RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 24 Augustus 2020 24.08.2020

Tenita Kedilo gesels met Franco Smith, 'n siggestermde swemmer, oor sy liefde vir swem en die toernooie waaraan hy al deelgeneem het. Sy gesels ook met Ziyaad Jefta,'n kunstenaar, oor hoe sy verkeerde studiekeuse hom uiteindelik in die regte rigting gedruk het.

Kompas 20 Augustus 2020 20.08.2020

Maryna Tarentaal, 'n slagoffer van geweld, deel haar verhaal met Tenita Kidelo. Tenita gesels ook met jongmense om uit te vind hoe hulle voel oor geweld teen vroue en kinders, en wat hulle dink hieroor gedoen moet.

Kompas 19 Augustus 2020 19.08.2020

Tenita Kidelo praat met Donovan Mackier, 'n vakadviseur by die Kaapse Wynland Onderwysdistrik, oor Mental Maths en gee wenke vir ouers en leerders wat Wiskunde makliker kan maak.

Kompas 18 Augustus 2020 18.08.2020

Tenita Kidelo praat met Elmarie Petersen, 'n vakadviseur by die Metro-oos Onderwysdistrik in die Wes-Kaap, oor hoe onderwysers leerders by praktiese demonstrasielesse kan betrek tydens die COVID-19-tydperk.

Kompas 17 Augustus 2020 17.08.2020

Tenita Kidelo gesels met Brendon Robinson, beter bekend as DJ Ice Flake, oor sy loopbaan, en loer in by twee orkeslede van Empangeni High, Erin en Shani.

Kompas 13 Augustus 2020 13.08.2020

Tenita Kidelo praat met Schalk Cadel van Edulex oor die gratis afstandonderrig wat hulle aanbied vir Gr. 10, 11 en 12 leerders. Sy gesels ook met Siphue Phillips van Hoerskool Pearson in Port Elizabeth, wat onderwysers beïndruk het met sy werketiek.

Kompas 12 Augustus 2020 12.08.2020

Tenita Kidelo praat met Almaret du Toit oor die belangrikheid oor fonologiese bewustheid by kinders.

Kompas 11 Augustus 2020 11.08.2020

Tenita Kidelo praat met Zaida van der Berg, 'n bestuurder vir vroeë kindontwikkeling by die Wes-Kaapse Onderwysdepartment oor die impak van Covid-19 op kinders en hoe om dit aan hulle te verduidelik.

Kompas 10 Augustus 2020 10.08.2020

Candice Amon vertel van gratis aanlynkursusse wat beskikbaar is vir jongmense, en die 14-jarige Chrystan Wagenstroom gesels oor haar nuwe aanlynbesigheid wat sy tydens die grendeltydperk begin het.

Kompas 6 Augustus 2020 06.08.2020

Tenita Kidelo praat seksuele identiteit, seksuele oriëntasie en die LGBTQ-gemeenskap met Roche Kester van OUT. Hulle kyk ook na van die wanpersepsies wat daar oor die kwessie is. 'n Jong gay man deel ook sy verhaal.

Kompas 5 Augustus 2020 05.08.2020

Tenita Kidelo praat met Anita van Vuuren van die e-leer direktoraat by die Wes-Kaap Oonderwysdepartement oor beskikbare hulpbronne vir leerders tydens digitale onderrig en leer.

Kompas 4 Augustus 2020 04.08.2020

Jamie Arnoldus praat met Almaret Du Toit, Ebrahim Peck en dr. Glynis Schreuder, hoofonderwyskundiges verantwoordelik vir kurrikulumontwikkeling by die Wes-Kaapse onderwysdepartement, oor die aanpassings wat die hulle moes maak het om te verseker dat onderrig steeds voortgaan vir alle grade tydens die gendeltydperk.

Kompas 3 Augustus 2020 03.08.2020

Jamie Arnoldus gesels met Zilke Bal, 'n 21-jarige gholfspeler van Bellville in die Wes-Kaap, wat onlangs gekies is vir die S.A. Universiteitespan wat in Taiwan sou deelneem aan die Universiteite Spele. Dit is egter afgestel as gevolg van die Covid-19-pandemie. Jamie praat ook met William Sezoe, 'n eerstejaar onderwysstudent aan die Universiteit Stellenbosch. William het in 2019 twee toekennings on...

