merwe - Vriende van Afrikaans 10.02.2024

10.02.2024 - Die Vriende van Afrikaans (VVA) is 30 jaar oud. Luister gerus op 10 Februarie, wanneer Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, op Kopskuif gesels oor die VVA se drie dekades van stories. Geluk aan die VVA met hierdie mylpaal – die verskil wat daagliks landwyd gemaak word in die lewens van kinders wat die wonderwêreld van lees ontdek, is enorm.

KOPSKUIF - Connie Otto - Onderwys is almal se verantwoordelikheid. 10.02.2024

10.02.2024 - Skakel op Saterdag 27 Januarie op Kopskuif in wanneer Connie Otto, opvoeder by die Laerskool Makwassie, gesels oor haar passie vir onderwys, die waarde van lees en haar droom vir die kinders van ons land.

KOPSKUIF - Connie Otto - Onderwys is almal se verantwoordelikheid 27.01.2024

27.01.2024 - Skakel op Saterdag 27 Januarie op Kopskuif in wanneer Connie Otto, opvoeder by die Laerskool Makwassie, gesels oor haar passie vir onderwys, die waarde van lees en haar droom vir die kinders van ons land

KOPSKUIF - Vanessa Clarke 20.01.2024

20.01.2024 - Op 20 Januarie gesels Vanessa Clarke, ’n geregistreerde dieetkundige, op Kopskuif. Kom luister gerus hoe Vanessa idees deel vir terug-skool-toe-kosblikke. Sy gesels ook oor haar passie om gesinne en individue te help om hul liggame te koester met voedsel wat hulle goed oor hulself laat voel.

KOPSKUIF - Zuléka Smit - Bekroonde skrywer en motiveringspreker 13.01.2024

13.01.2024 - Op 13 Januarie gesels Zuléka Smit, opvoeder en graadhoof by Klein Boishaai in die Paarl en bekroonde skrywer en motiveringspreker, op Kopskuif. Ben gaan skool toe, ’n pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan, is onlangs met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon. Hierdie boek is gebaseer op Zuléka se baie jare in die onderwys en haar ervarings met haar eie kinders. Sy is ook beke...

KOPSKUIF - 06.01.2024 06.01.2024

06.01.2024 - KOPSKUIF

KOPSKUIF - BrainTribe 30.12.2023

30.12.2023 - Wat kry jy as jy neurowetenskap en emosionele intelligensie met mekaar kombineer? Die antwoord is BrainTribe, ’n kreatiewe program wat van die neurowetenskap kinderspeletjies maak. Die BrainTribe-projek is die geesteskind van Manie Botha en Stefaans Burden en is gebore uit die gewaarwording van hoe swaar jongmense emosioneel kry.

KOPSKUIF - Mpumi Rakhudu 23.12.2023

23.12.2023 - KOPSKUIF - Mpumi Rakhudu, wenner van die ATKV-Redenaarskompetisie in die kategorie Afrikaans Addisionele Taal (graad 10-12) gesels oor sy passie vir praat. Die rol wat Mpumi se familie in sy lewe speel, en hoor wat sy drome is.

KOPSKUIF - Liezel Kloppers-Pelser 16.12.2023

16.12.2023 - KOPSKUIF - Liezel Kloppers-Pelser is ’n ervare bedryfsielkundige en ook die stigter en eienaar van die Cultivate-bedryfsielkundepraktyk. Sy gesels oor haar passie om individue en leiers by te staan om hul potensiaal te ontwikkel. Sy deel gedagtes oor naasteliefde en selfliefde, selfkennis, persoonlikheid, spanwerk en persoonlike ontwikkeling.

KOPSKUIF - Litha Sam-sam, stigter en projekbestuurder van die Loxion Mobile Library in Vrygrond 09.12.2023

09.12.2023 - Litha Sam-sam, stigter en projekbestuurder van die Loxion Mobile Library in Vrygrond, een van die armste gemeenskappe op die Kaapse Vlakte op Kopskuif. Loxion Mobile Library het onlangs die ATKV se toekenning vir leesbevordering ontvang. Sam-sam, wat in Vrygrond grootgeword het, glo dat alle kinders verdien om pret te hê en hul kinderjare te geniet, ongeag hul agtergrond.

KOPSKUIF - Estelle Kruger - Afrikaansonderwyser van Huistaal- en Eerste Addisionele Taal-leerders 02.12.2023

02.12.2023 - KOPSKUIF - Estelle Kruger gesels op Kopskuif oor haar loopbaan as Afrikaansonderwyser van Huistaal- en Eerste Addisionele Taal-leerders. Sy gesels oor leerders se emosionele geletterdheid en bespreek die konsep van meervoudige intelligensies en konstruktivistiese onderrig-en-leer-teorie. Estelle is tans besig is met ’n e-boek oor die onderrig van Afrikaans.

KOPSKUIF - Wilna van Rooyen - Vroeëkinderontwikkelingspesialis van die Afrikaanse Onderwysnetwerk 25.11.2023

25.11.2023 - KOPSKUIF - Wilna van Rooyen, die vroeëkinderontwikkelingspesialis van die Afrikaanse Onderwysnetwerk spog met meer as 40 jaar ondervinding in die onderwys, waarvan 32 as hoof by vooraanstaande skole in Suid-Afrika. Wilna gesels oor die ontwikkeling van jong kinders. Verder deel Wilna insigte oor die ontwikkeling van denke, lees en gesonde selfbeeld by kinders.

KOPSKUIF - 16.12.2023 24.11.2023

16.12.2023 - KOPSKUIF

KOPSKUIF - Dr. Tertia de Klerk kliniese sielkundige gesels oor oor angs by laerskoolkinders 18.11.2023

18.11.2023 - Dr. Tertia de Klerk kliniese sielkundige gesels oor oor angs by laerskoolkinders. Dr. De Klerk kyk na kwessies soos die verskil tussen bangheid en angstigheid, die veg-of-vlug-reaksie, en gee nuttige wenke vir ouers en voogde.

Listen to the KOPSKUIF podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.