RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 1 Augustus 2022 01.08.2022

Arehan Brand gesels met Yulienke Jacobs, Miss Teen International South Africa 2022, oor skoonheid- en modelkompetisies. Wilan Basson is onlangs as die o/17 Suid-Afrikaanse Vierkampkampioen aangewys, en hy kuier ook saam. Die Noord-Kaap se Junior adjunkpolisiekommisaris, Danelle Jacobs, vertel van dié amp, asook al haar ander prestasies in taal-, kultuur- en dramadinge.

Kompas 29 Julie 2022 29.07.2022

Grant Jefthas, ‘n skywer, en Melicia Sny, ‘n maatskaplike werker, het dinge glad nie maklik gehad in die lewe nie, maar daar is nie ‘n opgee-haar op hulle koppe nie. Kom ons put inspirasie uit hulle stories!

Kompas 28 Julie 2022 28.07.2022

Sowat 345-miljoen mense wêreldwyd het kroniese hepatitis. Hepatitis A (geelsug) is geneesbaar, maar Hepatitis B tot E is nie. Wat is Hepatitus? Hoe beskerm ek myself?

Kompas 27 Julie 2022 27.07.2022

Charl Davids, die waarnemende direkteur van die Universiteit Stellenbosch se Studentevoorlightingsentrum, deel gesonde druk- en stres-hanteringsmeganismes en praktyke. Arehan Brand kry raad vir ouers, en wat hulle rol in dié verband in hulle kinders se lewe is. ‘n Paar studente vertel ook van hul stresgewoontes.

Kompas 26 Julie 2022 26.07.2022

Mar-li van der Merwe praat met Sarelda Koopman van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor die drie-stroom-model, wat leerders beter keuses bied om hulle skoolopleiding te voltooi op grond van hulle aanleg, vermoëns en belangstellings. Dr. Erna Gerryts, 'n opvoedkundige sielkundige by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling by Stellenbosch Universiteit, vertel van ongewone loopbaankeus...

Kompas 25 Julie 2022 25.07.2022

Wiandré van Deventer, die kaptein van die nasionale o/19 mansjukskeispan, vertel vir Arehan Brand wat dié sport behels. Zachary Wangra, een van die tienersterre in die kortfilm, Kloon, vertel waaroor die film handel en gesels ook oor dramadinge.

Kompas 22 Julie 2022 22.07.2022

Huiskoop is nie kinderspeletjies nie. Chrislynn Sias gesels met Grazelde Langeveld oor haar soektog na haar droomhuis en haar ervaring met die koop van haar eerste huis. Wynand van Vuuren, 'n kenner op die gebied van huise en versekering, gesels saam.

Kompas 21 Julie 2022 21.07.2022

Wat doen ‘n traumaberader? Hoe word jy een?

Kompas 20 Julie 2022 20.07.2022

Arehan Brand gesels met jongmense oor die uitdagings wat hulle in hulle loopbane ervaar. Clirissa Olivier, ‘n werwingsagent, bespreek sommige van hierdie uitdagings, en gee raad en wenke om sukses te bereik.

Kompas 19 Julie 2022 19.07.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Ashric Don van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor nuwe tegnologie in die onderwys. Hy praat oor die waarde van kodering en robotika vir leerders, en wat binnekort in skole in die hierdie kurrikulums verwag kan word. Candice Amon van Life Choices Academy verduidelik waarom dit belangrik is om koderingsvaardighede aan te leer, en vertel van ‘n opwindende koderings...

Kompas 18 Julie 2022 18.07.2022

Athina Jansen gesels met akademiese uitblinkers, en met aktrise Mienke Ehlers oor haar loopbaan.

Kompas 15 Julie 2022 15.07.2022

Ons bespreek hoe die misbruik van drank, dwelms en enige ander middel jou geestesgesondheid kan beïnvloed. Alishia Prins vertel van haar geestesversteuring, en hoe sy uit ‘n siklus van verslawing moes breek. Robertha Lakay, ‘n sielkundige en welstandpraktisyn, het raad.

Kompas 14 Julie 2022 14.07.2022

Fotografie is baie mense se passie en stokpertjie, maar kan jy dit ‘n beroep maak? Fotografie word beskou as die beste ding wat uitgevind is ná gedrukte nuus. Ons gebruik fotografie as ‘n onderrigmetode, kommuniklasiemetode en ‘n manier van selfuitdrukking.

