RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 23 Mei 2022 23.05.2022

Arehan Brand praat oor leierskap met Ethan-John Carstens, die Junior Burgemeester van Mosselbaai. Shaun-Lee Laksman, ‘n jongman wat ‘n bronsmedalje verower het by die Nasionale Skaapskeer en Wolhantering Kampioenskappe in Bloemfontein, vertel van dié unieke stokperdjie. Arehan loer ook in by Rodney Golliath, ook bekend as Rottas die Rapper, en hulle gesels oor rymklets.

Kompas 20 Mei 2022 20.05.2022

Weet jy hoe groot die probleem van werkloosheid in Suid-Arika is? Ons praat met jongmense wat werkloos is oor hoe dit hulle lewe en gemoedstoestand beïnvloed. Elke deur waaraan hulle klop, bly onbeantwoord. Zenovia Francis,’n menslike hulpbronne beampte, gee oor hoe kandidate hulleself meer indiensneembaar kan maak.

Kompas 19 Mei 2022 19.05.2022

Eksamentyd is 'n deurmekaar en stresvolle tyd. ‘n Goeie studierooster sal help om jou gedagtes bymekaar te kry en meer effektiewe studiesessies te hê. Die program is ‘n werkswinkel oor effektiewe studieroosters en voorbereiding vir die eksamens wat voorlê.

Kompas 18 Mei 2022 18.05.2022

Arehan Brand kry raad en wenke by Janice Viljoen van EDUvelopment oor Graad 9-vakkeuses. Hy loer in by die Chrysalis Academy in Tokai, en vind uit hoe hierdie instansie die jeug se vaardighede en lewe verbeter.

Kompas 17 Mei 2022 17.05.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Albert Keet, ‘n opvoedvoedkundige sielkundige, oor studiemetodes en hoe om eksamenstres te beheer. Liezl Kilian, ‘n matriekwiskunde-onderwyser, smoor wiskunde-angs in die kiem, deur wenke vir Vraestel 1 en 2 te deel. Sy gesels ook oor studiemetodes vir hierdie vak.

Kompas 16 Mei 2022 16.05.2022

Athina Jansen gesels met drama-uitblinkers wat innoverende maniere vind om werk te skep. Sy praat ook met twee Kanna-wenners. Mandri Sutherland, Carlo Daniels, Adriaan Havenga en René Cloete het raad vir opkomende akteurs.

Kompas 13 Mei 2022 13.05.2022

Chrislynn Sias gesels met die twintigjarige Tredeaux Pitout en Audine Kaye oor hulle werk in inligtingstegnologie. Enrico Hartzenberg, 'n skrywer, danser, akteur en vervaardiger, vertel hoe hy ‘n goeie balans handhaaf.

Kompas 12 Mei 2022 12.05.2022

Daar is sowat 1 miljard aktiewe gebruikers op Instagram, waarvan 2 miljoen besighede is. Dit maak hierdie platform ideaal vir jongmense om hulle besighede te bemark. Op Instagram is daar ook ‘n nuwe gonswoord - tweedehandse klere. Die impak daarvan om ou klere nuwe lewe te gee, het 'n positiewe impak, en skep nuwe en kreatiewe maniere vir mense om werkloosheid te verminder.

Kompas 11 Mei 2022 11.05.2022

Arehan Brand gesels met prof. Jean Greyling en Cornelius Greyling oor kodering en programmering. Hulle bepreek loopbane in dié rigting, en hoekom jongmense nou al moet begin kodeer ter voorbereiding vir toekomstige loopbane. Morné Jansen van Vuuren, ‘n aanlyn speletjie-ontwikkelaar vertel van sy ervaring in dié veld,  en hoe jy vandag al kan leer om te kodeer.

Kompas 10 Mei 2022 10.05.2022

Anita van Vuuren van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement praat oor die opleiding van onderwysers in e-leer.

Kompas 9 Mei 2022 09.05.2022

Athina Jansen gesels met twee uitblinkers wat hulle nagraadse studies aangepak het. Ayesha Shaikh is tans besig om haar doktorale studie in plantpatalogie te voltooi, en Jaco Du Plooy het onlangs sy meestersgraad in Frans verwerf. Hulle praat oor hulle prestasies, en gee raad vir leerders wat verder wil studeer.

Kompas 6 Mei 2022 06.05.2022

Wat is hierdie winter se grimeertendense? Hoe kan ‘n danser net uithou en aanhou? Chrislynn gesels grimering en wintertendense met twee grimeerkunstenaars, Kyra Loubser en Andrea Hurter. Die talentvolle, Clarischka Viljoen, wat onlangs vyf goue medaljes by die Battle of the Giants All Styles Dans en Sportfees los gedans het, kuier in die atlejee.

