RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 16 September 2021 16.09.2021 28:02
Athina Jansen praat met Ferdie Niemand, die bestuurshoof van Curro, oor die verskillende keusevakke waaruit leerders kan kies. Eleen Polsen, ‘n voorligtingsielkundige, vertel van die SISTARS-plaform wat geskep is vir tieners om mekaar te ondersteun.
Kompas 15 September 2021 15.09.2021 25:00
Athina Jansen gesels met Ashley Dudley, ‘n wiskundetutor, oor wat ‘n tutor doen.
Kompas 14 September 2021 14.09.2021 21:08
Ons gesels met die OVK-verteenwoordigers, Chante Adams en Lenishia Davids, oor die plaaslike regeringsverkiesing se registrasieproses en -naweek van Saterdag en Sondag 18 en 19 September. Hoekom is dit belangrik om vanjaar te stem en jou demokratiese reg uit te oefen?
Kompas 13 September 2021 13.09.2021 23:17
Athina Jansen gesels met uitblinker Henze du Preez, ‘n graad 7 leerder by Welkom Volkskool in die Vrystaat, oor sy prestasies by twee danskompetisies. Chantald de Wee, ‘n dansonderwyseres, het raad vir dansers.
Kompas 9 September 2021 09.09.2021 24:05
Athina Jansen gesels met Theresa van Baalen, ‘n skrywer, oor die op-die-plaas-emosie-reeks wat kinders sal help om hulle emosies beter te verstaan. Anelia Oosthuizen vertel van die aanlynplatform, Obuntu, wat mense met hulle geestesgesondheid ondersteun.
Kompas 8 September 2021 08.09.2021 18:46
Athina Jansen gesels met ‘n 20 jarige dieselwerktuigkunde student, Kayla Hildebrandt, oor haar passie vir motors; en met Sidwil Josias, ‘n werktuigkundige, oor sy besigheid en hoe hy jongmense oplei en help.
Kompas 7 September 2021 07.09.2021 22:06
Athina Jansen praat met, Tyrone Cloete, die bemarkingsbestuurder van Netbooks Video Learning oor hoe leerders ektra lesse kan kry teen ‘n bekostigbare prys. Chadwin Erasmus, ‘n onderwysstudent van die Noord-Kaap, gee sy mening oor ekstra wiskundeklasse.
Kompas 6 September 2021 06.09.2021 17:31
Athina Jansen gesels met Living Through Learning, 'n nie-winsgewende organisasie, oor Wêreld Geletterdheidsdag wat op 8 September plaasvind. Dr. Stephan van der Westhuizen is hierdie week se uitblinker. Hy het sy doktorsgraad in Bewegingsonderwys verwerf.
Kompas 2 September 2021 02.09.2021 21:15
Athina Jansen praat met dr. Jacques Mostert, die akademiese bestuurder by Abbotts College, oor die leerbehoeftes van kinders wat die afgelope tyd verander het, en hoe ons leerders kan help en ondersteun deur die ander opsies wat daar beskikbaar is soos Evolve-Aanlyn.
Kompas 1 September 2021 01.09.2021 21:03
Athina Jansen praat met die bestuurshoof van Eduvelopment, Steven van Zyl, oor die pad wat hulle met leerders stap om te bepaal watter loopbaanrigting vir hulle geskik sal wees.
Kompas 31 Augustus 2021 31.08.2021 18:32
Lizette Booys, beter bekend as die Wiskunde Juffie, gee wenke aan graad 4, 5 en 6 leerders. Sy verduidelik lengte en herleiding.
Kompas 30 Augustus 2021 30.08.2021 18:17
Athina Jansen gesels met Hendrik Matthews en jongmense van die Noord-Kaap oor die Onafhanklike Verkiesingskommissie en wat hulle dorpies benodig. Die junioronderburgemeester van Mosselbaai, Ethan-John Carstens, is Kompas se uitblinker.
Kompas 26 Augustus 2021 26.08.2021 22:02
Athina Jansen praat met Eleen Polsen, ‘n voorligtingsielkundige, oor hoe om trauma deur beweging te verwerk. Sy verduidelik die Tention Release Exercise en hoe kinders by die huis kan oefen om stres te verminder.
Kompas 25 Augustus 2021 25.08.2021 23:53
Athina Jansen praat met twee onderwysers oor 'n loopbaankeuse in die onderwys. Dalize Ludick van die Oasis Spesiale Skool en Matthew Nortje van die Steinthal Vaardigheidskool vertel watter eienskappe jy moet hê om by ‘n skool te werk wat nie deel van die hoofstroom is nie.
Kompas 24 Augustus 2021 24.08.2021 24:00
Ter viering van Vrouemaand praat ons met meisies wat landbouwetenskap, landboutegnologie en landboubestuurspraktyke by die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas neem. Juffrou Jacolene Crawford deel studiewenke ter voorbereiding vir die eksamen.
Kompas 23 Augustus 2021 23.08.2021 18:50
Ter viering van Vrouemaand gesels ons met dr. Nicolene Steyn, die jongste gegradueerde wat haar PHD in Regte by die Universiteit van Noordwes ontvang het. Sy deel haar ervaring en hoe sy bo haar omstandighede uitgestyg het.
Kompas 19 Augustus 2021 19.08.2021 19:35
Athina Jansen praat met ‘n kinderkinetikus en ‘n biokinetikus oor die belangrikheid van oefening, en watter oefeninge by die huis gedoen kan word.
Kompas 18 Augustus 2021 18.08.2021 22:31
Julian Manuel, wat onlangs sy liedjie Stormloop vrygestel het, vertel musiek as 'n loopbaan, en wat jy in die musiekbedryf kan verwag.
Kompas 17 Augustus 2021 17.08.2021 25:55
Dillion Seals, ‘n wiskunde onderwyser, gee wenke oor finansiële wiskunde aan die graad 12’s. Peter Kriel het raad oor hoe om in die nuwe werkera aan te pas, en wat ‘n werkgewer van jou CV verwag.
Kompas 16 Augustus 2021 16.08.2021 16:07
Ons gesels met die OVK verteenwoordigers, Lynn Jason en Chante Adams oor die plaaslike regeringsverkiesing. Kan dit 'n vry en regverdige verkiesing wees tydens ‘n gesondheidkrisis?
Kompas 12 Augustus 2021 12.08.2021 24:14
Athina Jansen praat met dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, oor wat kinders belemmer om te leer. Sy deel wenke met ouers en webwerwe waar luisteraars meer inligting kan kry.
Kompas 11 Augustus 2021 11.08.2021 26:25
Athina Jansen praat met ‘n onderwyser wat RSG se vervolgverhale in die klaskamer gebruik. Shalom Harris verduidelik hoe haar graad 11 leerders Afrikaanse radio geniet. Die uitvoerende hoof van SA Innovation Summit, Audrey Verhaeghe, vertel van hulle program vir jongmense wat in September plaasvind.
Kompas 10 Augustus 2021 10.08.2021 24:10
Dillion Seals, ‘n wiskunde onderwyser, gee finansiële wiskunde wenke vir Graad 12 leerders ter voorbereiding van die eindeksamen.
Kompas 9 Augustus 2021 09.08.2021 20:59
Chris Balie en Chante Adams van die Obafhanklike Verkiesingskommissie praat oor kieserregistrasieproses.
Kompas 5 Augustus 2021 05.08.2021 27:46
Ons kyk na die impak wat afwesige pa’s op seuns het. Die stigter van The Character Company, Jaco van Schalkwyk, vertel van die organisasie en hoe jy betrokke kan raak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.