RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 10 Oktober 2022 10.10.2022

Arehan Brand gesels met Pieter Kirsten, vakadviseur vir Natuurwetenskap en Tegnologie by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, oor klaskamerbestuur. Hy verduidelik hoe om die onderwysproses in die klaskamer meer kreatief en aangenaam te maak vir leerders.

Kompas 7 Oktober 2022 07.10.2022

Arehan Brand gesels met Natasha Swart van Kathu in die Noord-Kaap oor haar studies in veeartsenykunde en diereversorging. Sanet Badenhorst gesels ook oor haar passie vir digkuns, skryf en kitaarspeel, en haar besluit om op 27 haar Wiskunde te verbeter.

Kompas 6 Oktober 2022 06.10.2022

Juandre Visser, ‘n graad 11-leerder,  presteer op alle vlakke – kultuur, sport en akademie. Hy is ook onderhoofseun vir 2023. Juandre gee wenke aan leerders om hulleself te motiveer vir die pylvak van die jaar. Hy gesels ook oor tydsbestuur, en hoe dit jou kan help om gemotiveerd te bly.

Kompas 5 Oktober 2022 05.10.2022

KRAGKAMP - Episode 4: Arehan Brand en Mar-li van der Merwe gee die tweede uitdaging aan die deelnemers – mode en stilering. Voormalige Mej. SA-finalis en Boer Soek ‘n Vrou-aanbieder, Marciel Hopkins, gee raad en terugvoer aan die deelnemers oor die uitdaging.

Kompas 4 Oktober 2022 04.10.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Glen Samaai, adjunkhoof-onderwyskundige vir Geografie in die Wes-Kaap en skrywer van Graad 10-12 handboeke, om leerders goed toe te rus met die nodige inligting en vaardighede ter voorbereiding van die eksamen. Hortoloog en grondkundige Enzo Jansen vertel wat sy beroep behels.

Kompas 3 Oktober 2022 03.10.2022

Arehan Brand gesels met Ismail Taladia van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, wat werksaam met die vakke, Lewensoriëntering en Lewensvaardighede. Hy deel wenke oor die praktyk van selfgereguleerde en gemengde leer, en hoe leerders dit tot hulle voordeel kan benut vir eksamenvoorbereiding.

Kompas 30 September 2022 30.09.2022

Candice Baron deel haar gesondheidsreis met servikale kanker, en Glenda Tutt vertel van die gebruik van menstruaiebekers.

Kompas 29 September 2022 29.09.2022

Top Dogs is ‘n landswye nie-winsgewende organisasie wat honde oplei om terapiehonde te wees. Hulle gebruik die honde in hospitale, ouetehuise en kinderhuise, en selfs universiteite om die studente se stresvlakke te verlaag.

Kompas 28 September 2022 28.09.2022

KRAGKAMP - Episode 3: Arehan Brand en Mar-li van der Merwe gee die eerste uitdaging aan die deelnemers. Die bekende Suidooster-akteur en sosiale media boffin, Dean John Smith, gee raad oor selfbemarking, en assesseer ook elke deelnemer se vordering. Wie sal die mas opkom, en wie gaan faal?

Kompas 27 September 2022 27.09.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Keenan Moses, vakadviseur vir Rekeningkunde in die Wes-Kaap, oor wat Matrieks kan verwag in die eksamen. Lohandi Whitmore, ‘n geoktrooieerde rekenmeester, vertel wat haar beroep behels.

Kompas 26 September 2022 26.09.2022

Arehan Brand gesels met drie leerders aan die Hoërskool Durbanville wat onlangs vir die eerste keer die Suidstreek Afriforum se Dink of Sink-debatskompetisie gewen het. Anne-ne Venter, Megan Lourens en Jacobus Smuts vertel van hierdie prestasie, en die landsfinaal wat voorlê in Oktober.

Kompas 23 September 2022 23.09.2022

September is bewusmakingsmaak oor polisistiese ovariale sindroom. Marlise September, ‘n neonatale verpleegster, vertel van die siekte en deel haar eie reis met endometriose. Ivor Swartz, ‘n motiveringsspreker en televisieaanbieder, praat oor geestesgesondheid, veral depressie onder mans.

Kompas 22 September 2022 22.09.2022

TikTok is die gewildste sosiale mediaplatvorm onder jongmense. Mart-Leen Oosthuizen gesels met Jezelle Catherine, ‘n Suid-Afrikaanse TikTok-ster wat 7,5 miljoen volgers het. Hoe is die lewe van ‘n TikTok-ster?

