Cape Pulpit / Kaapse Kansel

KOPSKUIF

Welkom by Kopskuif, jou bron van insiggewende gesprekke oor onderwys! Hierdie program bied ‘n platform waar alle rolspelers in die onderwysbedryf, van skoolhoofde tot leerders, ouers, onderwyskundiges en ander belanghebbendes, hul perspektiewe en ervarings kan deel. Elke episode bied die kans om te leer hoe onderwys nie net die verantwoordelikheid van skole is nie, maar iets wat die hele gemeenskap betrek. Mercia Eksteen, die aanbieder, lei hierdie inspirerende gesprekke, wat daarop gemik is om mense aan te moedig om hul rol in die onderwys en gemeenskapsontwikkeling te erken. Die program onde...

Author

Cape Pulpit / Kaapse Kansel

Category

Education

Podcast website

capepulpit.co.za

Latest episode

Jul 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

KOPSKUIF - Leonie du Preez, leefstylafrigter en stigter van Gro Life Coaching - die rol en waarde van leefstylafrigting 20.07.2024

20.07.2024 - KOPSKUIF - Leonie du Preez, leefstylafrigter en stigter van Gro Life Coaching - die rol en waarde van leefstylafrigting.

KOPSKUIF - Yolandi Breytenbach, stigter en eienaar van die Oasis Klub, Baanbrekers 13.07.2024

13.07.2024 - Yolandi Breytenbach, stigter en eienaar van die Oasis Klub, Baanbrekers en spesialiste wanneer dit by vroeëkinderontwikkeling (VKO) kom.

KOPSKUIF - Lotta Engelbrecht, die visionêr van Stimulus Maksima 06.07.2024

06.07.2024 - Lotta Engelbrecht, die visionêr van Stimulus Maksima, rekenaargebaseerde leesprogram, wat in skole, leessentrums en huishoudings landwyd gebruik word, ’n blywende impak op ontelbare gesinne in Suid-Afrika het.

KOPSKUIF - Dr. Colin Steyn van die Sentrum vir Integrale Innovasie en Ontwikkeling 29.06.2024

29.06.2024 - Dr. Colin Steyn van die Sentrum vir Integrale Innovasie en Ontwikkeling _Strategiese leierskap en waarderende ondersoek (appreciative inquiry).

KOPSKUIF - Linique Hanekom-Pretorius, spraak- en taalterapeut van Care2Kids - Insigte ivm Effektiewe Studiemetodes 22.06.2024

22.06.2024 - KOPSKUIF - Linique Hanekom-Pretorius, spraak- en taalterapeut van Care2Kids -Insigte ivm Effektiewe Studiemetodes

KOPSKUIF - Dr. Michelle Bach, kliniese sielkundige is betrokke by Care2Kids 15.06.2024

15.06.2024 - Dr. Michelle Bach, kliniese sielkundige is betrokke by Care2Kids – sy gesels oor die waarde van goeie geestesgesondheid en plaas kwessis soos neuroontwikkelingsversteurings onder die vergrootglas.

KOPSKUIF - Hanlie Degenaar - bestuurder van Care2Kids, senior spraak- en taalterapeut en oudioloog 08.06.2024

08.06.2024 - Hanlie Degenaar, bestuurder van Care2Kids, senior spraak- en taalterapeut en oudioloog gesels op 8 Junie op Kopskuif, Kaapse Kansel 729AM. Care2Kids is ’n afdeling van die Centre for Health and Human Performance (CHHP) van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.

KOPSKUIF - Dr. Tom Smith, nuutste boek, “Vind God in die gewone”. 01.06.2024

01.06.2024 - Tom gesels oor hoe ons daagliks meer bewus kan wees van God in ons lewe: in ons gaan slaap, wakker word, soeke, reis, werk, speel, eet, seerkry, rus en in die dood. Hy help ons om te sien dat ons verhouding met God nie daaroor gaan om meer goed in ‘n alreeds bedrywige lewe in te prop nie; dit gaan daaroor om God in alles te ontdek.

KOPSKUIF - Oudioloog en spraakterapeut 25.05.2024

25.05.2024 - Oudioloog en spraakterapeut

KOPSKUIF - Anzil Kulsen - skryf kinder en jeugboeke 18.05.2024

18.05.2024 - Anzil Kulsen - skryf kinder- en jeugboeke en het al twee volwasseneromans en verskeie tydskrifverhale die lig laat sien. Haar eerste volwasseneroman, Skarlakenkinders met Nadine Blom as medeskrywer, het in 2019 verskyn en haar tweede, Reënboogmelodie, verskyn in Julie 2020. Sy is tans ’n projekorganiseerder by die ATKV, en dien op die direksie van die ATR, Afrikaanse Onderwysnetwerk e...

KOPSKUIF - Heidi Malan - stigter en direkteur van Parent & Educational Training (Pty) Ltd 11.05.2024

11.05.2024 - Heidi Malan is die stigter en direkteur van Parent & Educational Training (Pty) Ltd. ‘n Maatskappy wat persoonlike en professionele ontwikkelings- en kommunikasieprogramme aanbied. Heidi het meer as 20 jaar ervaring in die aanbied van die Doeltreffende Ouerskapleiding-kursus – spesifiek op ouers van toepassing.

