RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 22 Junie 2021 22.06.2021 25:43
Dr. Antoinette Venter gee wenke oor Ekonomiese Bestuurswetenskappe, en ons gesels ook entrepreneur Abegail Witbooi van Krulkop Society in Gqeberha.
Kompas 21 Junie 2021 21.06.2021 22:02
Ons gesels met twee graad 11 leerders, NT Moolman en Deliah Cromhout, in Mpumalanga wat ‘n interesante projek aangepak het by hulle skool. Indien jy in die landbou wil werk, moet jy jou ore spits. Ons praat met twee boere, Byron Booysen en Rodney Wolf.
Kompas 17 Junie 2021 17.06.2021 24:44
Elisna Kelly en dr. Janine Raubenheimer sluit by ons om te gesels oor die proses, of die lewe ná ‘n selfdoodpoging. Hulle verduidelik hoe iemand wat selfdood oorleef het en hulle vriende en familielede genesing moet bewerkstellig. Patricia Franke deel ook haar storie en ervaring ná ’n selfdoodpoging.
Kompas 16 Junie 2021 16.06.2021 25:11
Ons gesels met verskeie jongmense oor die projekte wat in hulle gemeenskape begin het. Mynhardt Kruger gesels uit Plettenbergbaai; Jolian Hahn van Vredendal Sekondêr deel sy hoop en drome vir Suid Afrika; dr. Marlene Le Roux van ArtsCape vertel van hoop vir die jeug. Alex Cupido, stigter van die niewinsgewende organisasie Bruinchild-Media, vertel hoe hulle in jongmense belê en hoe die kunstenaars...
Kompas 15 Junie 2021 15.06.2021 20:16
Albertha van der Merwe, senior kurrikulumbeplanner vir Afrikaans Huistaal Grondslagfase by die Wes-Kaap Onderwysdepartement, gee wenke vir leerders en ouers. Cindy Strauss van Graafwater deel ‘n selfgeskrewe gedig ter viering van Jeugdag, en Shiloh en Sinead Crow, 'n Graad 1-tweeling, deel die EK-gedig.
Kompas 14 Junie 2021 14.06.2021 29:05
Jan-Hendrick Opperman, ’n onderwyser by Paul Roos Gimnasium, vertel van die Filmit-projek waaraan die leerders van Suid-Afrika en Namibië kan deelneem. En ons gesels met die akteurs Dean John Smith van Suidooster en Sean van Noordwyk van Getroud met Rugby.
Kompas 10 Junie 2021 10.06.2021 25:17
‘n Maatskaplike werker, 'n berader en ‘n gemeenskapswerker kyk na die uitdagings wat jongmense ervaar.
Kompas 9 Junie 2021 09.06.2021 26:25
Lara Lucas vertel hoe sy haar eie besigheid tydens die pandemie begin het. Charlen Raymond, ‘n joernalis by Wheels24, praat oor wat sy werk behels. ‘n Jong Afrikaans-dosent, Earl Basson wat voltyds werk en studeer, gesels oor sy werk en die vereistes om ‘n dosent te word.
Kompas 8 Junie 2021 08.06.2021 24:45
Dillon Seals, 'n Wiskunde-onderwyser van die Hoërskool Apex in Eersterivier, verduidelik gelyktydige vergelykings. ‘n Graad 12-leerder van die Noord Kaap, Louis-Alberth Ukena, beter bekend as Chino, deel sy hoop en drome vir Suid-Afrika ter viering van Jeugmaand. Dit is Wêreld Oseanedag, en ons hoor hoe die gemeenskap en bekende atlete by ‘n spesiale inisiatief help om die oseane te beskerm.
Kompas 7 Junie 2021 07.06.2021 24:45
Hanover Primêr in die klein dorpie De Aar, het deelgeneem aan die Wêreld Wiskunded. Chadwin Erasmus, wiskunde-afrigter, en die leerders van die Noord-Kaap deel hulle ervaring. Huisgenoot het die 100-matriekvrae program bekendgestel. Charlea Sieberhagen-Grey, redakteur van spesiale projekte by Huisgenoot, vertel hoe Graad 12-leerders daarby sal baatvind.
Kompas 3 Junie 2021 03.06.2021 24:01
Ter viering van Jeugmaand gaan ons met verskeie jongmense gesels oor hulle hoop en drome vir Suid-Afrika.
Kompas 2 Junie 2021 02.06.2021 27:33
Ons gesels met Dominique Adonis ’n entrepreneur wat jongmense oplei en ondersteun om ook entrepreneurs te word. Rochey Walters, die bestuurshoof van Khoi Kulcha, deel sy ervaring as sakeman. Arno Daiber, ’n vryskutwerker, verduidelik hoe jy jou kwalifikasie kan uitbrei om nuwe geleenthede te skep.
Kompas 1 Junie 2021 01.06.2021 24:03
Lizette Booys, beter bekend as Wiskunde Juffie, doen hersiening van getalpatrone.
