RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 27 Junie 2022 27.06.2022 21:56
Athina Jansen gesels met sportuitblinkers van Worcester en Lutzville in die Wes-Kaap, en met ‘n 14-jarige karateka van Kraaifontein wat Suid-Afrika in September by die Wêreld Goju Ryu Karatekampioenskap in Italië sal verteenwoordig.
Kompas 24 Junie 2022 24.06.2022 24:21
Dustin Coraizin en Keegan van der Merwe het harde klippe gekou, maar beur voort in weerwil van die struikelblokke. Chrislynn Sias gesels met hierdie twee jongmense met deursettingsvermoë.
Kompas 23 Junie 2022 23.06.2022 26:27
Is onderwys die studierigting vir jou? Mart-Leen Oosthuizen praat met onderwysers oor hulle beroepsrigting en wat dit verg om 'n goeie opvoeder te wees.
Kompas 22 Junie 2022 22.06.2022 23:36
Arehan Brand gesels met Gerhard Jacobs, ‘n vlieginstrukteur en fasiliteerder van die Young Wings Flying Adventure-kamp, om meer te leer van beroepe en geleenthede in die lugvaartbedryf. SP Schutte, Kosie van der Heever en Skyler Vorster, drie van die Top 10 van die Maak My ‘n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar kompetisie gesels oor hulle ondernemings en entrepreneurskap.
Kompas 21 Junie 2022 21.06.2022 24:28
Arehan Brand hoor by Jaco van Niekerk, ‘n senior vakspesialis in e-leer in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik, oor hoe leerders deel kan word van die e-leer-rewolusie. Carlyn Oppelt, die Lewenswetenskappe Departementshoof by die New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl, vertel van waardevolle hulpbronne wat gratis beskikbaar is aan leerders om hulle met skoolwerk te help.
Kompas 20 Junie 2022 20.06.2022 22:18
Athina Jansen gesels met hoërskool-musiekuitblinkers wat deel is van die Mitchells Plain en Kraaifontein Music Academy, oor wat musiek vir hulle beteken. Melissa Jane Campher vertel van haar ervaring in die realtiteitsreeks, Die Kontrak, en die sanggroep Droomsindroom gesels oor hulle liedjie, Hey Sonneblom.
Kompas 17 Junie 2022 17.06.2022 21:09
Hoe kan ons die jeug bemagtig om geldvaardig te wees? Chrislynn Sias praat met Carla Oberholzer, 'n skuldadviseur, wat wenke gee oor hoe om geldslim te word. Jodi Jantjies vertel ons van haar loopbaan, struikelblokke en onlangse nominasie vir 'n SAMA-toekenning.
Kompas 16 Junie 2022 16.06.2022 22:53
Jeugdag is die verwensliking van ‘n visie en ‘n droom waarvoor duisende Suid-Afrikaanse jeugdiges geveg het. Jeugdag is die viering van jeug, krag en eenheid. Jongmense vier die dag omdat hulle die wȇreld kan verander deur saam te staan. Hoor by verskeie jongmense hoekom hulle Jeugdag vier, en wat die toekoms vir jongmense inhou.
Kompas 15 Junie 2022 15.06.2022 28:37
Arehan Brand gesels met Malvonia Cupido, ‘n besigheidsadviseur vir ekonomiese ontwikkeling by die Nasionale Jeug Ontwikkelingsagentskap, oor hulle finansiële ondersteuning vir jong entrepreneurs, en hoe hulle jongmense bemagtig. Larissa Kamstra en Mia Ludik, twee van die Top 10 van die Maak My ‘n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar-kompetisie gesels oor hulle ondernemings en entrepreneurskap.
Kompas 14 Junie 2022 14.06.2022 22:48
Mar-li van der Merwe speel Woord vir Woord. Sy gesels met Albertha van der Merwe van die Wes-Kaap Onderwysdepartement oor die belangrikheid van ‘n goeie woordeskat, en hoe woordeskat leerders kan help om hulle begripvaardighede uit te brei. Marieta Nel, inhoudspesialis by Penguin Random House, vertel watter boeke beskikbaar is vir leerders en waarom sy lees belangrik is.
Kompas 13 Junie 2022 13.06.2022 23:17
Athina Jansen gesels met die uitblinkers van die Mentor My-program. Akteur Viljé Maritz, een van die mentors, vertel meer oor die program. Die deelnemers vertel wat dit vir hulle beteken.
Kompas 10 Junie 2022 10.06.2022 20:58
Chrislynn Sias gesels met jongmense wat die jeug bemagtig en toerus met die nodige vaardighede om hulleself te bevorder. Henriette Cook het saam met ander jong onderwysers en fasiliteerders ‘n kunsklub vir leerders in die hartjie van Kraaifontein begin. Geronimo de Klerk vertel van sy niewinsgewende organisasie, Feed The Future. Dié organisasie verskaf nie net voeding aan die gemeenskap nie, maar...
Kompas 9 Junie 2022 09.06.2022 26:09
Predikante, pastore en priesters bring mense bymekaar om hulle te lei in hulle geloof. Wat behels die studierigting Teologie?
