RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 19 Desember 2022 19.12.2022

Arehan Brand gesels met Ruchelle Botha, ‘n WP Aksie Netbal-speler,  oor haar passie vir dié sportsoort. Sy deel ook fiksblywenke vir die feesseisoen om die kersete en vakansiekos weg te brand.

Kompas 16 Desember 2022 16.12.2022

Wêreldwyd het 27% van vroue en meisies van 15 en ouer óf fisiese óf seksuele mishandeling ervaar, maar in Suid-Afrika is die syfer 'n verbysterende een-derde of selfs 50%. Chrislynn Sias praat met Enrico Hartzenberg en Gershwin Mias oor hoe geslagsgebaseerde geweld aanleiding gegee het tot die teaterproduksie, Vloeibare Moed.

Kompas 15 Desember 2022 15.12.2022

As jy dit moeilik vind om vir mense kersgeskenke te koop, sal hierdie werkswinkel jou leer om kreatiewe naamkaartjies en ander kaartjies te maak om jou geliefde spesiaal te laat voel, sonder dat dit ‘n arm en ‘n been kos. Wees kreatief hierdie kersseisoen en maak jou eie kersgeskenke. Ilze de Villiers lei die werkswinkel, en verduidelik hoe om verskeie maklike kersgeskenke te maak.

Kompas 14 Desember 2022 14.12.2022

KRAGKAMP - Episode 14: Die tonge klap wanneer die res van die deelnemers verder debatteer. Dr. Elbie Adendorff, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch en beoordeelaar vir hierdie uitdaging, gee terugvoer.

Kompas 13 Desember 2022 13.12.2022

Neville Goliath, die Wes-Kaapse Programbestuurder van die Positiewe Gedragsprogram, vertel vir Mar-li van der Merwe van die program en hoe die onderwysdepartement skole wil skep wat omgee.

Kompas 12 Desember 2022 12.12.2022

Arehan Brand gesels met Ophola Mente, ‘n matrikulant aan die Hoërskool George Randell in Oos-London, wat onlangs die wenner van die Vroue in Fisika in Suid-Afrika Hoërskole-kompetisie was. Hulle gesels oor vroue se rol in dié en die STEM-velde.

Kompas 9 Desember 2022 09.12.2022

Hoe kan 'n mens stylvol lyk met minimale moeite, én met 'n klein begroting? Watter vyf items móét jy in jou kas hê? Kelly-lee Ohlson en Eileen Hamer, twee modekenners, vrbreed ons kennis en kry ons reg vir die somer!

Kompas 8 Desember 2022 08.12.2022

Die Johannesburg Modeweek het vanjaar sy 15e verjaarsdag gevier. Een van die organiseerders, Janet Potgieter, vertel wat vanjaar se geleentheid so spesiaal maak. Sy gesels ook oor modelle, modelskole, hoe modelle vir die modeweek gekies word, en hoe tegnologie, veral selfone, die modebedryf verander.

Kompas 7 Desember 2022 07.12.2022

KRAGKAMP - Episode 13: Die deelnemers praat steeds ‘n hond uit ‘n bos, wanneer hulle verder debatteer. Dr. Elbie Adendorff van die Universiteit Stellenbosch en beoordeelaar vir hierdie uitdaging, gee terugvoer.

Kompas 6 Desember 2022 06.12.2022

Vroteier, Blindemol en Slangetjies en Leertjies is van kinders se gunsteling vakansiespeletjies wat ook wiskundige denke stimuleer. Engela Claassen,‘n vakadviseur by die Kaapse Wynland Onderwysdepartement, gee raad aan ouers oor wat hulle kan doen om hulle kinders se Wiskunde tydens die skoolvakansie te versterk.

Kompas 5 Desember 2022 05.12.2022

Arehan Brand gesels met Miché van Wyk, ‘n dramastudent aan die Universiteit Stellenbosch wat onlangs haar eie produksie, Is Als Orraait in die Huis van die Here, op die planke gebring het. Miché vertel wat dit vir haar  beteken om haar lewenslange droom te verwesenlik.

Kompas 2 Desember 2022 02.12.2022

Ons gesels oor dans in al sy vorme. Chrislynn Sias praat met Ingrid Beets, stigter van die Ingrid Beets School of Dance. ‘n Danser, Gillian Jacobs Dirks, gesels oor haar liefde vir dans.

