RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 25 Oktober 2021 25.10.2021 16:07
Hoekom is 1 November 2021 is ‘n nasionale vakansiedag? Want die plaaslike regeringsverkiesing vind dan plaas, en jy kry die kans om jou kruisie te gaan trek. Athina Jansen praat met Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor wat setels is en die struktuur van munisipaliteite ná die verkiesing. Sy hoor ook by jongmense wat hulle van verkiesing dink.
Kompas 22 Oktober 2021 22.10.2021 18:59
Oktober is geestesgesondheid bewusmakingsmaand. Die doel hiervan is nie net om mense oor geestesgesondheid op te voed nie, maar ook om die stigma en diskriminasie daarvan verminder. Ons gesels met 'n derdejaar kunsstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland oor haar geestesgesondheid, en met 'n sielkundige wat praktiese wenke gee.
Kompas 21 Oktober 2021 21.10.2021 18:49
Athina Jansen praat met Elisna Kelly, 'n opvoedkundige spesialis, oor hoe leerders moet voorberei vir die eindeksamen, en hoe hulle vraestelle kan interpreteer en beantwoord.
Kompas 20 Oktober 2021 20.10.2021 26:23
Athina Jansen praat met die bekroonde skrywer en digter, Elias P. Nel, oor die skrywerswerkswinkel wat hy op Worcester aangebied het. Van die deelnemers gesels oor hulle ervaring en deel van hulle gedigte.
Kompas 19 Oktober 2021 19.10.2021 17:32
Met matriekleerders wat binnekort hulle finale praktiese eksamen in inligtingstegnologie moet skryf, gesels Francois van der Merwe met Juffrou Louise Bezuidenhout oor hierdie vak. Sy gee insig in die wêreld van programmering.
Kompas 18 Oktober 2021 18.10.2021 17:02
Athina Jansen praat met Lenishia Davids en Chante Adams van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die tel van stemme en die uitslae van die plaaslike regeringsverkiesing wat op 1 Novermber plaasvind.
Kompas 15 Oktober 2021 15.10.2021 20:32
Chrislynn Sias gesels met twee kunstenaars, wie se liefde vir die kunste tasbaar is. Een is ‘n rymkletser en aspirantakteur en die ander een woeker reeds op die kassie – een georganiseerd en gedisiplineerd en die ander glo dat jy die olifant stukkie vir stukkie moet opeet. Albei het egter een doel voor oë: Om stories te vertel wat mense se lewe verryk.
Kompas 14 Oktober 2021 14.10.2021 27:02
Athina Jansen praat met Elisna Kelly, 'n opvoedkundige spesialis, en met dr. Janine Raubenheimer oor die tekens van spanning by leerders voor die eksamens begin. Hy verduidelik hoe leerders angs en stres kan beheer.
Kompas 13 Oktober 2021 13.10.2021 18:12
Athina Jansen praat met Frank Rumboll oor hoekom skole verhoudingsgesentreerd moet wees. Sy gesels ook met Charlea Hieberhagen-Grey oor ‘n gratis program wat Huisgenoot op 27 Oktober vir matrieks aanbied.
Kompas 12 Oktober 2021 12.10.2021 17:48
Baie leerders woons steeds nie die skool bywoon nie weens die Covid-19-pandemie. Ons praat met juf. Elsa Ward om meer insig te kry in die wêreld van aanlyn leer.
Kompas 11 Oktober 2021 11.10.2021 20:20
Hoekom is 1 November 2021 ‘n nasionale vakansiedag? Want dit is wanneer die plaaslike regeringsverskiesing plaasvind, en jy kry die kans kry om jou kruisie te gaan trek. Athina Jansen praat met Lenishia Davids en Chante Adams van die OVK oor hoe die stemproses werk.
Kompas 8 Oktober 2021 08.10.2021 20:04
Chrislynn Sias gesels met twee jongmense wat woeker met hulle talente. Hulle glo vas dat dit voordelig is om jouself op verskillende mediums te vestig, om by te bly met die pas waarteen die lewe verander en ontwikkel. Die twee skrik nie vir harde werk nie, en glo vas dat harde werk en toewyding nog nooit iemand seergemaak het nie. Ons bespreek hoekom dit belangrik is om al jou opsies en denke oop...