Kompas 8 Junie 2022 08.06.2022 25:57
Arehan Brand kuier by die Nasionale Jeug Ontwikkelings Agentskap (NYDA) se kantore in die Goue Akker in Kaapstad, en gesels met Marvonia Cupido, ‘n Besigheids Adviseur vir Ekonomiese Ontwikkeling. Sy vertel vir hom meer van die rol wat hulle in jong mense se lewens vervul en die werk wat hulle doen. Katlego Chillenje & Matthew Blauw, twee van die Top 10 van die Maak My ‘n Miljoenêr – Entrepreneur...
Kompas 7 Junie 2022 07.06.2022 26:32
Mar-li van der Merwe praat met Dawn Cozett van die Wes-Kaap Departement van Onderwys oor perseptuele leer en hoe perseptuele vaardighede ontwikkel kan word. Heike Brink, ‘n kinderkinetikus, vertel wat haar beroep alles behels. Kinderkinetikus Aleesha Zoutendyk vertel wat handoog-koördinasie is, en gee oefeninge om groot motoriese handoog-koördinasie te verbeter.
Kompas 6 Junie 2022 06.06.2022 23:32
Athina Jansen gesels met die skrywer en akteurs van die teaterproduksie, Vloeibare Moed. Hulle wil bewusmaking skep vir geslagsgebaseerde geweld deur hulle kuns. Ons gesels ook met musiekuitblinker Marsha Bothma, wat haar liedjie, Stronger, onlangs vrygestel het.
Kompas 3 Junie 2022 03.06.2022 30:02
Arehan Brand gesels met Twanel Botha, ‘n hoërskoolonderwyser met ‘n agtergrond in dieregedrag. Sy vertel van die ooreenkomste tussen troeteldiere en hoërskoolleerders - toemaar, dis nie so erg soos wat jy dink nie! Oriana van der Westhuizen, ‘n sangeres wat ook naels doen, verduidelik hoe dames met lang naels take kan verrig, en sy vertel ook ‘n paar snaakse staaltjies uit haar dae as lugwaardin.
Kompas 2 Junie 2022 02.06.2022 22:20
Daar word in die Griekse metologie melding gemaak van aptekerswese. Dit is ‘n ou veld wat al baie ontwikkel en bygedra het tot vandag se moderne en effektiewe mediese sorg. Wat behels aptekerswese? Wat kan jy alles doen met die graad? Dis ‘n groot veld met baie inligting. Kom vind uit of dit die loopbaan vir jou is.
Kompas 1 Junie 2022 01.06.2022 28:10
Arehan Brand praat met Christopher Julius, ‘n finansiële beplanner en makelaar, oor finansiële verantwoordelikheid. Dané Schönborn en Mia de Beer, twee van die Top 10 van die Maak My ‘n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, gesels oor hulle ondernemings en entrepreneurskap.
Kompas 31 Mei 2022 31.05.2022 27:32
Mar-li van der Merwe praat met Sanel Vos, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor die welstand van graad 12 leerders. Sy vertel hoe leerders angstigheid kan beheer en hoe ouers en opvoeders hulle kan ondersteun. Dieetkundige Aleché Barnard deel eksamen eetwenke, en Len-Barry Simons, ‘n jogainstrukteur, verduidelik asemhalingstegnieke.
Kompas 30 Mei 2022 30.05.2022 24:32
Athina Jansen gesels met sport- en kultuuruitblinkers van die Hoërskool Wittedrift oor hulle prestasies. Sy praat ook met die stigters van die dansgeselskap, Figure of 8 Dance Collective, oor die geleenthede wat hulle vir jongmense skep.
Kompas 27 Mei 2022 27.05.2022 23:41
Chrislynn Sias gesels met komediant Tracey-lee Oliver, wat vertel hoe jy lag-lag jou geld as komediant kan verdien. Jaydy Warnick neem ons deur haar geboortedorp, die Morawiese sendingsdorpie Goedverwacht.
Kompas 26 Mei 2022 26.05.2022 25:13
Videospeletjies is sedert die vroeë jare 70 deel van die jeug- en popkultuur. Rekenaarspeletjies, selfoonspeletjies en enige eleketroniese speletjie is deesdae baie gewild. Hoe beïnvloed dit jongmense?
Kompas 25 Mei 2022 25.05.2022 28:20
Lewenslange leer is nie net ‘n modewoord nie, dis ‘n filosofie. Arehan Brand gesels met dr. Marni Bonthuys van die Universiteit van Wes-Kaapland oor lewenslange leer. Tiaan Claassens en Courtneigh Ess deel ook hule ervaring met lewenslange leer. Alan Gie, een van die skeppers van die WiBox, vertel hoe hy en twee klasmaats ‘n toestel ontwikkel het om jou internetverbinding aandie gang te hou, selfs...
Kompas 24 Mei 2022 24.05.2022 27:14
Die verband tussen akademiese prestasie en geestesgesondheid word bespreek. Mar-li van der Merwe praat hieroor met dr. Elmien Sinclair, die hoof van akademiese voorligting en ontwikkeling by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het raad vir studente oor hoe om goeie geestesgesondheid te handhaaf, en bespreek wat hulle kan doen om verdere sukses...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.