RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 18 April 2022 18.04.2022 23:23
Athina Jansen gesels met uitblinkers van Worcester in die Wes-Kaap. Selby Williams, ‘n sendingwerker en musiekkunstenaar, vertel wat hom gemotiveerd hou. Dymkletser Giga en stigter van die NuVader-groep het raad vir opkomende rymkletsers.
Kompas 15 April 2022 15.04.2022 23:45
Chrislynn Sias gesels met Simone-Briesies Thomas wat besig is om haar doktorsgraad in bemarking in Duitsland te voltooi. Ons gooi ook ‘n draai by ‘n paar studente om te hoor wat Paasfees vir hulle beteken, en hoe hulle dit vier.
Kompas 14 April 2022 14.04.2022 25:56
Mart-Leen Oosthuizen kyk na werkloosheid en entrepreneurskap. Sy gesels met twee jongmense wat hulle eie besighede begin het. Werkloosheid onder jongmense tussen 15 tot 35 is tans 65,5%! Dit is baie hoër as die algehele koers van 35,5%. Dit is dus uiters belangrik vir jongmense om entrepreneurskap te verstaan en self entrepreneurs word.
Kompas 13 April 2022 13.04.2022 26:22
Hoe vind jy werk sonder om vir ‘n lang periode werkloos te wees? Arehan Brand kry die antwoord by Johann van Niekerk, bestuurder by ‘n finansiële konsultasie maatskappy, wanneer hulle oor vaardigheidsontwikkeling gesels. Arehan vind ook uit hoe die niewinsgewende organisasie, Harambee Youth Employment Accelarator, jong Suid-Afrikaners help om werk te vind.
Kompas 12 April 2022 12.04.2022 25:00
Karen Woodward en Nunia Josephs van die Wes-Kaap Onderwysdepartement gee raad vir ouers van kinders in grade 4 tot 7 oor hoe om hulle kinders se geletterdheid te verbeter.
Kompas 11 April 2022 11.04.2022 24:15
Athina Jansen gesels met die deelnemers aan die Karoo Kaarte KKNK-projek wat in Oudtshoorn woon, oor die projek wat deur drama, musiek en visuele kuns uitgebeeld word.
Kompas 8 April 2022 08.04.2022 22:24
Chrislynn Sias gesels met digter en kunstenaar Gracia Nicholls, wat ook een van haar gedigte voordra. Die vermaaklikheidsverslaggewer, Kelly-Lee Ohlson, vertel wat haar werk behels, en wat sy in haar vrye tyd doen.
Kompas 7 April 2022 07.04.2022 20:52
Mart-Leen Oosthuizen gesels met ‘n matriekleerder wat disleksie het, en met opvoedkundige sielkundige Christelle du Plessis. Disleksie is ‘n leergestremdheid wat een uit elke tien persone wêreldwyd raak.
Kompas 6 April 2022 06.04.2022 27:52
Arehan Brand gesels met Clirissa Olivier, ‘n werwingsagent, en kry waardevolle en praktiese wenke vir suksesvolle werksaansoeke. Hy vind ook uit hoe om te netwerk. Dit kan 'n waardevolle hulpmiddel wees om jou voet in die deur te kry. ‘n Paar jongmense vertel van hulle werksonderhoud-blapse.
Kompas 5 April 2022 05.04.2022 25:35
Elzette Brown van die Wes-Kaap Onderwysdepartement praat oor vervlegte leer, en hoe hierdie manier van leer baie leerders kan help.
Kompas 4 April 2022 04.04.2022 27:00
Meneer MJ Scholts praat oor leierskap, en hoekom dit 'n waardevolle ervaring kan wees om te probeer om 'n leier te word. Ons kyk ook na depressie en angs, en wie jy kan kontak as dinge te veel word.
Kompas 1 April 2022 01.04.2022 25:21
Chrislynn Sias gesels met Warren Theunis, beter bekend as Mr Barber South Africa, oor die gemeenskapswerk wat hy doen. Lluwellyn Afrika neem ons op ‘n reis van ritme en danspassies. En omdat dit die eerste Vrydag in April is, is daar ‘n bederf - Gracia Nicholls lees een van haar gedigte voor.
