RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 9 Julie 2020 09.07.2020

Die inperking het talle universiteite genoop om aanlynklasse aan te bied. Dit het studente sowel positief as negatief geraak. Tenita Kidelo praat met Marni Bonthuys oor die impak wat aanlynstudies op die akademiese jaar het. Sy hoor ook by 'n finale jaar student om uit te vind hoe die inperking haar toekomsplanne beinvloed het.

Kompas 8 Julie 2020 08.07.2020

Tenita Kidelo gesels met Elzette Brown, wat deel is van die eLeer-direktoraat by die Wes-Kaap Onderwysdepartement, oor digitale hulpbronne vir tuisgebruik.

Kompas 7 Julie 2020 07.07.2020

Carlyn Oppelt, die Graad 12 Lewenswetenskappe Departementshoof van die New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl, doen hersiening van die menslike voortplantingstelsel. Sy fokus op die organe wat belangrik is vir voortplanting, en die belangrikheid van die menstruele siklus.

Kompas 6 Julie 2020 06.07.2020

Jamie Arnoldus gesels met Jooste Nel, 'n leerder aan die Hoërskool Montana in Pretoria, wat in 2021 vir die Franse rugbyklub, Agen, gaan speel. Karmen Wiid, 'n 19-jarige digter van Pretoria wat ook 'n Geesteswetenskappestudent is aan die Universteit Stellenbosch, vertel van haar eerste roman wat gepubliseer is toe sy 12 jaar oud was. Sy het in Junie vanjaar haar eerste digbundel gepubliseer.

Kompas 2 Julie 2020 02.07.2020

Die gebruik van sosiale media en die volg van influencers is gewilde onder jongmense. Jesme Swartz vertel wat 'n influencer is, en deel die moets en moenies van sosiale media.

Kompas 1 Julie 2020 01.07.2020

Tenita Kidelo gesels met Carin van Graan, 'n Wiskunde Geletterdheid-onderwyser van die CBC St. John' s Skool in Parklands. Hulle behandel die afdeling, Finansies, met die klem op die Werkloosheidverskeringsfonds, inkomstebelasting en salarisstrokies.

Kompas 30 Junie 2020 30.06.2020

Hoe berei ons leerders voor vir die nuwe normaal van Covid-19 in die klaskamer? Arehan Brand praat met Dinise Priga-Ritter van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, om te hoor watter raad en bystand beskikbaar is vir onderwysers en ouers om leerders op 'n psigo-sosiale en sielkundige vlak te ondersteun.

Kompas 29 Junie 2020 29.06.2020

Arehan Brand gesels met Elke van der Westhuizen en Brenda du Toit, twee topatlete van die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl, wat binnekort aan Atletiek SA se 2020 Baan- en Veldkampioenskappe sal deelneem. Zandri Louw van die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria, wat as wenner van die 2020 Miss Pageants Online RSA skoonheidskompetisie gekroon is, kuier ook saam.

Kompas 25 Junie 2020 25.06.2020

Geslagsgebaseerde geweld teen vroue en kinders is steeds 'n ernstige kwaal in Suid-Afrika. Noudat die kwessie weer hoofnuus is, gesels Arehan Brand met Wessel van den Berg van Sonke Gender Justice in die Kaap hieroor.

Kompas 24 Junie 2020 24.06.2020

Arehan Brand praat met Zaida van der Berg, 'n bestuurder vir vroeë kinderontwikkeling by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, oor hoe jong kinders vaardighede ontwikkel en kennis opdoen deur middel van speel en kommunikasie.

Kompas 23 Junie 2020 23.06.2020

Arehan Brand praat met Anita van Vuuren van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se e-leer-direktoraat oor hoe afstandsleer steeds kan plaasvind tydens die inperking, en van professionele ontwikkeling in digitale onderrig en leer vir onderwysers.

Kompas 22 Junie 2020 22.06.2020

Arehan Brand gesels met Cilliers Diedericks, 'n leerder aan die Hoërskool Waterkloof en Pretoria se Junior Burgemeester, oor leierskap. Dominique Matthee, 'n leerder aan die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria, wat onlangs gehelp het met die geboorte van 'n baba, vertel van hierdie voorval en al die ander dinge waarmee sy besig is in haar gemeenskap.

Kompas 18 Junie 2020 18.06.2020

Arehan Brand gesels met Mari Payne van Takalani Sesame oor hulle 20e bestaansjaar in Suid-Afrika en hulle wonderlike bron van onderwys vir jongmense. Tenita Kidelo gesels met jong mense oor hoe hulle van sosiale media gebruik maak tydens die inperking.

Kompas 17 Junie 2020 17.06.2020

Salome Nutt, die Wiskunde-onderwyser van die Hoërskool Monument Park in Kraaifontein, doen hersiening van analitiese- en sirkelmeetkunde.

Kompas 16 Junie 2020 16.06.2020

Mario Ackermann, die Afrikaan Huistaal vakadviseur van die Eden en Sentraal Karoo Onderwysdistrik in die Wes-Kaap, bespreek Sheila Cussons se gedig, Die Sagte Sprong.

Kompas 15 Junie 2020 15.06.2020

Arehan Brand gesels met Carmie Prinsloo van die Hoërskool Montana in Worcester, wat tans eerste op die Suid-Afrikaanse Atletiek Top 10 ranglys is vir die Vroue onder-20 in die 5000 m en 1500 m, en tweede in die 800 m. Die Protea karate-spanlid, Daetania de Laan van Oudtshoorn, vertel van al die kompetisies waaraan sy al deelgeneem het en die sukses wat sy behaal het, in weerwil van die uitdagings...

Kompas 11 Junie 2020 11.06.2020

Arehan Brand praat met Christine Bosman-Vosloo, 'n sielkundige van Stellenbosch, oor identiteit, die verskillende teorieë daaroorn, en die dinge wat identiteit bepaal. Tenita Kidelo, een van Kompas se veldverslaggewers, gesels ook met 'n jong Asiese seun wat in 'n Bruingemeenskap grootgeword het, en uitdagings wat hy in die gesig moes staar.

Kompas 10 Junie 2020 10.06.2020

Arehan Brand praat met Juanita van der Merwe, die adjunkhoof opvoedkundige spesialis vir die grondslagfase by die Wes-Kaapse Metro-Sentraal Onderwysdistrik, oor skoolgereedheid vir veral Graad-R-leerders.

Kompas 9 Junie 2020 09.06.2020

Arehan Brand praat met Antoinette Venter, 'n Ekonomie- en Bestuurswetenskappe-vakadviseur, oor finansiële geletterdheid, wat die fondasie vir Rekeningkunde is.

Kompas 8 Junie 2020 08.06.2020

Arehan Brand gesels met leerders van die Hoërskool Upington oor hulle passie vir taal en letterkunde. Die leerders se prosa sal in vanjaar se Poort-bundel gepubliseer word. En die jong akteur, Cantona James, gesels met Kompas oor sy loopbaan.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.