RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 5 September 2022 05.09.2022

Athina Jansen gesels met die 2023-hoofleiers van Wittedrift Hoërskool wat opgewonde is oor hulle verkiesing. ‘n Model van Pretoria, Lesley-Anne Holworthy, is ‘n rolmodel vir jongmense, en ‘n 19-jarige netbaluitblinker, Johandrie Peens, deel haar prestasies.

Kompas 2 September 2022 02.09.2022

Die medialandskap is konstant aan die verander, en selfs jongmense sukkel soms om by te bly. Twee jong joernaliste, Jody-Lynn Taylor en Clyde Adams, vertel hoekom jong stemme in dié bedryf so belangrik is, die belangrikheid om aan mense ‘n stem te gee, en wat hulle die meeste van hulle werk geniet.

Kompas 1 September 2022 01.09.2022

Wat behels die skoolvak, Inligtingstegnologie? Watter beroepe wat jy kan volg as jy rekenaarwetenskap studeer?

Kompas 31 Augustus 2022 31.08.2022

Arehan Brand gesels met Ignatia Pastor, ‘n Graad 11-leerder aan die Hoërskool Proteus in Atlantis, oor haar deelname aan Kaapstad se Junior Stadsraad (2022/2023), en die projekte waarby sy betrokke is. Johan Siljeur, die adjunkhoof van die Cloetesville Sekondêre Skool in Stellenbosch, gee raad oor hoe skoolaktiwiteite leerders kan help om hulle lewe te verander.

Kompas 30 Augustus 2022 30.08.2022

Colin Green en Johrita Hanekom, vakadviseurs vir Lewensoriëntering, bepreek belangrike aspekte wat leerders sal help met die voorbereiding vir die eksamen wat op 5 September geskryf word.

Kompas 29 Augustus 2022 29.08.2022

Ann-ne Venter, wenner van die ATKV Skoleredenaarskompetisie in die kategorie vir Afrikaans Huistaal Voorbereid Graad 10 – 12, vertel van dié prestasie en haar toekenning vir Beste Taalgebruiker. Jayden Steenkamp, een van die onder-18 SA Raakrugby-spanlede wat volgende jaar in Engeland aan die Jeug Wêreldbekertoernooi gaan deelneem, gesels rugby-dinge.

Kompas 26 Augustus 2022 26.08.2022

Wat het dit van jou geverg om jou drome na te jaag en passies uit te leef? Chrislynn Sias gesels met Adrian Mankopan en Keanu Harker oor hulle lewensreis en die struikelblokke wat hulle moes oorkom om te wees waar hulle vandag is.

Kompas 25 Augustus 2022 25.08.2022

Die kunste is belangrik in skole, en daarom vier baie skole dit met kunstefeese. Mart-Leen Oosthuizen kyk na twee hoёrskole wat onglangs hulle eie kunstefeeste aangebied het.

Kompas 24 Augustus 2022 24.08.2022

Arehan Brand gesels met Bradley Klein, ‘n joernalis, gemeenskapsleier, entrepreneur en motiveringspreker van Atlantis, oor jongmense se rol in leierskap, aktiewe burgerskap en verantwoordelikheid. Bradley gee ook raad oor hoe om jou eie geleenthede in die lewe te skep, veral in jou loopbaan.

Kompas 23 Augustus 2022 23.08.2022

Mar-li van der Merwe praat met John Ellis, onderwyskundige vir Siviele Tegnologie in die Wes-Kaap, oor hierdie vak. Hy gee wenke om leerders te help met die voorbereiding vir die eksamens. Dr. Wibke de Villiers, ‘n dosent in Siviele Ingenieurswese by Stellenbosch Universiteit, vertel wat hierdie beroep behels.

Kompas 22 Augustus 2022 22.08.2022

Arehan Brand gesels met Tiah Williams, ‘n sanger aan die Hoërskool Tygerberg, wat onlangs drie gouemedaljes by die Gemini-sangkompetisie gewen het. Daniël Vorster, ‘n Graad 11 leerder aan die Hoërskool DF Malan, het onlangs aan die Fiestalonia Milenio-kompetisie in Spanje deelgeneem. Hy vertel van sy ervaring daar, asook sy deelname en prestasies by die Talent Africa-kompetisie.

Kompas 19 Augustus 2022 19.08.2022

Clinton Morgenrood, ‘n sosiale media-bemarker en -entrepreneur, asook kosstileerder, vertel van sy werk. Alwyn Uys, wat in sy 20’s verskeie terugslae ervaar het, deel sy lewensverhaal. In weerwil van die lewe se harde houe en sy lewe in ‘n rolstoel, het hy al van Robbeneiland na Blouberg geswem en ook ‘n Ysterman voltooi.

