RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 14 Maart 2022 14.03.2022

Ons vier Wêreld Wiskundedag. Athina Jansen gesels met mnr. Nicolaas Zaayman, die vakhoof van Wiskunde by Laerskool Kathu, oor hulle Wiskundeweek. ‘n Paar luisteraars en wiskundeliefhebbers vertel ook wat hierdie vak vir hulle beteken.

Kompas 11 Maart 2022 11.03.2022

Chrislynn Sias gesels met twee jongmense met joernalistieke agtergrond, wat hulle nou bevind in die wêreld van openbare skakelwerk. Tarryn Josephs vertel hoe dinge in die televisiewêreld werk, en Tarryn-Leigh Solomons gesels oor haar skuif na die korporatiewe wêreld.

Kompas 10 Maart 2022 10.03.2022

Carmichelle Fransch praat oor Engels Eerste Addisonele Taal en hoe leerders blitsvinnig die struikelblokke van hierdie vak onder die knie kan kry. Jeremy Dietsiso gee handige wenke en hulpbronne vir Lewenswetenskappe.

Kompas 9 Maart 2022 09.03.2022

Athina Jansen gesels met digter Sharunay Karolus wat haar digbundel, Sonneblom Dagdrome, gepubliseer het. Sy praat ook met skrywer Leigh Kordom wat sy kinderboekie, Awures, gepubliseer het. Hulle deel die stappe om dit te doen, en gee raad aan jongmense wat hulle eie werk self wil publiseer.

Kompas 8 Maart 2022 08.03.2022

Anina Lundie praat oor die vak, Skeppende Kunste, en die belangrikheid daarvan in 'n kind se lewe.

Kompas 7 Maart 2022 07.03.2022

Athina Jansen gesels met die toneelgroep van die Hoërskool Martin Oosthuizen in die Noord-Kaap oor hulle woordkunsproduksie, Sonsak. Dean Richard Olivier, bekend vir sy rol Anton in Arendsvlei, gee raad en wenke aan jong akteurs.

Kompas 4 Maart 2022 04.03.2022

Henriette Cook vertel van haar stryd met bipolêre versteuring. Dr. Liesl Cassel gee raad hoe om ‘n geliefde met ‘n geestesversteuring te hanteer. Billy Coetzee, direkteur van SAFREC, ‘n niewinsgewende organisasie, vertel hoe die organisasie hulp verleen.

Kompas 3 Maart 2022 03.03.2022

Chrislynn Sias hoor by Denzel Koenana hoekom hy besluit het om ‘n sjef te word en sy kosherinneringe. Leerders van Portlands Sekondêr in Mitchell’s Plain vertel hoekom hulle in die kosbedryf wil werk.

Kompas 2 Maart 2022 02.03.2022

Athina Jansen praat met twee besigheidseienaars oor entrepreneurskap. Mutaaz Aspeling besit Bodyshop Studio en deel wenke met jongmense. Zene Kaye, die eienaar van ‘n bokmelkskoonheidsproduktebesigheid, deel raad en idees hoe jy ook jou eie onderneming kan begin.

Kompas 1 Maart 2022 01.03.2022

Michele Fortuin, 'n vakadviseur  vir  Natuur- en Lewenswetenskappe, praat oor die belangrikheid van natuurwetenskap in die alledaagse lewe.

Kompas 28 Februarie 2022 28.02.2022

Athina Jansen praat met Elisna Kelly, ‘n opvoedkundige spesialis, oor leierskap. Die leiers van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria vertel watter uitdagings hulle ervaar.

Kompas 25 Februarie 2022 25.02.2022

Tamline Links vertel hoe haar liefde vir fotografie gebore is, en Edrea du Toit praat oor die tegniese aspekte van fotografie.

Kompas 24 Februarie 2022 24.02.2022

Prof. Jean Greyling van die Nelson Mandelabaai Universiteit vertel hoe leerders meer betrokke kan raak by programmering.

Kompas 23 Februarie 2022 23.02.2022

Leierskap word op alle vlakke van die samelewing vereis, maar wat verg dit van iemand om ‘n leier te wees? En watter soorte leiers is daar? Athina Jansen praat hieroor met psigometris Anri van Jaarsveld. 

Kompas 22 Februarie 2022 22.02.2022

Immanuel Europa van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement praat oor die rol van ouers in die ondersteuning van graad 8 en 9 leerders.

Kompas 21 Februarie 2022 21.02.2022

Athina Jansen gesels met die leiers van Hoërskool Namakwaland op Springbok. Hulle verduidelik hoe die verkiesingsproses werk om op die VRL en gekoöpteerde raad aangewys te word. Hulle vertel ook watter rol ‘n leier moet speel.

Kompas 18 Februarie 2022 18.02.2022

Ons gesels met twee jong entrepreneurs. Hulle is studente wat hulle eie besighede begin het tydens hulle studies. Om ’n student te wees is nie kinderspeletjies nie, en om boonop jou eie besigheid te begin, is bewonderenswaardig. Gailynn Potts spog oor haar skoonheidsalon, en Bainca Stallenberg vertel hoe een van haar passies, hare, in ’n besigheid ontaard het.

Kompas 17 Februarie 2022 17.02.2022

Ons praat oor voedselveiligheid. En, Johnny Davids, ’n manlike vroedvrou, vertel wat sy beroep behels en hoe hy daarin beland het.

Kompas 16 Februarie 2022 16.02.2022

Ons gesels met ’n dokter en ’n doktor... Jaydey Sass het haar doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands verwerf, en sy deel haar passie en liefde vir taal. Dokter Gerald Maarman, ‘n biomediese wetenskaplike, vertel wat sy werk behels, en wat jy moet doen as jy dieselfde beroep wil volg.

Kompas 15 Februarie 2022 15.02.2022

Patsy Marthinussen van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement gee nog wenke vir ouers oor hoe om hulle kinders tuis te help met getalvaardighede deur middel van speletjies.

Kompas 14 Februarie 2022 14.02.2022

Patsy Marthinussen van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement gee wenke vir ouers oor hoe om hulle kinders tuis te help met getalvaardighede deur middel van speletjies.

Kompas 11 Februarie 2022 11.02.2022

Ons gesels met sanger Cheswyn Ruiters, die wenner van Maak My Famous Seisoen 1. En ons hoor by joernalis Bohemia Hoffmeester-Jumatt hoekom sy joernalistiek as beroep gekies het.

Kompas 10 Februarie 2022 10.02.2022

Selfaanvaarding en liggaamspositiwiteit loop hand-aan-hand. Hoe kom ’n mens by daardie punt dat jy jouself so onvoorwaardelik aanvaar dat jy gemaklik en gelukkig is in jou liggaam? Hope Haas, ‘n Graad 11-leerder deel haar storie.

Kompas 9 Februarie 2022 09.02.2022

Athina Jansen praat met Elisna Kelly, 'n opvoedkundige spesialis, wat ‘n tydsbeplanner vir matrikulante opgestel het. Sy verduidelik hoe jy die beplanner kan gebruik om jou tyd effektief te bestuur.

Kompas 8 Februarie 2022 08.02.2022

As jy onseker is oor wat jy na skool wil doen, gee ons vir jou meer inligting oor 'n gap-jaar.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.