RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 14 November 2022 14.11.2022

Athina Jansen gesels met die hoofleier van Hoërskool Albertina vir 2023, Leigh-Hende Eksteen, en met ‘n kultuur-uitblinker van Vredendal Sekondêre Skool, Eswin de Wee, oor hulle prestasies. ‘n Tweedejaarstudent van Universiteit Stellenbosch, Anouk Cronje, het raad vir leerders wat aanstaande jaar wil studeer.

Kompas 11 November 2022 11.11.2022

Waar woorde faal, praat musiek. Ernusta Maralack, Kuier se artikelredakteur, gesels oor die komende Musiekindaba, en hoe opkomende jong kunstenaars hierby baat kan vind. die Kaapse musikant, Fagrie Isaacs, gooi ‘n musikale draai, en bring hulde aan die ikoniese Luther Vandross.

Kompas 10 November 2022 10.11.2022

Trudi van Wyk doen hersiening van Musiek Vraestel 1, wat handel oor teorie en geskiedenis.

Kompas 9 November 2022 09.11.2022

KRAGKAMP - Episode 9:  Die laaste paar deelnemers sleep vlerk en werk hard om vir Armand Aucamp, hulle beoordeelaar, te vlei met hul pick-up lines en date idees. Arehan Brand en Mar-li van der Merwe loer ook by die deelnemers in om uit te vind of hulle al groei getoon het oor die laaste paar weke, en of die vaardighede wat hulle leer, hulle help in hulle alledaagse lewe.

Kompas 8 November 2022 08.11.2022

Marius Diergaardt, die senior kurrikulumbeplanner vir Fisiese Wetenskappe in die Wes-Kaap, bespreek noodsaaklike aspekte, wat matrieks sal help met die voorbereiding vir die twee vraestelle.

Kompas 7 November 2022 07.11.2022

Athina Jansen gesels met Valsbaai Primêr se skaakuitblinkers, ‘n dramaster van Hoërskool Okiep, en ‘n leerderleier van Worcester Sekondêr.

Kompas 4 November 2022 04.11.2022

Chrislynn Sias gesels met twee akteurs wat by die Woordfees genomineer is vir hulle produksies en spel - Ashley De Lange en Sean Van Noordwyk.

Kompas 3 November 2022 03.11.2022

Magriet Botha, Visuele Kunste-onderwyser by Jan Viljoen, doen hersiening van die vak se inhoud.

Kompas 2 November 2022 02.11.2022

KRAGKAMP - Episode 8: Die deelnemers kry hulle vierde uitdaging: liefde en ‘n liefdesafspraak met ‘n begroting. Arehan Brand, Mar-li van der Merwe en die deelenemers kry ook liefdesraad by Armand Aucamp, akteur en die stigter van Koer, die eerste Afrikaanse dating toep. Armand is ook die beoordeelaar vir hierdie uitdaging.

Kompas 1 November 2022 01.11.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Anita Ockhuis, 'n wiskunde-onderwyser by Proteahoogte Akademie, oor wat matrieks in die tweede vraestel kan verwag.

Kompas 31 Oktober 2022 31.10.2022

Albertha van der Merwe, senior kurrikulumbeplanner vir Afrikaans Huistaal in die grondslagfase by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, vertel hoe ouers, voogde en onderwysers, leerders in die grondslagfase se leesvermoë kan ontwikkel en verbeter.

Kompas 28 Oktober 2022 28.10.2022

Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is kommerwekkend. Chrislynn Sias gesels met Lika Berning, medestigter van iKasi Creative, ‘n nie-winsgewende organisasie, oor hoe ons dit kan verminder en die jeug kan bemagtig. Ons eie Athina Jansen vertel hoekom ‘n mens hard moet werk, want haar harde werk werp immers vrugte af!

Kompas 27 Oktober 2022 27.10.2022

Hardus Greyling gesels oor sy beroep as fisikus en bestuurder van navorsing by die WNNR. Hy gee raad vir jongmense en vertel ook hoe 3D-drukwerk ‘n positiewe impak het op die omgewing.