Kompas 13 Julie 2022 13.07.2022

Elzáhn Dorfling, ‘n lewens- en verhoudingsafrigter vertel hoekom jong mense moet prioritiseer en doeltreffende beplanning doen. Sy verduidelik ook hoekom ons take uitstel,. en gee raad en tegnieke wat vir sukses sal sorg. Jadelee Jacobs, ‘n 17-jarige entrepreneur gesels oor entrepreneurskap in moeilike tye. Mandeladag is ook in die kollig.

Kompas 12 Julie 2022 12.07.2022

Mar-li van der Merwe praat met Abdurouf Aziz, assistentdirekteur van e-infrastruktuur en tegnologie-ontwikkeling by die Wes-Kaap Onderwysdepartement, oor slim klaskamers. Akteur en onderwyser, Ian van der Westhuizen, vertel van sy ervaring met die gebruik van tegnologie in 'n slim klaskamer. Dr. Marlena Kruger praat ook oor die sinvolle gebruik van tegnologie in die klaskamer.

Kompas 11 Julie 2022 11.07.2022

Athina Jansen gesels met sport-, akademiese- en kultuuruitblinkers.

Kompas 8 Julie 2022 08.07.2022

Hoekom besluit al hoe meer jongmense om oorsee te gaan werk? Watter werksgeleenthede is in die buiteland beskikbaar? Arehan Brand vind meer uit oor die werk van ‘n au pair in Europeuse lande. ‘n Woordvoerder van ‘n au pair-agentskap beantwoord sy vrae, en ‘n paar jongmense gesels oor hulle oorsese werkservaring.

Kompas 7 Julie 2022 07.07.2022

Hoe minder ons nou doen om klimaatsverandering aan te pak, hoe meer sal ons in die toekoms moet doen. Hoekom is klimaatsverandering ‘n probleem? Hoe kan jongmense die probleem aanpak?

Kompas 6 Julie 2022 06.07.2022

Arehan Brand gesels met Elzáhn Dorfling, ‘n lewens- en verhoudingsafrigter, oor hoe om tydsbestuur baas te raak. Hulle gee tegnieke wat vir oud en jonk kan werk, en kyk na steurnisse wat jou aandag kan aftrek en momentum kan breek. Kyle Vernon Hendricks, projekbestuurder van Youth Voices in Grabouw in die Wes-Kaap, vertel van hulle jeugberaad wat op Jeugdag plaasgevind het om aktiewe burgerskap on...

Kompas 5 Julie 2022 05.07.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Susan Hanekom oor die dienste wat EDULIS, die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se biblioteekdiens. bied. Hulle kyk ook na die belangrikheid van lees. Jongmense vertel of hulle elektroniese of regte boeke verkies. Hulle gesels ook oor hul gunsteling herinnering van die biblioteek, en vertel of hulle steeds die biblioteek gebruik.

Kompas 4 Julie 2022 04.07.2022

Athina Jansen gesels met sportiewe uitblinkers van Kakamas, Worcester en Mitchellsplain, en met ‘n dramauitblinker Tiffany Saterdaght van Outshoorn, wat onlangs aangekondig is as deel van die NATI jong sterre-mentorskapprogram vir 2022.

Kompas 1 Julie 2022 01.07.2022

Chrislynn Sias gesels met Ryan Daniels en Natasha Rooi, wat terugploeg in hulle gemeenskappe. Soms word ons so vasgevang in ons eie wêreld, dat ons nie dink aan iemand wat dalk honger gaan slaap of iemand wat ‘n drukkie nodig het nie. Of sommer net iemand wat hulp benodig om die een of ander aansoek te voltooi. Hierdie twee jongmense inspireer ons om meer te doen!

Kompas 30 Junie 2022 30.06.2022

Die modebedryf is een van die grootste bedrywe in die wêreld. Mart-Leen Oosthuizen vind uit modeontwerp as ‘n studie- en beroepsrigting behels.

Kompas 29 Junie 2022 29.06.2022

Arehan Brand vind meer uit van ‘n organisasie wat haweloses en werklose jongmense help. Hy gesels ook met die Top 10 finaliste van die Maak My ‘n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, en vind uit wanneer die wenner aangekondig word.

Kompas 28 Junie 2022 28.06.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Elzette Brown van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se e-leer-direktoraat, oor digitale hulpbronne. Aktrise Des-Lee McKenzie klets oor haar ervarings as onderwyseres, en die groot rol wat tegnologie in die klaskamer in Suid-Korea speel.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.