Kompas 18 Augustus 2022 18.08.2022

Wat behels dit om ‘n fisioterapeet te wees en te word? Ons kyk ook na beroep en studierigtings in  komplementêre medisyne. Luister en vind uit of een van hierdie beroepe vir jou is.

Kompas 17 Augustus 2022 17.08.2022

Arehan Brand gesels met Franlen Coetzee, die uitstallingbeplanner en koördineerder by die Kaapse Loopbaan Uitstallersvereniging, oor loopbaan-uitstallings en die nut daarvan vir jongmense. ‘n Paar jongmense vertel ook van hulle loopbane.

Kompas 16 Augustus 2022 16.08.2022

Mar-li van der Merwe praat met Ronel Schoeman van die Weskaapse OnderwysdDepartement oor Rekenaartoepassingstegnologie. Sy verduidelik ook vir graad 12 leerders wat hulle in die voorbereidings- en nasionale eksamens kan verwag, en hoe hulle die vraestelle moet beantwoord.

Kompas 15 Augustus 2022 15.08.2022

Arehan Brand gesels met Mizelle Terre’Blanche, ‘n matrikulant aan die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom, wat aan die Dans Wêreldbeker deelgeneem het in San Sebastian, Spanje. Sy het die vuyfde plek behaal vir haar jazz-roetine. Jaco Jacobs, ‘n Graad 11 leerder aan die Hoërskool Outeniqua, het goud ontvang vir sy geoutomatiseerde inflasie- en drukreguleerder vir ontspannings- en professio...

Kompas 12 Augustus 2022 12.08.2022

Arno van Zijl, die Suid-Afrikaanse senior en junior o/74 kg stoeikampioen, vertel vir Arehan Brand van sy onlangse deelname aan die Statebondspele in Birmingham. Hulle klets ook die sport en Arno se deelname aan die Junior Wêreld Stoeikampioenskappe in Bulgarye later vanjaar.

Kompas 11 Augustus 2022 11.08.2022

Mart-Leen Oosthuizen vind uit wat dit alles verg om ‘n mediese dokter word.

Kompas 10 Augustus 2022 10.08.2022

Wat is al die verskillende na-skoolse onderwysinstansies waar Suid-Afrikaners verder kan studeer? Arehan Brand gesels met Trudi van Wyk, Direkteur vir Beroepsopleiding by die Departement Hoër Onderwys en Opleiding, oor die na-skoolse onderwyssektor, en vind ook meer uit oor die rol van TVET-Kolleges. Hulle bespreek kwessies soos swendelinstellings en deel gratis hulpbronne om jou te help om jou lo...

Kompas 9 Augustus 2022 09.08.2022

Mar-li van der Merwe praat met Kevin Malan, 'n senior onderwyskundige vir Meganiese Tegnologie in die Wes-Kaap, oor hierdie vak. Hy gee wenke om leerders te help met voorbereiding vir die eksamens. Dieter van Rooyen, ‘n meganiese ingenieur, vertel wat hierdie beroep behels.

Kompas 8 Augustus 2022 08.08.2022

Arehan Brand gesels met die wenners en uitblinkers van vanjaar se KKNK Dramaweb SA-kompetisie. Die kompetisie se stigter, Ira Blanckenberg, kuier saam, asook Danelle Jacobs, Ann-ne Venter, Mariska Esau, Marelee Ferreira en Luca Human – almal uitblinkers en wenners van die kompetisie.

Kompas 5 Augustus 2022 05.08.2022

Wat beteken Vrouedag vir jou? Twee jong onderwysers vertel wat die dag vir hulle beteken, hoe hulle dit gaan vier en wat vroue se vryheid vir hulle beteken.

Kompas 4 Augustus 2022 04.08.2022

Daar word al van kleins af vir kinders vertel hoe belangrik lees is, maar wat maak dit so belangrik? Skole en ouers moet anders oor lees dink, en hulle kinders op ander maniere motiveer om te lees. Digkuns deur jongmense - bestaan dit nog? Waaroor dig die jeug van vandag?

Kompas 3 Augustus 2022 03.08.2022

Hoe kry jy werk sonder dat jy vir ‘n lang periode werkloos is? Arehan Brand praat met Johann van Niekerk, die Afrika-spanbestuurder by ‘n finansiële konsultant, oor vaardigheidsontwikkeling. Hy vind ook uit hoe die nie-winsgewende organisasie, Harambee Youth Employment Accelerator, jong Suid-Afrikaners help om werk te kry.

Kompas 2 Augustus 2022 02.08.2022

Mar-li van der Merwe praat met Trevor Adams, senior onderwyskundige vir Elektriese Tegnologie in die Wes-Kaap, oor hierdie vak. Hy gee wenke om leerders te help met die voorbereiding vir die eksamens. Dr. Armand du Plessis, ‘n elektriese ingenieur, vertel wat hierdie beroep alles behels.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.