Kompas 26 Oktober 2022 26.10.2022

KRAGKAMP - Episode 7: Die laaste paar deelnemers kook die resep wat deur beoordelaar Martelize Brink gedeel word. Arehan Brand en Mar-li van der Merwe loer ook by Martelize in om te hoor hoe die deelnemers gevaar het. Die die deelnemers vertel wie hulle grootste teenstanders is.

Kompas 25 Oktober 2022 25.10.2022

Arehan Brand gesels met Suzette van Niekerk, vakadviseur vir Afrikaans Huistaal vir Graad 10 – 12 in die Eden en Sentraal-Karoo Onderwysdistrik. Hulle bespreek die drie eindeksamen-vraestelle.

Kompas 24 Oktober 2022 24.10.2022

Arehan Brand gesels met Clemizia Cupido, ‘n Ekonomie-vakadviseur in die Eden Sentraal en Karoo Onderwysdistrik, oor die twee eindeksamen-vraestelle. Hulle bespreek die uitleg van die vraestelle en die slaggate om te vermy.

Kompas 21 Oktober 2022 21.10.2022

Chrislynn Sias gesels met Angus Solly, ‘n Tuks-student wat in sy vryetyd ‘n waaghals-dubbel is in die TV-reeks, Diepe Waters. Rocco Meiring, ‘n swemafrigter gee raad oor swem, en maak seker ons is reg vir die swemseisoen.

Kompas 20 Oktober 2022 20.10.2022

Dans speel ‘n belangrike rol in baie kulture. Dit bring mense saam, en daarom fokus ons op dans as 'n loopbaan. Dirk Badenhorst gesels oor sy baletgeselskap. 'n Danser vertel ook van moderne dans en verduidelik wat dit behels om dansklasse aan te bied.

Kompas 19 Oktober 2022 19.10.2022

KRAGKAMP - Episode 6: Die deelnemers begin met die derde uitdaging, kook en kombuisetiket. Arehan Brand en Mar-li van der Merwe kry ‘n resep by RSG se Martelize Brink, en sy deel ook wenke om te verseker dat jy skoon en netjies in die kombuis werk.

Kompas 18 Oktober 2022 18.10.2022

Arehan Brand gesels met André Louw, ‘n geskiedenis-vakadviseur by die Kaapse Wynland Onderwysdistrik, oor die inhoud van vraestelle, hoe om die opstel- en brongebaseerde vrae te beantwoord, en die algemene foute wat leerders soms maak.

Kompas 17 Oktober 2022 17.10.2022

Arehan Brand gesels met Lynn Kruger, ‘n Godsdiensstudie-onderwyser aan die Hoërskool Elswood, en Ethan Carolus van Hoërskool Bishop Lavis, oor hierdie vak se twee eindeksamenvraestelle. Hulle bespreek belangrike konsepte, temas en inhoud.

Kompas 14 Oktober 2022 14.10.2022

Oktober is Borskanker-bewusmakingmaand. Chrislynn Sias gesels met Debbie Gebhardt oor hulle niewinsgewende organisasie, Check Now, Prevent, en die innoverende manier om jou te herinner om jou borste te ondersoek. Rodney Goliath, beter bekend as Rotas the Rapper, gooi weer ‘n rymkletsdraai om te vertel van sy nuwe mixtape.

Kompas 13 Oktober 2022 13.10.2022

Craig besit sy eie haarsalon aan die Wesrand. Hy vertel hoe wonderlik sy werk is, en motiveer jongmense om hard te werk. Hy gesels oor hoe hy sy besigheid en gesinslewe balanseer.

Kompas 12 Oktober 2022 12.10.2022

KRAGKAMP - Episode 5: Die deelnemers vertel hoe hulle voel noudat hulle weet dat daar punte op die spel is met elke uitdaging. Arehan Brand en Mar-li van der Merwe vind uit of enigiemand al strategies begin beplan, en die laaste vier deelnemers se mode-en-stileringsuitrustings word deur Marciel Hopkins bepunt.

Kompas 11 Oktober 2022 11.10.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Alexa van Wyk, vakadviseur vir Wiskundige Geletterdheid in die Wes-Kaap, oor belangrike aspekte wat matrieks sal help met hulle voorbereiding vir die eindeksamen.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.