RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 7 Februarie 2022 07.02.2022 26:11
Athina Jansen gesels met die matriekklas van 2021 se uitblinkers in die Wes- en Noord-Kaap. Peter Kriel van The Independent Institute of Education vertel watter beroepe jongmense kan volg.
Kompas 4 Februarie 2022 04.02.2022 24:46
Wanneer ’n mens deur moeilike tye gaan, is dit soms moeilik om ’n positiewe houding te behou. Dit kan dalk vir jou voel asof die lewe te erg raak. Ons gesels met Robin Cupido, vir wie die lewe al taamlik gedruk het. Sy het egter teruggedruk, en kom praat nou as oorwinnaar. Maryke Groenewald praat oor die belangrikheid van jou geestestoestand, en hoe jy ’n positiewe houding teenoor 2022 kan handhaa...
Kompas 3 Februarie 2022 03.02.2022 24:31
’n Mentor is iemand wat 'n minder ervare en dikwels jonger persoon onderrig of hulp en raad gee. Leigh Hayley, ’n matriekuitblinker, vertel hoe sy haar uitstekende uitslae behaal het, en Reginald Hufkie, ‘n akteur en musikant, vertel watter invloed mentors in die vorm van omgee-engele in sy lewe gehad het.
Kompas 2 Februarie 2022 02.02.2022 19:33
Nicol Vermeulen verduidelik wat die werk van ‘n fisioterapeut behels wat in ‘n hospitaal werk. Wernich Smith praat oor fisioterapie in die sportsektor. Hulle vertel ook wat jy kan verwag as jy hierdie loopbaanrigting volg.
Kompas 1 Februarie 2022 01.02.2022 16:45
Francois van der Merwe kyk na die oorgange en veranderinge wat sowel leerders as hulle ouers raak. ‘n Nuwe skool of graad, of die oorgang van skool na universiteit kan heelwat stres veroorsaak. Francois gesels met ‘n programmeerder, Tanya van der Merwe, wat raad aan ouers en leerders bied, en verduidelik die belangrikheid van kommunikasie.
Kompas 31 Januarie 2022 31.01.2022 17:23
Athina Jansen gesels met die uitblinker en digter Keith Lewis. Hy is die huidige kampioen van die Virtuele Poetry Slam kompetisie wat aangebied is deur die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika in samewerking met PanSALB.
Kompas 28 Januarie 2022 28.01.2022 20:55
Hoekom is dit belangrik is om ’n Plan B in jou agtersak sak te hê, en om finansieel slim te wees. Velancia Sass, die eienaar van Sass Spa in Atlantis, vertel hoe haar besigheid te midde van Covid-19 ontstaan het. Carla Oberholzer van Debtsafe vertel hoe om vanjaar jou rande te rek.
Kompas 27 Januarie 2022 27.01.2022 22:50
Die nasionale ramptoestand en Covid-19-maatreëls het ʼn wesenlike impak op 2021 se matrieks gehad. Hulle kon net op sekere dae skool bywoon, en moes onder baie uitdagende omstandighede voortbeur om heel aan die anderkant uit te kom. Layla Steyn en Renae Esua, twee matriekuitblinkers, deel hulle studiemetodes en gee raad aan die Klas van 2022 oor hoe om die jaar te trotseer.
Kompas 26 Januarie 2022 26.01.2022 17:50
Athina Jansen praat met Lauren Fredericks van die Wes-Kaap oor die beroep van lugwaardin. Sy deel haar ervaring en vertel watter proses jy moet volg indien jy ook hierdie loopbaankeuse wil maak.
Kompas 25 Januarie 2022 25.01.2022 26:50
Vakkeuses kan vir talle leerders ‘n nagmerrie wees. Hoe kies ‘n mens, en watter riglyne is noodsaaklik met die oog op die toekoms? Kompas-gasaanbieder Mart-Leen Oosthuizen gesels oor die kies van vakke en bied algemene wenke. Daar word ook gesels oor die verskille tussen wiskunde, wiskundige geletterdheid en tegniese wiskunde.
Kompas 24 Januarie 2022 24.01.2022 24:59
Athina Jansen gesels met twee studente wat onlangs hulle kwalifikasies ontvang het. Mariska Kommando van Kwazulu-Natal het haar onderwysgraad verwerf, en Jayson Goliath van die Noord-Kaap het sy diploma in uitvoerende kuns ontvang. Hulle deel hulle ervaring en inspireer jongmense deur hulle aan te moedig om hulle drome te volg.