Kompas 1 Desember 2022 01.12.2022

Die BRICS Somerskool gee die geleentheid aan 50 jong leiers van BRICS-lande om 'n reeks werkswinkels en lesings by te woon, wat fokus op die ekonomie, politiek, kultuur en die ontwikkeling van BRICS. Die skool word aangebied in samewerking met die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap en die Durbanse Universiteit van Tegnologie. Reon van der Merwe en ander deelnemers gesels oor hoe hierdie initiati...

Kompas 30 November 2022 30.11.2022

KRAGKAMP - Episode 12: Die die deelnemers skop af met hulle sesde uitdaging, Debat en Kritiese Denke!. Dr. Elbie Adendorff van die Universiteit Stellenbosch is die kenner en beoordelaar. Sy deel wenke oor hierdie vaardigheid. Die deelnemers voer ook debatte oor verskeie interessante onderwerpe.

Kompas 29 November 2022 29.11.2022

Allison Landsberg, 'n vakadviseur vir Verbruikerstudies, gee raad en wenke vir die voorbereiding vir die eindeksamen.

Kompas 28 November 2022 28.11.2022

Athina Jansen gesels met leerders van die Wes- en Noord-Kaap tot Gauteng wat is uitblinkers is in musiek, drama en in leierskap. Sy vind ook meer uit oor Strings Academy, ‘n musiekskool waar leerders ‘n instrument kan leer speel.

Kompas 25 November 2022 25.11.2022

Movember is 'n jaarlikse geleentheid wat die groei van snorre behels om bewusmaking te skep van mans se gesondheidskwessies, soos prostaatkanker, testikulêre kanker en die voorkoming van selfdood. Dr. Gerald Maarman en Moenier Hendricks praat oor Movember.

Kompas 24 November 2022 24.11.2022

Marintha Labuschange doen hersiening van Drama. Sy praat oor die uitleg van die vraestel, en waarop leerders moet fokus in hulle voorbereiding.

Kompas 23 November 2022 23.11.2022

KRAGKAMP - Episode 11: Die laaste paar deelnemers voltooi hulle effektiewe tydsbestuur-uitdaging. Eloise Cupido, die beoordeelaar vir hierdie uitdaging, deel haar insig, gee raad en punte. Twee van die deelnemers  het drooggemaak met hierdie uitdaging... Wat het verkeerd geloop? Arehan Brand en Mar-li van der Merwe vind uit.

Kompas 22 November 2022 22.11.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Rhozane Dreyer-Albanie, vakadviseur vir Besigheidstudies in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik, oor die uitdagings wat matrieks ondervind asook wanopvattings en algemene foute wat kandidate in vraestel 1 maak.

Kompas 21 November 2022 21.11.2022

Arehan Brand gesels met Matthew Blaauw, Larissa Kamstra, Mia Ludick en Dané Schönborn, die wenners van die Maak My ‘n Miljoenêr – Entrepreneur van die Jaar kompetisie. Albert van Wyk, die stigter van die kompetisie, vertel van die verskillende rondes en of die kompetisie weer sal plaasvind.

Kompas 18 November 2022 18.11.2022

Om jou eie besigheid te begin is nie ‘n katjie wat jy sonder handskoene wil aanpak nie. Lee-Anne Maart vertel van haar besigheid, Craze Zone. Jolene Hollenbach, ’n vroedvrou, praat oor haar werk en passie vir vroue en hulle gesondheid.

Kompas 17 November 2022 17.11.2022

Trudi van Wyk doen hersiening met musiekleerders oor Vraestel 2, die luister-vraestel.

Kompas 16 November 2022 16.11.2022

KRAGKAMP - Episode 10: Die deelnemers moet hulle dag haarfyn beplan, want die fokus is op effektiewe tydsbestuur. RSG se Eloise Cupido is die kenner en beoordeelaar vir hierdie vaardigheid, en sy deel ook wenke oor hoe om jou tyd verantwoordelik te beplan.

Kompas 15 November 2022 15.11.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Jean Goliath, adjunkhoof-onderwyskundige vir Lewenswetenskappe in die Wes-Kaap, oor belangrike aspekte wat leerders kan help in hulle voorbereiding vir die eindeksamen.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.