Kompas 5 Mei 2022 05.05.2022

Onderrig in jou moedertaal help met die kritiese ontwikkeling van denke en geletterdheidsvaardighede. Navorsing wys ook dat kinders en leerders wat in hulle moedertaal onderrig ontvang, die kurrikulum makliker verstaan. Vaardighede wat in die moedertaal geleer is, hoef nie weer geleer te word wanneer die kind oorskuif na ‘n tweeede taal nie.

Kompas 4 Mei 2022 04.05.2022

Arehan Brand gesels met Albert van Wyk, ‘n entrepreneur, belegger, skrywer en motiveringspreker, en met Hernus Basson Jnr, ‘n entrepreneur van die Kaap, oor suksesvolle entrepreneurskap.

Kompas 3 Mei 2022 03.05.2022

Ismail Teladia van die Wes-Kaap Onderwysdepartementoor praat oor die driestroommodel en vaardigheidsontwikkeling in die Wes-Kaap.

Kompas 2 Mei 2022 02.05.2022

Arehan Brand gesels met Densley Carolissen (Lyrically Deezy), wat onlangs as Suid-Afrika se top choreograaf bekroon is. Hy praat ook met die lede van die multimedia-teaterproduksie, Sit With Us, wat kyk na kwessies soos ras en klas op universiteite.

Kompas 29 April 2022 29.04.2022

Of jy dit nou wil erken of nie, dis bitter moeilik om ‘n gesonde en aktiewe leefstyl in die winter te handhaaf. Coral Jacobs, ‘n persoonlike afrigter, verduidelik hoekom dit belangrik is om ‘n fiksheidsroetine in die koudste seisoen te handhaaf. Chrislynn Sias hoor ook by ‘n paar mense hoekom hulle oefen, wat hulle motiveer om ‘n fiksheidsroetine te handhaaf en hoe dit hul lewe beïnvloed.

Kompas 28 April 2022 28.04.2022

Musiek, kuns en drama speel 'n belangrike rol in skole. Dit het 'n positiewe uitwerking op jongmense se emosionele ontikkeling, en gee ‘n plek waar leerders hulleself positief kan uitbeeld en hulle emosies uitdruk. Schalk van der Merwe en Tharien Oosthuizen verduidelik ook wat die belangrikheid van kultuur in skole is.

Kompas 27 April 2022 27.04.2022

Die jeug van Suid-Afrika het ‘n belangrike rol om te speel in die land se demokratiese bestel. Arehan Brand kyk op Vryheidsdag na die jeug se regte en hulle rol om aktiewe burgers te wees deur deel te neem aan verkiesings.

Kompas 26 April 2022 26.04.2022

Dr. Antoinette Venter van die Wes-Kaap Onderwysdepartement praat oor hoe Ekonomiese en Bestuurswetenskappe lewe in die klaskamer kan kry.

Kompas 25 April 2022 25.04.2022

Athina Jansen gesels met die 5 NATI jongsterre wat hulle verhoogdramas by die Suidoosterfees gaan debuteer, oor hulle proses en ervaring.

Kompas 22 April 2022 22.04.2022

Wonder jy wat ‘n misdaadregskenner as ‘n hanteringsmeganisme gebruik? Of hoekom mense hulle hart en siel in hulle gemeenskappe ploeg?

Kompas 21 April 2022 21.04.2022

Sport in skole speel ‘n belangrike rol in ‘n kind se opvoeding, en hoe ‘n kind terugkyk en voel oor sy skooldae. Ons fokus op die belangrikheid van sport, waarom leerders dink sport belangrik is.

Kompas 20 April 2022 20.04.2022

Hoekom besluit al hoe meer jongmense om oorsee te gaan werk? Watter werksgeleenthede is in die buiteland beskikbaar? Arehan Brand vind meer uit oor die werk van ‘n au pair in Europeuse lande. ‘n Woordvoerder van ‘n au pair-agentskap beantwoord sy vrae, en ‘n paar jongmense gesels oor hulle oorsese werkservaring.

Kompas 19 April 2022 19.04.2022

Heruitsending: Francois van der Merwe praat met Anina Lundie oor skeppende kunste en watter belangrike rol dit in die samelewing speel. Sy verduidelik ook die verskillende kunstedissiplines, en hoe leerders op skoolvlak hulle kreatiwiteit kan uitleef.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.