Kompas 21 September 2022 21.09.2022

Episode 2 van RSG se tiener-realiteitsreeks, KRAGKAMP. Arehan Brand & Mar-li van der Merwe stel jou aan die volgende groep deelnemers bekend wat hul vaardighede en kragte wil slyp. Is die volgende tienerheld in hierdie groep? Hulle is Lisa Maree (14) van die Hoërskool Outeniqua, Solakha Noyi (15) aan die Hoërskool Wittedrift in Plettenbergbaai, Jody Lackay (15) aan die Hoërskool Wellington, en Lua...

Kompas 20 September 2022 20.09.2022

Athina Jansen gesels met Wendy Solomons, Toerisme-vakadviseur in die Wes-Kaap, oor wat Matrieks kan verwag in die eindeksamen.

Kompas 19 September 2022 19.09.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Mathilda Botha, die senior-kurrikulumbeplanner vir Kodering en Robotika in die grondslagfase in die Wes-Kaap, oor hoe om rekenaargeletterdheid by jong leerders te ontwikkel.

Kompas 16 September 2022 16.09.2022

Is jou liggaam gereed vir die somer? Die warm seisoen is vinnig besig om ons te bekruip, en nou is die perfekte tyd om jou kop, liggaam en kas skoon te kry! Hoeveel oefening is genoeg, en hoe neem ‘n mens volhoubare gesonde eetgewoontes aan?

Kompas 15 September 2022 15.09.2022

Roman is ‘n jong onderwyser wat vyf jaar lank in China skoolgehou het om studielenings af te betaal. WHy vertel van sy avonture daar.

Kompas 14 September 2022 14.09.2022

RSG se nuwe tienerrealiteitsreeks, KRAGKAMP, skop af! Ontmoet die eerste vier deelnemers wat aan hierdie baanbrekerreeks gaan deelneem: Claudia Stipp (17) van Hoërskool Jan van Riebeeck, Carla van Schalwyk (15) van Hoërskool Stellenbosch, Jaco Venter (15) van Hoërskool Durbanville, en Melri Nel (17) van Pionier Skool vir Blindes.

Kompas 13 September 2022 13.09.2022

Mar-li van der Merwe praat met Patrick Julius, senior onderwyskundige en hoofnasiener vir Ingenieursgrafika en ontwerp in die Wes-Kaap, oor hierdie vak. Hy gee wenke om leerders te help met die voorbereiding vir die eksamen. Argitek Christiaan van der Spuy vertel wat sy beroep behels.

Kompas 12 September 2022 12.09.2022

Athina Jansen gesels met hokkie-uitblinkers van Bloemfontein en musiekkunstenaar Jodi Jantjies. ‘n Jong akteur van Johannesburg, Liam Bosman, gee raad en wenke aan jong opkomende akteurs.

Kompas 9 September 2022 09.09.2022

Digkuns is om te skilder met woorde. Almal het al probeer gedigte skryf, hetsy dit die oulike gediggie is wat jy vir jou laerskoolonnie moes skryf, of toe jy ouer word en diep geheime in gedigte verklap het. Twee digters, Quinton Stuurman en Suné Damons, vertel van hulle eerste liefde,  woorde, en wat hulle skryfproses behels.

Kompas 8 September 2022 08.09.2022

(N)YDO is ‘n gemeenskapsorganisasie in Eersterust, Pretoria. Hulle fokus op die jeug, en werk nou saam met die Departement van Korrektiewe Dienste om jong misdadigers deur ‘n program te rehabiliteer en gereed te maak om terug te keer na hulle families en gemeenskappe. Die benadering is holisties, waar ouers en skole in die omgewing betrek word om die probleem van jeugmisdaad te bekamp. Terrance Ap...

Kompas 7 September 2022 07.09.2022

Arehan Brand gesels met Christian Harmse, jeugmentor, gemeenskapswerker en motiveringspreker, oor tweede geleenthede vir jong misdadigers wat vervolg is en in jeugaanhoudingsentrums aangehou word. Hulle bespreek die faktore wat aanleiding daartoe gee dat jongmense die wet oortree, en dat dit nooit te laat is om jou lewe om te keer nie.

Kompas 6 September 2022 06.09.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Johan Moolman, 'n Landboutegnologie-onderwyser by Hoër Landbouskool Boland. Hy bespreek ‘n paar belangrike aspekte wat leerders sal help met hulle voorbereiding vir assesserings en die eindeksamen. Willie Nutt vertel ook wat dit behels om te boer.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.