Kompas 30 Julie 2020 30.07.2020

Tenita Kidelo praat met Ricardo Russouw, 'n maatskaplike werker by The Homestead in Khayelitsha, oor die oorsake van depressie en angs. Hulle bespreek ook die mites wat daar bestaan oor hierdie geestessiekte. En Eval Jansen van Roberston deel haar storie van hoe sy uit die donker gat van depressie gekruip het.

Kompas 29 Julie 2020 29.07.2020

Marlene van Tonder, wiskunde-onderwyser by Hoërskool Gimnasium in die Paarl, doen hersiening van differensiaalrekening.

Kompas 28 Julie 2020 28.07.2020

Tenita Kidelo praat met Zaida van der Berg van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor vroeë kinderontwikkeling, die belangrikheid van kommunikasie, en die waarde van storievertelling vir jong kinders.

Kompas 27 Julie 2020 27.07.2020

Tenita Kidelo gesels met drie leerders van Hoërskool Volksrust in Mpumalanga oor hulle prestasies in Wiskunde, Besigheidstudies en Landbouwetenskappe. Sy gesels ook met Courtneigh Ess, 'n meesterstudent by die UWK, oor haar pad na sukses en die struikelblokke wat sy moes oorkom.

Kompas 23 Julie 2020 23.07.2020

Tenita Kidelo gesels met Hemelbesem oor sy liefde vir Afrikaans en rymklets. Die aspirantdigter, Sue-Relle Maasdorp van Agenys, klets saam oor haar liefde vir dig, en hoe sy fotografie gebruik om haar digkuns lewe te gee.

Kompas 22 Julie 2020 22.07.2020

Tenita Kidelo praat met Peggy Loxton, 'n Afrikaans Huistaal en Eerste addisionele taal vakadviseur in die Metropool-Suid Onderwysdistrik. Hulle bespreek Vraestel 1, met spesifeke klem op die afdeling, Die Opsomming.

Kompas 21 Julie 2020 21.07.2020

Danelle Pienaar, 'n Besigheidstudies-onderwyser by Hoërskool Overberg in Caledon, doen hersiening van versekering.

Kompas 20 Julie 2020 20.07.2020

Tenita Kidelo praat met Clint Aplon wat die rol van Romeo in 7de Laan vertolk, oor sy pad na sukses en sy liefde vir die vermaaklikheidsbedryf. Shanice Davids, 'n tutor by die Vlottenburg Organisasie in Wesband, vertel hoe hulle leerders help wat die skool vroeg verlaat.

Kompas 16 Julie 2020 16.07.2020

Tenita Kidelo gesels met Junette Syster, 'n plusgrootte model, oor die 'body positivity' beweging wat sowel vroue as mans bemagtig. Sy gesels ook met 'n paar jongmense om uit te vind wat dit vir hulle beteken om gemaklik in hulle eie vel te wees.

Kompas 15 Julie 2020 15.07.2020

Tenita Kidelo praat met James van der Vyver, 'n Tegnologie-vakadviseur van die Eden en Sentraal Karoo Onderwysdistrik, oor die geleenthede wat die vak vir leerders skep.

Kompas 14 Julie 2020 14.07.2020

Jamie Arnoldus praat met Anina Lundie, die Seniorkurrikulumbplanner vir Skeppende Kunste by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, oor die belangrikheid en uitvoering van die vak tydens die inperking.

Kompas 13 Julie 2020 13.07.2020

Jamie Arnoldus gesels met Charlissa Schultz, 'n Graad 12-leerder aan die Hoërskool Langenhoven in Oudtshoorn, wat in Februarie aan die Suid-Afrikaanse Omniumkampioenskappe deelgeneem het, en toe as die SA-kampioen gekroon is. Gerduan Kemp, 'n jong sanger en liedjieskrywer van Bloemfontein, kuier ook saam.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.