RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 4 Augustus 2021 04.08.2021 27:54
Het jy al gewonder hoe dit sou wees om oorsee te werk, of selfs daar te bly? Ons kyk na Au Pair-werk. Dit is iemand wat by ‘n buitelandse familie gaan bly en hulle kind of kinders versorg. Chandrey Howburg en Alica Brown deel hulle Au Pair-ervaring, en die vereistes vir hierdie loopbaankeuse.
Kompas 3 Augustus 2021 03.08.2021 24:12
Ons hoor hoe jongmense die geleentheid kry om hulleself in hulle moedertaal uit te druk en uit te leef. Esra Plaatjies, die bestuurshoof van die jeuginisiatief, Afrikaans Leef, gesels oor die geleenthede wat hulle vir jongmense skep om hulle moedertaal te bevorder.
Kompas 2 Augustus 2021 02.08.2021 18:20
Ons gesels met die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die kiesersregistrasieperoses. Die plaaslike verkiesings is uitgestel tot 2022.
Kompas 29 Julie 2021 29.07.2021 30:50
Carinne Adams, ‘n dieetkundige, vertel van die uitdagings wat kinders ervaar wanneer hulle nie genoeg eet nie, en hoe belangrik dit is om reg te eet. Jean Steyl, ‘n fiksheidskenner, praat oor die belangrikheid van oefening, en gee wenke oor hoe jy by die huis kan begin.
Kompas 28 Julie 2021 28.07.2021 22:20
Ons kyk na 'n loopbaan in inligtingstegnolgie, en hoe om aan te pas in die tegnologiese era waarin ons lewe. Alida van der Walt vertel ons van ‘n rekenaarskursus, wat veral vir vroue voordelig kan wees. En ons hoor by ‘n paar jongmense watter loopbaanrigting hulle wil volg, en hoe hulle beoog om dit te bereik.
Kompas 27 Julie 2021 27.07.2021 21:50
Jean Goliath, senior kurrikulumbeplanner vir Lewenswetenskappe by die Wes Kaapse Onderwysdepartement, gee wenke vir Graad 12's ter voorbereiding vir die eindeksamen.
Kompas 26 Julie 2021 26.07.2021 22:58
Ons praat met die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die plaaslike regeringsverkiesings.
Kompas 22 Julie 2021 22.07.2021 24:14
Watter rol speel die kerk in die jeug se lewe? Ds. Hendry Tromp van Gqeberha kuier by Kompas. Mario Lewis van die Helenvale Sentrum van Hoop vertel wat hulle in die gemeenskap doen om jongmense te ondersteun en te help.
Kompas 21 Julie 2021 21.07.2021 23:10
Denielle Blignaut van Gqeberha vertel van 'n loopbaan in menslike hulpbronne. Karina Watermeyer van die Wes-Kaap gee wenke oor hoe om ‘n CV op te stel, en hoe om voor te brei vir ‘n onderhoud.
Kompas 20 Julie 2021 20.07.2021 23:28
Alexa van Wyk, 'n Wiskundige Geletterdheid-vakadviseur by die Overberg-onderwysdistrik en seniormerker van die NSS eksamens, gee wenke vir die eksamen. Dillon Seals, ‘n Wiskunde-onderwyser, verduidelik hoe datahantering werk.
Kompas 19 Julie 2021 19.07.2021 17:16
Dit is Goedvoel-Maandag op Kompas. Ons hoor wat die drome van verskeie jongmense is en hoe hulle beplan om dit te bereik.
Kompas 15 Junie 2021 15.07.2021 20:51
Ons kyk na die belangrikheid van berading in skole. Debbie-Ann Dreyer, die stigter van die PYM16-organisasie, gesels oor die jeugwerkers wat hulle by skole plaas, en Quinton Adams,’n opvoedkundige sielkundige, gesels oor die rol van ’n berader en hoe die gemeenskap leerders kan ondersteun.
Kompas 14 Julie 2021 14.07.2021 28:22
Trevino Isaacs en Melvin Williams vertel van Mitchels Plain en Kraaifontein se musiekakademies. Nelia Groenewald, stigter van For the Love of Music, deel met ons hoe hulle musiek anders benader.