Kompas 31 Maart 2022 31.03.2022 22:14
Chrislynn Sias praat met Jonathan Arries oor die vak, geskiedenis. Juffrou Alicia Baartman vertel hoe sy haar vakke, tegnologie en natuurwetenskappe, prakties maak sodat leerders dit kan verstaan. Dis skoolvakansie, en ons het by ’n paar leerders gaan inloer om te hoor waarmee hulle hulself besig hou en wat hulle gunsteling vak is.
Kompas 30 Maart 2022 30.03.2022 21:13
Stap die pad saam met dr. Randal Ortell wat spesialiseer in huisartskunde en primêre versorging. Hy vertel wat hy daaglikse doen en watter vakke leerders moet kies as hulle in sy voetspore wil volg. Allistino Williams, ‘n meganiese passer, vertel wat sy beroep behels.
Kompas 29 Maart 2022 29.03.2022 19:42
Albertha van der Merwe van die Wes-Kaap Onderwysdepartement gee wenke vir ouers van kinders in grade 1 tot 3 oor die verskillende teksssorte en vraagstellings om kinders se begripsvaardighede te versterk.
Kompas 28 Maart 2022 28.03.2022 17:27
Wickus Zerwick, 'n drama-onderwyser, vertel hoe jy beter kan voorberei vir mondelinge eksamens, en watter oefeninge om te doen om jou stem op te warm.
Kompas 25 Maart 2022 25.03.2022 20:45
Ons hoor wat ‘n sosiale media-beïnvloeder doen. Chrislynn Sias gesels met Peadon Smith, ’n influencer en stigter van die aanlynprogram, Spill the T with P. Kelly Manus, beter bekend as Daai Kind, vertel wat haar blad behels en wat sy hoop haar volgelinge daaruit sal put.
Kompas 24 Maart 2022 24.03.2022 18:44
Tina Viktor praat oor die vak, Lewensoriëntering, en die belangrikheid daarvan. Tonya Martin gesels oor haar vak, Besigheidstudies, en gee raad oor hoe jy die inhoud van hierdie vak kan toepas op jou alledaagse lewe.
Kompas 23 Maart 2022 23.03.2022 17:36
Jan-Hendrik Opperman gesels oor die filmit-fees en verduidelik hoe jy kan deelneem. 'n Pryswenner van verlede jaar deel ook ervaring en gee raad vir vanjaar se deelnemers.
Kompas 22 Maart 2022 22.03.2022 18:17
Dr. Marietha Terblanche van die Wes-Kaap Onderwysdepartement verduidelik hoe jy in Graad 4 tot 7 Sosiale Wetenskap moet benader.
Kompas 21 Maart 2022 21.03.2022 20:20
Athina Jansen praat met die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans oor hulle kinderboek, DIE KOKERBOOM, ‘N KERSTORIE, wat in ‘n animasierolprent omskep is.
Kompas 18 Maart 2022 18.03.2022 23:41
Chrislynn Sias gesels met komediant Tracey-lee Oliver, wat vertel hoe jy lag-lag jou geld as komediant kan verdien. Jaydy Warnick neem ons deur haar geboortedorp, die Morawiese sendingsdorpie Goedverwacht.
Kompas 17 Maart 2022 17.03.2022 19:52
Chrislynn Sias praat met Jaftha Makwena oor Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Amy-Caie April verduidelik hoekom een plus een twee is, en gesels lekker oor haar vak, Wiskunde! Chrislynn vertel van die Jakes Gerwel Stigting se skrywersresidensie, en hoe jy daarvoor kan inskryf.
Kompas 16 Maart 2022 16.03.2022 16:58
Odette Du Preez wat betrokke is in bemarking, vertel wat 'n loopbaan in bemarking behels, en die voordele daarvan om ekstra werk te doen terwyl jy jonk is.
Kompas 15 Maart 2022 15.03.2022 23:07
Wat is die belangrikheid van Lewensoriëntering vir leerders?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.