RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 6 Oktober 2020 06.10.2020

Tenita Kidelo gesels met Michelle Jansen,'n Lewensoriëntering-onderwyseres, oor wat matrikulante in die vraestel kan verwag.

Kompas 5 Oktober 2020 05.10.2020

Tenita Kidelo gesels met Evangeline Dreyer, wat haar hele skoolloopbaan lank 'n masker moes dra - die masker van voorgee, wat soveel druk op jongmense plaas. Evangeline deel haar suksesstorie, en gee raad vir ander jongmense.

Kompas 1 Oktober 2020 01.10.2020

Die internet is 'n wonderlike plek, maar kan ook soms 'n wrede plek wees. Tenita Kidelo praat met Eric Jacobs oor kuberboelies, en hoe ons kan help om die internet 'n veiliger plek te maak. 'n TikTokker, Feigh, deel haar ervarings met kuberboelies.

Kompas 30 September 2020 30.09.2020

Tenita Kidelo praat met Elzette Brown en Zainab Suliman oor hoe die Wes-Kaapse Onderwysdepartement graad 12 leerders ondersteun ter voorbereiding van die nasionale seniorsertifikaateksamen in November en Desember.

Kompas 29 September 2020 29.09.2020

Tenita Kidelo gesels met Wiskunde-onderwyser Salome Madden om die afdeling, Data en Statistiek, te hersien.

Kompas 28 September 2020 28.09.2020

Tenita Kidelo gesels met Shameega en Wageed oor hulle passie vir dans, en die hoe ver die stokperdjie hulle al geneem het. Sy gesels ook met Marlon oor sy liefde vir potspel.

Kompas 24 September 2020 24.09.2020

Diversiteit en erfenis is in die Kompas-kollig. Tenita Kidelo gesels met Lynthia Julius oor haar debuutbundel DIE KROES, en hoe dit identiteit en erfenis vasvang. Tenita gesels ook met 'n paar jongmense om uit te vind wat erfenis en diversiteit vir hulle beteken.

Kompas 23 September 2020 23.09.2020

Carin van Graan doen hersiening van die afdeling datahantering in Wiskundige Gelettertheid.

Kompas 22 September 2020 22.09.2020

Tenita Kidelo gesels met Gavin de Bruyn en Susan Hanekom oor die Kaapse Ondderig en Leierskap Instituut en die Wes-Kaap Onderwysdepartement se biblioteek, EDULIS.

Kompas 21 September 2020 21.09.2020

Omstandighede kan 'n mens maak of breek, maar met deursettingsvermoë en harde werk kan jy alles bereik. Tenita Kidelo gesels met Heinnie Sophat oor sy pad na sukses en die talle struikelblokke wat hy moes oorkom sedert geboorte.

Kompas 17 September 2020 17.09.2020

Om die wêreld plat te reis, is elke jongmens se droom. Talle doen dit deur middel van au pairwerk en skool gee in die buiteland. Tenita Kidelo gesels met Amelia Cyster wat as au pair gewerk het in Nederland, en vind uit hoekom hierdie so 'n gewilde opsie onder jongmense is. Sy gesels ook met Vonny oor skoolgee in China, en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan.

Kompas 16 September 2020 16.09.2020

Tenita Kidelo hoor hoe ouers hulle kinders tuis kan ondersteun om getalvaardighede te verbeter.

Kompas 15 September 2020 15.09.2020

Die einde kwartaal is in sig, en dit beteken die tyd kom al hoe nader na die groot keuse wat graad 9 leerders moet maak. Tenita Kidelo praat met Eurica Beukes oor die belangrikheid van vakkeuse, en hoe om die regte vakke te kies.

Kompas 14 September 2020 14.09.2020

Tenita Kidelo gesels met twee jonng redenaar oor hulle prestasies, en loer in by Jerome Coetzee van Bishop Lavis, wat besig is met sy Meestersgraad.

Kompas 10 September 2020 10.09.2020

Groepsdruk, en veral die druk van sosiale media, is 'n onderwerp wat baie onder die jeug bespreek word. Tenita Kidelo praat met lewensafrigter Earl Corneluis en Ivana Ceaser oor die druk wat sosiale media op jongmense plaas, en hoe hulle daarvan kan ontsnap.

Kompas 9 September 2020 09.09.2020

Tenita Kidelo praat met Deidre Marais, 'n onderwyser by Liebenberg Primêre Skool, en Andre Pekeur, 'n vakadviseur in die Overbergdistrik,oor die vakke, Skeppende Kuns en Sosiale Wetenskappe.

Kompas 8 September 2020 08.09.2020

Zaida van der Berg vertel vir Tenita Kidelo hoe om getalbegrip by jong kinders te ontwikkel.

Kompas 7 September 2020 07.09.2020

Dit was 'n ongewone jaar vir skolesport. Tenita Kidelo gesels met drie graad-12-leerders oor hulle sporthelde, en wat hulle die meeste van die sportjaar gemis het. Sy loer ook by Teswin Alexander in wat onlangs sy kontrak by die WP Rugby-akademie geteken het.

Kompas 3 September 2020 03.09.2020

Tenita Kidelo praat met jongmense oor Suid-Afrika se hoë werkloosheidkoers en die afleggings wat baie maatskappye nou gedwing is om te maak.

Kompas 2 September 2020 02.09.2020

Tenita Kidelo praat met Eric Jacobs, 'n kuber-ambasadeur van die Wes-Kaap Onderwysdepartement, oor kubberveiligheid vir leerders.

Kompas 1 September 2020 01.09.2020

Tenita Kidelo en Salome Madden doen Wiskunde-hersiening met die fokus op rye en reeks.

Kompas 31 Augustus 2020 31.08.2020

Tenita Kidelo gesels met Talitha Kruger, wat onlangs twee goue toekennings verwerf het in die Talent Africa Nationals se afdeling vir fotografie. Sy gesels ook met Jonadrie van Aardt, wat gekies is as die eerste Nuwegesig in die tydskrif, Sarie, se kompetisie.

Kompas 27 Augustus 2020 27.08.2020

Tenita Kidelo kyk na verhoudings en dating apps. Lisa van Rooyen, beter bekend as Lisa met die rooi hare, vertel waar haar liefde vir recap-videos oor Boer soek 'n vrou begin het.

Kompas 26 Augustus 2020 26.08.2020

Carin van Graan, 'n Wiskunde Gelettertheidonderwyser by die CBC St. Johns Skool in Parklands, doen hersiening van tariefstelsels.

Kompas 25 Augustus 2020 25.08.2020

Tenita Kidelo praat met dr. Heinie Brand, Christo Davids en Magdeleen Benn van die CTLI oor professionele opleiding van onderwysers, Kaapse onderrig en die Leierskapinstituut.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.