RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 29 Maart 2021 29.03.2021

Atletiekbyeenkomste het hierdie jaar weer plaasgevind by skole, en talle leerders het nuwe rekords opgestel. Tenita Kidelo kuier by drie skole en gesels met leerders oor hulle prestasies in atletiek.

Kompas 25 Maart 2021 25.03.2021

Tenita Kidelo praat met Gerswhin Windvogel en Ricole Faroa oor die belangrikheid van ‘n matrieksertifikaat, en wat matrikulante wat onsuksesvol in die eindeksamen was, nou kan doen.

Kompas 24 Maart 2021 24.03.2021

Tenita Kidelo praat met Marita van de Vyver oor die digbundel, EK SÊ, JY SÊ, ONS SÊ, uitgegee deur Lapa Uitgewers en geskryf deur ‘n groep hoërskoolleerders. Sy gesels ook met van die leerders wie se gedigte in die bundel opgeneem is.

Kompas 23 Maart 2021 23.03.2021

Tenita Kidelo praat met Hildegardt Reinsleigh, die departementshoof van tale by Hoërskool Stellenberg, oor Afrikaans Huistaal vraestel 1.

Kompas 22 Maart 2021 22.03.2021

Tenita Kidelo gesels met Peter Kriel oor die belangrikheid van ‘n strategie, of padkaart, vir jou hoërskoolloopbaan. Tenita praat ook met prof. Jannie Russouw oor ‘n nuwe kursus in filantropie.

Kompas 18 Maart 2021 18.03.2021

Annemarie Myburgh van All about HR praat oor uitdagings in die werkplek en hoe om dit te oorkom. Sy gee praktiese wenke wat jou kanse sal verbeter wanneer jy vir ‘n onderhoud moet gaan, en sy gee raad oor wat jy kan doen as jy ‘n loopbaan wil kies wat jou gelukkig maak.

Kompas 17 Maart 2021 17.03.2021

Ons gesels met ‘n tiener oor haar doelwit om haar privaat vliegtuiglisensie te kry. Die 17-jarige Ebeth Rossouw van Upington deel haar passie vir vlieg eVanaand n vertel hoe dit net iets in haar aangewakker het toe sy haar liefde vir vlieg ontdek het. Sy gesels oor wat haar inspireer, wat haar deur moeilike tye dra en die betekenis van vlieg in haar lewe. Haar ma deel ook wenke oor wat jy kan doen...

Kompas 16 Maart 2021 16.03.2021

Tenita Kidelo hoor by FasFacts van hulle skoolbesoeke. Elisna Kelly begin met ‘n reeks insetsels oor boelie.

Kompas 15 Maart 2021 15.03.2021

Die internet is 'n wonderlike plek, maar kan ook soms 'n wrede plek wees. Tenita Kidelo praat met Eric Jacobs oor kuberboelies, en hoe ons kan help om die internet 'n veiliger plek te maak. 'n TikTokker, Feigh, deel haar ervarings met kuberboelies.

Kompas 11 Maart 2021 11.03.2021

Tenita Kidelo praat met Whaden Johannes oor 'n inpirerende projek wat hy en ‘n groep jong mans aanpak om bewusmaking te skep van geweld teen vroue en kinders.

Kompas 10 Maart 2021 10.03.2021

Tenita Kidelo praat met maatskaplike werker Ricardo Rossouw oor hoe om matrikulante wat nie so goed gevaar het nie, te motiveer sodat hulle nie swig onder druk nie.

Kompas 9 Maart 2021 09.03.2021

Om die huis te verlaat ná matriek is nie altyd maklik nie. Hoe berei jong mense voor vir hierdie groot stap?

Kompas 7 Maart 2021 08.03.2021

Musiek het 'n groot impak op jongmense en hoe hulle die wêreld en liefde sien. Tenita Kidelo gesels met Aidam-John en Lil Willy, 'n sangduo wat hulle eie musiek skryf en vervaardig, oor hoekom dit vir hulle so belangrik is om oor die liefde te skryf en sing.

Kompas 4 Maart 2021 04.03.2021

Tenita Kidelo praat met Cecilia Hoffman, wat passievol is oor die aarde en die bewaring daarvan, oor watter bydrae jongmense kan maak om die aarde ‘n beter plek te maak.

Kompas 3 Maart 2021 03.03.2021

Tenita Kidelo praat verder met Megan Werner, ‘n Suid Afrikaanse tiener wat saam met 19 ander tieners ‘n vliegtuig gebou het wat vanaf die Kaap na Kaïro gevlieg het. Tenita kuier ook by ‘n paar voormalige matrikulante om te gesels oor hulle loopbaankeuses en waarna hulle die meeste uitsien op universiteit.

Kompas 2 Maart 2021 02.03.2021

Tenita Kidelo gesels met die Klas van 2020 oor hoe dit gevoel het toe hulle uiteindelik hulle uitslae ontvang. Wade Rosant vertel van sy ondervinding met die Covid-19-entstof.

Kompas 1 Maart 2021 01.03.2021

Tenita Kidelo gesels met Anna Greene, ‘n jong Suid-Afrikaanse aktrise wat naam maak in Los Angeles.

Kompas 25 Februarie 2021 25.02.2021

Tenita Kidelo gesels met die span van Klip in die bos oor hoe hulle help om 'n verskil te maak in hulle gemeenskap.

Kompas 24 Februarie 2021 24.02.2021

Tenita Kidelo praat met Daniella van Heerden wat onlangs haar eerste boek gepubliseer het, en boonop in die kop van ‘n tiener moes klim om dit te skryf.

Kompas 23 Februarie 2021 23.02.2021

Tenita Kidelo praat met Kathie Viljoen oor Lapa se Klasgids wat vir sowel onderwysers as leerders van hulp kan wees. Tenita kuier ook by Curro Kathu in die Noord-Kaap om uit te vind hoe die leerders se eerste week terug by die skool was.

Kompas 22 Februarie 2021 22.02.2021

Tenita Kidelo gesels met Vernat van der Westhuizen oor sy passie vir fotografie, en hoe hy sy hakkelprobleem oorkom het.

Kompas 18 Februarie 2021 18.02.2021

Dit is Epilepsie-bewusmakingsweek. Tenita Kidelo praat met Helen-Rose, wie se skielike diagnose met epilepsie haar wêreld op sy kop gedraai het. Elisna Kelly is terug met episode 5 van haar reeks oor boeliegedrag.

Kompas 17 Februarie 2021 17.02.2021

Die lae rentekoerse het die eiendomsmark se deur vir talle jongmense wat eiendom wil koop, wawyd oopgestoot.

Kompas 16 Februarie 2021 16.02.2021

Tenita Kidelo praat met Wynand van Vuuren oor versekering, en hoekom dit so belangrik is vir jong mense om die regte versekering te kies vir hulle bates.

Kompas 15 Februarie 2021 15.02.2021

Tenita Kidelo gesels met Earl Kruger, ‘n jong akteur, oor sy pad na sukses en hoe hy in sy ouers se gunsteling sepie ‘n rol vertolk het.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.