KOPSKUIF - Magon Mouton, Bestuurder_Jongvolwassenes-Ontwikkeling en Innovasie by ATKV 04.05.2024

04.05.2024 - Magon Mouton, Bestuurder_Jongvolwassenes-Ontwikkeling en Innovasie by ATKV

KOPSKUIF - Prof Ignatius Gous – Die Begrip - “Op’it ouers”. 27.04.2024

27.04.2024 - Prof Ignatius Gous – Die Begrip - “Op’it ouers”.

KOPSKUIF - Prof Ignatius Gous op Kopskuif. Hoe begelei ek my kinders of kleinkinders om volledig mens te wees? 20.04.2024

20.04.2024 - KOPSKUIF - Prof Ignatius Gous op Kopskuif. Hoe begelei ek my kinders of kleinkinders om volledig mens te wees?

KOPSKUIF - Hanneke Mackie, visioenêre stigter van Buzz Kidz Kinderontwikkelingsinisiatief 13.04.2024

13.04.2024 - Hanneke Mackie, visioenêre stigter van Buzz Kidz_ Kinderontwikkelingsinisiatief wat opvoedkunde met kuns integreer

KOPSKUIF - Pauli Nigrini, stigter van Petaloudas en The Butterfly Diaries 06.04.2024

06.04.2024 - KOPSKUIF - Pauli Nigrini, stigter van Petaloudas en The Butterfly Diaries. As besigheidseienaar, lewensafrigter, blogger en voormalige kleuterskoolonderwysers gesels Pauli onder meer oor geestesgesondheid en die waarde wat ’n lewensafrigter kan toevoeg.

KOPSKUIF - Fred Pheiffer - Woordeboekmaker pionierswerk 30.03.2024

30.03.2024 - Fred Pheiffer het as woordeboekmaker pionierswerk gedoen, hoe individue se ingeboude taalvermoë geaktiveer word.

KOPSKUIF - Christi-Ann Lombard gesels oor Dinosourusse kan nie lees nie se speelvak by die KKNK 23.03.2024

23.03.2024 - Christi-Ann Lombard gesels oor Dinosourusse kan nie lees nie se speelvak by die KKNK. Met kleurvolle karakters en lekker loslit-liedjies neem dié kinderteaterstuk jonk en oud op ’n verbeeldingsvlug.

KOPSKUIF - Manie Botha - Hoe sien ons die wêreld? 16.03.2024

16.03.2024 - Manie Botha, internasionale motiveringspreker, skrywer en pastorale berader, gesels oor die onderwerp "Hoe sien ons die wêreld?"

KOPSKUIF - Prof. Ignatius Gous, ’n kundige op die gebied van hoe die brein en denke werk 09.03.2024

09.03.2024 - Prof. Ignatius Gous, ’n kundige op die gebied van hoe die brein en denke werk, onder die loep geneem

KOPSKUIF - JJ van Niekerk, projekorganiseerder van die ATKV se toneelaanbod 02.03.2024

02.03.2024 - JJ van Niekerk, projekorganiseerder van die ATKV se toneelaanbod, gesels oor al die nuwe inisiatiewe wat vir 2024 beplan word. Verder vertel JJ ook oor die bekendstelling van ATKV-Sêr aan hoërskole.

KOPSKUIF - Melanie Marais, projekorganiseerder van die ATKV 24.02.2024

24.02.2024 - Melanie Marais, projekorganiseerder van die ATKV, gesels oor hoe ATKV-DigiProjekte opwindende en innoverende geleenthede skep vir individue om hul kreatiewe vaardighede op ’n skeppende manier uit te leef. Belê in jouself, belê in jou toekoms en wees die verskil.

KOPSKUIF - Reinette Lombard - Tippie-reeks 17.02.2024

17.02.2024 - Reinette Lombard, medeskrywer van die reeks, oor leesontwikkeling. Die Tippie-reeks, waarmee kinders speel-speel en op ’n prettige wyse kennis opdoen, is vanjaar al tien jaar op die rakke. Twee nuwe Tippie-reekse het pas geland.

KOPSKUIF - Chareldine van der Merwe - Vriende van Afrikaans 10.02.2024

10.02.2024 - Die Vriende van Afrikaans (VVA) is 30 jaar oud. Luister gerus op 10 Februarie, wanneer Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, op Kopskuif gesels oor die VVA se drie dekades van stories. Geluk aan die VVA met hierdie mylpaal – die verskil wat daagliks landwyd gemaak word in die lewens van kinders wat die wonderwêreld van lees ontdek, is enorm.

KOPSKUIF - Connie Otto - Onderwys is almal se verantwoordelikheid. 10.02.2024

10.02.2024 - Skakel op Saterdag 27 Januarie op Kopskuif in wanneer Connie Otto, opvoeder by die Laerskool Makwassie, gesels oor haar passie vir onderwys, die waarde van lees en haar droom vir die kinders van ons land.

Listen to the KOPSKUIF podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.