Kompas 7 Oktober 2021 07.10.2021 22:28
Athina Jansen gesels met rymkletsers Clarence Wentzel (Clairnote) en Luigi Lewis (Mad CPT) oor hoe ‘n mens gefokus moet bly op jou passies, en hoe jy elke dag nuwe vaardighede kan aanleer.
Kompas 6 Oktober 2021 06.10.2021 24:54
Athina Jansen gesels met Didi Didlof van Kuilsrivier. Sy is ‘n musikant en onderwyser. Die Kompas-span het haar besoek by Soneike Hoërskool en het die geleentheid gehad om met die onderhoof en musiekstudente te gesels. Didi deel met ons haar inspirerende storie en hoe hard ons moet werk om ons drome te bereik.
Kompas 5 Oktober 2021 05.10.2021 21:06
Baie matriekleerders wat aanstaande jaar verder gaan studeer is onseker wat op hulle wag. Francois van der Merwe praat met ses eerstejaars oor die lewe van 'n student.
Kompas 4 Oktober 2021 04.10.2021 20:36
Weet jy hoe die verkiesing werk, of wat die verkiesing behels? Lucian Witbooi van die OVK verduidelik hoe die plaaslike regeringsverkiesing op 1 November 2021 sal werk.
Kompas 1 Oktober 2021 01.10.2021 23:05
Chrislynn Sias praat met Joshwin Sampson, ’n gekwalifiseerde joernalis en onderwysstudent, oor sy veerkragtigheid en deursettingsvermoë. Maryke Groenewald is ’n lewensafrigter en eienaar van die Life Purpose Transformation Sentrum. Sy het onlangs haar studies in sielkunde voltooi. Maryke vertel hoekom positiewe denke belangrik is, en hoe om dit te handhaaf.
Kompas 30 September 2021 30.09.2021 22:02
Athina Jansen gesels met Craig Solomons wie se storie onlangs sowat 5,000 keer gedeel is op sosiale media. Hy het bo sy moeilike omstandige uitgestyg, en gestudeer om 'n verpleër te word. Chane Keyser deel ook haar ervaring as verpleegter. Sy vertel wat jy kan verwag indien jy hierdie loopbaanrigting volg.
Kompas 29 September 2021 29.09.2021 23:35
Athina Jansen praat met een van die stigters van The Stage Performing Arts Studio, Yolande Rabie, en met dramastudente wat deelgeneem het aan die improvisasiekompetisie oor hulle passie vir drama.
Kompas 28 September 2021 28.09.2021 25:06
Baie jongmense is onseker oor hulle toekoms. Ons gesels met matriekleerders en skoolverlaters om insig te kry in wat die jeug dink en ervaar.
Kompas 27 September 2021 27.09.2021 19:19
Ons gesels met Henrico Fredericks van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die plaaslike regeringsverkiesings en die politieke verdraagsaamheid en vryheid tydens die verkiesingsperiode.
Kompas 23 September 2021 23.09.2021 28:11
Athina Jansen praat met prof. Ronnie Webber-Youngman van die Univerisiteit van Pretoria oor hoe XR-tegnologie die toekoms van die mynboubedryf kan verander. Sy praat ook met Russel Rensburg, wat deel was van die Co Create Design-fees. Hy vertel hoe Covid-19 die gesondheidsektor geraak het, en hoe tegnologie en jongmense ‘n verandering te weeg kan bring.
Kompas 22 September 2021 22.09.2021 27:02
Athina Jansen praat met Bernard Jordaan oor sy eerste kunsuitstalling, en met Michael Angelo oor ‘n loopbaan in die kunste.
Kompas 21 September 2021 21.09.2021 27:28
Stres is iets wat alle jong mense in hulle lewe ervaar. Francois van der Merwe het by Juffrou Amanda de Villiers, ‘n sielkundige by Hoërskool Bellville, gaan hoor hoe om stres baas te raak.
Kompas 20 September 2021 20.09.2021 19:58
Ons gesels met Lucian Witbooi van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor die plaaslike regeringsverkiesing en hoe toeganklik en insluitend dit is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.