RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 18 November 2020 18.11.2020

Tenita Kidelo praat met Ziyaad Moerat, vakadviseur vir Fisiese Wetenskappe, oor die foute wat matrikulante in die eksamen maak, en hoe hulle dit kan verhoed.

Kompas 17 November 2020 17.11.2020

Tenita Kidelo hoor by Marius Diergaardt, adjunkhoof-onderwyskundige vir Fisiese Wetenskappe, wat matrikulante in die eksamen kan verwag.

Kompas 16 November 2020 16.11.2020

Tenita Kidelo gesles met Akhona Gayiya, ‘n plattelandse meisie wat haar drome al die pad Durban toe gevolg het.

Kompas 12 November 2020 12.11.2020

Tenita Kidelo gesels met Shawn Taljaard Viljoen oor somermodes vir mans, metromans en Movember.

Kompas 11 November 2020 11.11.2020

Tenita Kidelo praat met Carin van Graan, ‘n Wiskunde Gelettertheid-onderwyseres van die CBC St John Hoërskool in Parklands, oor die foute wat matrikulante in die eksamen maak.

Kompas 10 November 2020 10.11.2020

Tenita Kidelo praat met Carin van Graan, ‘n Wiskunde Gelettertheid-onderwyseres van die CBC St John Hoërskool in Parklands, oor wat matrikulante in die eksamen kan verwag.

Kompas 9 November 2020 09.11.2020

Tenita Kidelo gesels met Mercy Kannemeyer oor drama, toneelspeel en haar pad na sukses.

Kompas 5 November 2020 05.11.2020

Tenita Kidelo praat met Karen Appolus, ‘n gemeenskapswerker, oor huishoudings wat deur tieners bestuur word.

Kompas 4 November 2020 04.11.2020

Annatjie Viljoen, Wiskunde-vakhoof by Hoërskool Stellenberg,  bespreek Vraestel 2 en wat leerders in die vraestel kan verwag.

Kompas 3 November 2020 03.11.2020

Tenita Kidelo praat met Annatjie Viljoen oor wat matrieks in Wiskunde Vraestel 1 kan verwag.

Kompas 2 November 2020 02.11.2020

Tenita Kidelo gesels met Janine Tromp, wat onlangs die dorpie Suurbrak se jongste dokter geword het.

Kompas 29 Oktober 2020 29.10.2020

Tenita Kidelo gesels met Olivia Pharo oor inisiatiewe om bewusmaking van borskanker te skep. Sy hoor ook hoekom dit belangrik vir jongmense is om van jongs af selfondersoek te doen.

Kompas 28 Oktober 2020 28.10.2020

Tenita Kidelo praat met Lester Momberg, 'n senior kurrikulumbeplanner vir die vak Besigheidstudies, oor die algemene foute wat matrikulante in die eksamen maak.

Kompas 27 Oktober 2020 27.10.2020

Tenita Kidelo praat met Lester Momberg, 'n senior kurrikulumbeplanner vir Besigheidstudies, oor wat matrikulante in die eksamen kan verwag.

Kompas 25 Oktober 2020 26.10.2020

Vir baie skole is Oktober die tyd vir die verkiesing van nuwe hoofleiers en ‘n leerlingraad. Tenita Kidelo gesels met LC Steyn en Ansuné Marx, wat onlangs verkies is as die nuwe hoofleiers van Hoërskool Driehoek.

Kompas 22 Oktober 2020 22.10.2020

Vir talle matrikulante is die matriekafskeid die hoogtepunt van hulle finale skooljaar. Oktober is gewoonlik die maand van die matriekafskeid. Tenita Kidelo hoor by ‘n paar skole of hulle vanjaar matriekafskeid hou of nie, en hoor by leerders hoe hulle hieroor voel. Sy gesels ook met Zeldine Vos wat Suid Afrika aanstaande jaar as Miss Teen SA in Europa sal verteenwoordig.

Kompas 21 Oktober 2020 21.10.2020

Christopher Banda, die senior kurrikulumbeplanner vir Afrikaans (Graad 10 tot 12) by die Wes-Kaap Onderwysdepartement, doen hersiening van gedigte in die vak, Afrikaans Huistaal.

Kompas 20 Oktober 2020 20.10.2020

Tenita Kidelo en Ismail Teladia doen Lewensoriëntering-eksamenvoorbereiding vir alle grade.

Kompas 19 Oktober 2020 19.10.2020

Om ‘n verskil te maak, laat nie net ‘n warm gevoel in jou hart nie, dit dra ook by tot die ontwikkeling van jou menswees. Vir Griffen Pieterse, ‘n leerder van Hoërskool Hexvallei, lê die aarde en herwinning hom na aan die hart. Tenita Kidelo gesels met hom oor die skool se herwinningsprojek. Tenita gesels ook met Aretha Beerwinkel, ‘n uitblinker skaakspeler.

Kompas 15 Oktober 2020 15.10.2020

Tenita Kidelo gesels met Larnelle Lewies oor die jongste mode- en skoonheidstendense.

Kompas 14 Oktober 2020 14.10.2020

Tenita Kidelo praat met Patsy Marthinussen oor hoe ouers hulle kinders tuis kan ondersteun om getalvaardighede te verbeter. Sy fokus op Graad R, 1, 2 en 3 leerders.

Kompas 13 Oktober 2020 13.10.2020

Wiskunde-onderwyser Salome Madden doen hersiening van die afdeling, Data en Statistiek.

Kompas 12 Oktober 2020 12.10.2020

Die term,  kleindorpiesindroom, word dikwels deur jongmense van klein dorpe gebruik om die mentaliteit van sommige in hulle gemeenskap te beskryf. Dit gaan dikwels gepaard met negatiwiteit, en die min of geen ondersteuning of begrip vir 'n ander se droom. Carmilla Ramohlabi van Orchard vertel hoe in weerwil van hierdie negatiwiteit, steeds haar droom om 'n sielkundige te word, nagejaag het.

Kompas 8 Oktober 2020 08.10.2020

Met die eindeksamen om die draai aan die einde van 'n buitengewone skooljaar, is matrikulante se stresvlakke hoog. Tenita Kidelo gesels met Elzeth Conradie van Procare oor hoe om stres te beheer.

Kompas 7 Oktober 2020 07.10.2020

Tenita Kidelo praat met Christopher Banda oor Afrikaans Huistaal, en wat matrikulante in die verskeie vraestelle kan verwag.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.