RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 30 Desember 2020 30.12.2020

Tenita Kidelo gesels met Ferdi van Dyk van die Universiteit Stellenbosch  oor studentelewe en internskappe. Helen-Rose van Wyk deel haar eerstejaarservaring as onderwyser, en gee wenke vir pas afgestudeerde onderwysstudente.

Kompas 29 Desember 2020 29.12.2020

Die matriekeindeksamen is amptelik verby, en die gewag tot Februarie vir uitslae kan vir baie angswekkend wees. Tenita Kidelo praat met Ricardo Rossouw, 'n maatskaplike werker, oor tienerselfdood, depressie en angs.

Kompas 28 Desember 2020 28.12.2020

Ná ‘n lang en deurmekaar skooljaar, word leerders se prestasies steeds gevier. Tenita Kidelo praat met 'n groep toppresteerders van Hoërskool Montana in Worcester om te hoor hoe hulle kop bo water gehou het in 2020.

Kompas 25 Desember 2020 25.12.2020

Tenita Kidelo gesels met Shawna-Leze Meiring oor die belangrikheid van Kerstradisies. Die Empangeni-orkes sorg vir musiek, en die aspirant digter,  Sue-Relle Maasdorp, bring die Kersgees terug. En Angelique Montshiwa dra die boodskap van Kersfees oor.

Kompas 24 Desember 2020 24.12.2020

Tenita Kidelo gesles met Ivana Ceaser oor die onverwagse draai wat 2020 met haar gemaak het. Jan Hendrik kuier ook saam, en Zandri van Kathu deel haar opgewondenheid oor Kersfees.

Kompas 23 Desember 2020 23.12.2020

Die feeseisoen kan baie sleg wees vir jou beursie. Tenita Kidelo kyk na die belangrikheid van 'n begroting hierdie tyd van die jaar, en hoe om goeie finansiële besluite te neem.

Kompas 22 Desember 2020 22.12.2020

Tenita Kidelo praat met Zelda Hitchcock, ‘n lewensredder, oor seeveiligheid. Die paralimpiese swemmer, Franco Smith, het wenke oor swembadveiligheid.

Kompas 21 Desember 2020 21.12.2020

Tenita Kidelo gesels met die 19-jarige Godwin Taweni van Richie in die Noord-Kaap oor sy vele prestasies.

Kompas 17 Desember 2020 17.12.2020

Geronimo en Valentino De Klerk van Elsiesrivier vertel van die inisiatief wat hulle in hulle gemeenskap begin het om werkloosheid onder die jeug te verminder.

Kompas 16 Desember 2020 16.12.2020

Tenita Kidelo kyk na die belangrikheid van vaardigheidsopleiding. Romario Cloete vertel ook van die vaardighede wat hy as student aangeleer het.

Kompas 15 Desember 2020 15.12.2020

Tenita Kidelo met Kidelo kyk na padveiligheid en hoe veilig jongmense op die pad is.

Kompas 14 Desember 2020 14.12.2020

Tenita Kidelo gesels met Ehan W. Smith wat ‘n studiebeurs onvang het om by die New York Film Academy te gaan studeer. Sy maak ook ‘n draai by Leyhana Isaacs om te gesels oor haar prestasie as toppresteerder.

Kompas 10 Desember 2020 10.12.2020

Tenita Kidelo praat met Ronnellie Niewenhuis van Africa Skills oor vaardighede en loopbaankeuses vir skoolverlaters. Die grafiese ontwerper Isabel Botha kuier saam.

Kompas 9 Desember 2020 09.12.2020

Tenita Kidelo praat met Neville Goliath van die Wes-Kaap Onderwysdepartement oor hoe om veilig te bly gedurende die skoolvakansie.

Kompas 8 Desember 2020 08.12.2020

Tenita Kidelo praat met Neville Goliath van die Wes-Kaap Onderwysdepartment oor die impak van psigososiale ondersteuning in tye van krisis soos Covid-19.

Aandgedagte 8 Desember 2020 07.12.2020

Tenita Kidelo is by die Hoër Meisieskool La Rochelle om die prestasies van Ané, Lisa en Miela te vier.

Kompas 3 Desember 2020 03.12.2020

Kompas vier die Wêrelddag vir Persone met Gestremdhede. Tenita Kidelo kuier by Jan Kriel Skool op Kuilsrivier, en hoor watter ondersteuning die skool aan leerders met spesiale leergestremdhede bied. Sy gesels ook met van die leerders om uit te vind wat hulle die meeste geniet by Jan Kriel.

Kompas 2 Desember 2020 02.12.2020

Tenita Kidelo praat met Elmaree Eksteen, senior kurrikulumbeplanner vir Rekeningkunde, oor die foute wat matrikulante in die eksamen maak en hoe hulle dit kan verhoed.

Kompas 1 Desember 2020 01.12.2020

Tenita Kidelo praat met Elmaree Eksteen, 'n senior kurrikulumbeplanner vir Rekeningkunde, oor die formaat van die twee vraestelle wat matrikulante vanjaar skryf.

Kompas 30 November 2020 30.11.2020

Tenita Kidelo is op Genadendal waar sy met Alfrin Seconds oor tweede kanse gesels, en hoe omstandighede jou motiveer om beter te doen.

Kompas 26 November 2020 26.11.2020

Tenita Kidelo maak ‘n draai by Sentinel Primêr in Houtbaai om meer te hoor van 'n inisiatief wat leerders in die grendeltyd begin het. Sy gesels ook met ‘n paar jongmense om uit te vind wat hulle die meeste van kindwees mis.

Kompas 25 November 2020 25.11.2020

Tenita Kidelo hoor by Jean Goliath, senior kurrikulumbeplanner vir Lewenswettenskappe, watter foute matrikulante die meese in die eksamen maak.

Kompas 24 November 2020 24.11.2020

Tenita Kidelo vat die pad Kalbaskraal toe, en gesels met Griffon van Schalkwyk oor sy liefde vir modelwerk. Sy kuier ook by Hoërskool Ermelo waar sy met Miceala Erasmus gesels oor kuns.

Kompas 23 November 2020 23.11.2020

Tenita Kidelo vat die pad Kalbaskraal toe, en gesels met Griffon van Schalkwyk oor sy liefde vir modelwerk. Sy kuier ook by Hoërskool Ermelo waar sy met Miceala Erasmus gesels oor kuns.

Kompas 19 November 2020 19.11.2020

November is wêreldwyd bewusmakingsmaand vir gestremdhede. Tenita Kidelo gesels met Denro Boois en Ying-shan Tseng wat ondanks hulle gestremdhede, ‘n sukses van hulle lewe maak.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.