Kompas 31 Mei 2021 31.05.2021 23:09
Ons gesels met ’n graag 10 leerder aan die Hoërskool Wittedrift op Plettenbergbaai, Jose Duarte, oor sy prestasie in die Wêreldkennis Olimpiade by die skool. Ons hoor ook by dr. Bronwen Moses wat haar internskap in Gqeberha doen, oor wat mediese studente kan verwag.
Kompas 27 Mei 2021 27.05.2021 20:18
Elisna Kelly, 'n opvoedkundige sielkundige, praat oor die statistiek van selfdood in Suid-Afrika, veral onder jongmense. Sy verduidelik die verskillende faktore wat bydra tot depressie by leerders, watter tekens daar is wanneer iemand hulp nodig het, en hoe jy kan help.
Kompas 26 Mei 2021 26.05.2021 24:11
Wil jy graag ‘n geoktrooieerde rekenmeester word? Verskeie jongmense vertel wat hulle dink ‘n geoktrooieerde rekenmeester is. Christiaan Vorster, die bestuurshoof van die Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters, verduidelik die proses om hierdie loopbaanrigting aan te pak, en vertel van moontlike beursgeleenthede. Dillon Lewis, ‘n 26-jarige rekenmeester en student, praat oor sy ervaring en wat...
Kompas 25 Mei 2021 25.05.2021 20:40
Lizette Booys, beter bekend as Wiskunde Juffie, gee vir graad 7 tot 9 leerders wiskundewenke. Sy verduidelik die wette van eksponente, en gee kreatiewe maniere hoe om die reëls te onthou.
Kompas 24 Mei 2021 24.05.2021 16:37
Het jy geweet dat jy al op skool as burgemeester in jou gemeenskap kan dien? Ons gesels met die Junior Burgemeester van Worcester, Tamia Adonis, ’n graad 11 leerder aan die Hoërskool Breërivier, oor haar rol in die gemeenskap. Durane Plaatjies vertel van die kuns- en kultuurwerkswinkel wat jongmense se vaardighede in die kunste ontwikkel. Die Botha susters van Mpumalanga, Inge en Lineke, leerders...
Kompas 20 Mei 2021 20.05.2021 26:19
Die internet is ‘n wonderlike bron van inligting, waar jy die interessantste feite en mense kan ontdek. Dit bied oneindige moontlikhede aan besighede en entrepreneurs, en jy klante dwars oor die wêreld hê. Maar die internet kan ook ‘n baie donker en gevaarlike plek wees as jy oningelig of onkundig is oor hoe dit werk. Cynthia Burger van Kinderwelsyn in Bloemfontein praat oor die gevare en risiko’s...
Kompas 19 Mei 2021 19.05.2021 25:44
Carla Oberholzer van Debtsafe praat oor die vreugde en frustrasies van haar werk as 'n skuldberader. Lizette Volkwyn, 'n lewensafrigter, gesels oor watter verskil die regte beroepskeuse sal maak, en hoe vervullend jou lewe kan word as jy besef wat vir jou belangrik is en jy daarop begin fokus.
Kompas 18 Mei 2021 18.05.2021 24:46
Sukkel jy met Afrikaans? Voel jy ‘n knop op jou maag, en begin die sweetdruppeltjies op jou voorkop pêrel wanneer jy Afrikaans moet lees in die klas? Moenie wanhopig wees nie, daar is baie hoop vir jou. Riëtte Hugo, 'n oudonderwyseres, praat oor die boek, Afrikaans+ chop-chop, wat jou sal help om van jou taalprobleme ontslae te raak. As jy gedink het jy sal nooit Afrikaans verstaan nie, verseker s...
Kompas 17 Mei 2021 17.05.2021 23:43
Wonder jy of daar enige geheime is om akademies bogemiddeld te presteer? ‘n Uitblinker deel wenke wat haar gehelp het om matriek met sewe onderskeidings te slaag. Lizette Volkwyn, 'n lewensafrigter, gee haar definisie van ‘n uitblinker, en motiveer jongmense om te fokus op dit wat hulle na die beste van hulle vermoë kan doen, en nie om net akademiese prestasie as ‘n maaatstaf vir sukses te gebruik...
Kompas 13 Mei 2021 13.05.2021 23:29
Tenita Kidelo praat met Elmaree Eksteen, senior kurrikulumbeplanner vir Rekeningkunde, oor die foute wat matrikulante in die eksamen maak en hoe hulle dit kan verhoed.
Kompas 12 Mei 2021 12.05.2021 20:11
Tenita Kidelo praat met Elmaree Eksteen, 'n senior kurrikulumbeplanner vir Rekeningkunde, oor die formaat van die twee vraestelle wat matrikulante vanjaar skryf.
Kompas 11 Mei 2021 11.05.2021 23:31
Tenita Kidelo vat die pad Kalbaskraal toe, en gesels met Griffon van Schalkwyk oor sy liefde vir modelwerk. Sy kuier ook by Hoërskool Ermelo waar sy met Miceala Erasmus gesels oor kuns.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.