Kompas 13 Julie 2021 13.07.2021 20:11
Razzia Ebrahim, adjunk-hoofonderwysspesialis vir Wiskunde by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, is al langer as 30 jaar betrokke in die onderwys. Sy gee wenke vir Graad-12's.
Kompas 12 Julie 2021 12.07.2021 25:11
Athina Jansen gesels met die Dramaweb-kompetisiewenners. Die top 20 skole wat deel is van die Filmit-kompetisie word aangekondig. Maria Strauss, ‘n dramastudent van Graafwater, het haar diploma aanlyn ontvang, en deel haar storie met ons.
Kompas 8 Julie 2021 08.07.2021 27:41
Ons praat oor wat leerders verhinder om te studeer of voor te berei vir eksamens. ‘n Paar leerders van Wittedrift Hoërskool vertel wat hulle aandag aftrek, en Quinton Adams, ’n opvoedkundige sielkundige, gee raad oor hoe hulle dit kan oorkom.
Kompas 7 Julie 2021 07.07.2021 18:47
Ons gesels met klankingenieurswese student, Stephen Kruger, en klankingenieur Sean Bezuidenhout oor wat jy kan verwag indien jy hierdie beroep wil volg.
Kompas 6 Julie 2021 06.07.2021 25:41
Chris Banda, senior kurrikulumbeplanner vir Afrikaans graad 10 tot 12 in die Wes-Kaap, gee wenke oor Afrikaans Huistaal.
Kompas 5 Julie 2021 05.07.2021 27:28
Aktrise Ira Blanckenberg vertel van die Dramaweb-kompetisie wat aanlyn plaasvind. Marilize du Plessis, ‘n Suid Afrikaner wat in Amerika drama studeer, praat oor haar ervaring daar.
Kompas 1 Julie 2021 01.07.2021 27:58
Dr. Henk Gous, ’n predikant van Pretoria, verduidelik die tekens waarvoor jy op die uitkyk moet wees om iemand te help wat aan depressie ly. Elisna Kelly, 'n opvoedkundige spesialis, gesels met Zander Cromhout, ‘n forensiese kriminioloog, en met Natalie Hayes, ’n slagoffer van misdaad.
Kompas 30 Junie 2021 30.06.2021 23:20
Suzanne Potgieter, ‘n grimering- en haarstilis, gee raad oor hoe jy jou eie besigheid kan begin. Leandré Brand, ‘n fotograaf, verduidelik hoe jy fotografie kan studeer, en wat om te verwag.
Kompas 29 Junie 2021 29.06.2021 28:41
Ismail Teladia, die senior kurrikulumbeplanner van Lewensoriëntering en Lewensvaardighede by die Wes-Kaap Onderwysdepartment, bespreek die belangrikheid van vakkeuses in graad 9. Hoërskoolleerders vertel ook wat hulle dink van die vak, LO.
Kompas 28 Junie 2021 28.06.2021 22:22
Ons gesels met die junior-onderburgemeester van Pretoria, Megan Kruger, ‘n graad 11 leerder by Afrikaanse Meisies Hoërskool. Ons kry ook raad en wenke by Pieter Wasserfall oor hoe om geld beter te bestuur deur gebruik te maak van die JustMoney-platform.
Kompas 24 Junie 2021 24.06.2021 23:35
Ons gesels met Elisna Kelly, 'n opvoedkundige sielkundige, en dr. Janine Raubenheimer bespreek die tekens van depressie onder jongmense, en hoe ons hulle kan bystaan. Dr Henk Gous, ’n dominee in Pretoria, verduidelik hoekom ons die term, selfdood, eerder as selfmoord moet gebruik.
Kompas 23 Junie 2021 23.06.2021 25:19
Skrywer Jaco Jacobs deel wenke oor hoe om te skryf. Elias P. Nel, ’n bekroonde skrywer en storieverteller, bied ‘n kreatiewe skrywerswerkswinkel aan waaraan jy kan deelneem. André Noordeman se aanlyn dramaskool word binnekort bekendgestel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.