Kompas 20 Januarie 2022 20.01.2022 20:55
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens bied loopbane in verskeie velde, van forensiese wetenskaplikes en kommunikasiebeamptes tot plofstofspesialiste. Robyn Grootboom, ’n bomontlonter, en Joseph Swartbooi, 'n provinsiale kommunikasiebeampte, vertel wat hulle hul onderskeie beroepe behels.
Kompas 19 Januarie 2022 19.01.2022 27:02
Athina Jansen gesels met Corlia Wilkens, ‘n TikTtok-ster met ‘n sprankelende en humoristiese persoonlikheid, oor haar beroep as onderwyser en hoe sy sosiale media en werk balanseer.
Kompas 18 Januarie 2022 18.01.2022 25:06
Athina Jansen praat met die organisasie, Afrikaans Leef, oor die matriekuitslae wat op Vrydag 21 Januarie bekendgemaak word. Twee matrikulante vertel hoe hulle 2021 ervaar het. Elisna Kelly, 'n opvoedkundige spesialis, gee ‘n boodskap aan die matrieks van 2022.
Kompas 17 Januarie 2022 17.01.2022 17:34
Athina Jansen gesels met Wesley van Emmenes, wat in die buiteland werk, en met Aydon Croy, ‘n akteur wat uitblink in sy bedryf.
Kompas 14 Januarie 2022 14.01.2022 21:16
Ons gesels met twee akteurs wat nie net voor die kameras en op die planke woeker nie, maar ook agter die kameras. Bianca Flanders en Herschelle Benjamin is albei skrywers en leef hulself uit in alle vorms van kuns. Stories vertel is hulle ding. En solank hul stories kan vertel en mense se lewe daardeur kan verryk, is hulle happy chappies! Ons vind uit vanwaar die liefde vir skryf.
Kompas 13 Januarie 2022 13.01.2022 15:53
Twee talentvolle jong vroue vertel hoe die lewe hulle geskuur en geskaaf het. Aneshia Gysman van Wyngaardt is ‘n pas gegradueerde met ‘n storie van inspirasie soos min. Lisbe Willems is ‘n jong verpleegsuster, wat ons ‘n ding of drie leer van verpleegkunde.
Kompas 12 Januarie 2022 12.01.2022 26:36
Athina Jansen praat met Fredolene Fredericks, ‘n sakeontleder, oor haar beroep en watter opsies daar is as jy inligtingstelsels studeer.
Kompas 11 Januarie 2022 11.01.2022 19:38
Athina Jansen praat met Esra Plaatjies van Afrikaans Leef oor hulle virtuele talentkompetisie wat verlede jaar plaasgevind het, en met met die wenner van die kompetisie, Su-relle Maasdorp.
Kompas 10 Januarie 2022 10.01.2022 23:20
Athina Jansen gesels met ‘n B-Rek student, Bjorn Bell, wat vertel wat jy kan verwag in jou eerste jaar op universiteit. Sy praat ook met Ashley Hendricks, ‘n mediese dokter wat in die buiteland werk, oor hoe ‘n mens se drome vir die toekoms verander wanneer jy jou passie vind.
Kompas 7 Januarie 2022 07.01.2022 23:04
Om passievol te wees, vereis toewyding, harde werk, konsentrasie en die bereidwilligheid om oor en oor te misluk. Chrislynn Sias se gaste is Julio Bianchi en Alhenrico Thoms. Julio is een van Suid-Afrika se top e-sportspelers en Alhenrico is ‘n Latte-kampioen. Hulle het nie geskroom om hulle drome na te jaag nie, en was nie bang vir mislukking nie.
Kompas 6 Januarie 2022 06.01.2022 20:47
Die rol van ‘n onderwyser is meer as net die beplanning en uitvoering van lesplanne. Onderwysers moet ‘n positiewe rolmodel vir leerders wees, veral vir kinders wat nie ‘n stewige familiefondasie het nie. Ons gesels met twee onderwysers, Jeremy Dietsiso en Ian Le Roux, oor hul werk en die belangrikheid daarvan.
Kompas 5 Januarie 2022 05.01.2022 15:35
Athina Jansen praat met Mar-li van der Merwe oor wat die werk van ‘n aanlyn-Engelsonderwyser behels, en waar jy kan aansoek doen daarvoor.
Kompas 4 Januarie 2022 04.01.2022 21:50
Baie leerders wat in vanjaar begin studeer, is onseker oor hulle pad vorentoe. Ons praat met ses studente wat insig gee in die lewe van ‘n student.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.