RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 24 Januarie 2023 24.01.2023

Fisioterapeut Nicol Vermeulen praat oor die voordele wat oefening inhou, en vertel hoe ons die nuwe jaar op ‘n gesonde voet kan begin.

Kompas 23 Januarie 2023 23.01.2023

Opvoedkundige spesialis Elisna Kelly vertel hoe leerders die nuwe akademiese jaar kan aanpak.

Kompas 20 Januarie 2023 20.01.2023

Het jy enige nuwejaarsvoornemens? Hou jy nog daarby? Of glo jy nie dat dit werk nie? ‘n Nuwe jaar hou tog iets anders in as die draai van ‘n seisoen. Dit is ‘n tyd waar ‘n mens besin oor jou gedrag en menswees. Jy besluit wat werk vir jou en wat nie. ‘n Skoon blaadjie. Hoe kan ‘n mens praktiese voornemens of doelstellings maak wat doenbaar is? Maryke Groenewald, ‘n lewensafrigter, vertel hoe jy di...

Kompas 19 Januarie 2023 19.01.2023

Werkloosheid onder jongmense is 'n groot probleem in Suid-Afrika. Aney Vermaas het haar eie besigheid begin, en gee raad vir jongmense oor hoe om dieselfde te doen. Sy gesels oor die belonings en struikelblokke van entrepreneurskap.

Kompas 18 Januarie 2023 18.01.2023

KRAGKAMP – Episode 17: Arehan Brand en Mar-li van der Merwe vind by die oorblywende ses deelnemers uit hoe die week se aandetes lyk, en of hulle onder die R2 000-begroting kon bly.

Kompas 17 Januarie 2023 17.01.2023

Geregistreerde dieetkundige Aleché Barnard praat oor die belangrikheid van voedsel vir breinkrag, ontwikkeling, gemoedstoestand en algemene gesondheid.

Kompas 16 Januarie 2023 16.01.2023

Arehan Brand gesels met liedjieskrywer en sangeres, Jodi Jantjies, oor die liedjie, Erika Way, wat sy saam met Spoegwolf uitgereik het. Sy vertel ook van haar spraakprobleem, en hoe sy, inm weerwil daarvan, steeds sukses behaal.

Kompas 13 Januarie 2023 13.01.2023

Of jy gewig wil verloor, jou gewig konstant wil hou of net meer gesond wil leef - kenners is dit eens dat ‘n dieet meer belangrik is as oefening. Oefening is egter noodsaaklik. Hanlie Jordaan, ‘n dieetkundige, en Olivia Losper, ‘n persoonlike afrigter, gee wenke oor wat ons by ons dieet kan voeg en wat ons tuis kan doen om meer fiks te wees.

Kompas 12 Januarie 2023 12.01.2023

Bianca van Heerden, ‘n berader by laer- en hoërskole, gee raad oor hoe om die nuwe skooljaar en al sy uitdagings aan te pak. Sy fokus op fisiese en emosionele voorbereiding, hoe jy selfvertroue kan bou om nuwe vriende te maak, en hoe jy onbekende omgewings vir jouself gemaklik kan maak.

Kompas 11 Januarie 2023 11.01.2023

KRAGKAMP - Episode 16: Arehan Brand en Mar-li van der Merwe loer by die deelnemers in ná ‘n ruskans van drie weke. Die volgende uitdaging word bekendgemaak: Begrotings en Beplanning. Ekonoom Dawie Roodt is die kenner en beoordeelaar. Hy deel ook ‘n paar begrotingswenke.

Kompas 10 Januarie 2023 10.01.2023

Watter impak het eksamenuitslae op matrikulante? Wat kan matrikulante doen wat negatiewe uitslae wil verbeter? Opvoedkundige spesialis Elisna Kelly gee raad oor hoe om die uitwerking van die uitslae op matrikulant se lewe te bestuur.

Kompas 9 Januarie 2023 09.01.2023

Arehan Brand gesels met JJ van Niekerk, die ATKV se Dramaprojek-organiseerder, oor die 2023 toneel- en drama-aanbod. Hy gesels ook met die wenners van 2022 se TienerToneel-, DigiToneel en Tjokkertoneel-kompetisies.

Kompas 6 Januarie 2023 06.01.2023

Watter lesse het jy in 2022 geleer, en waarna sien jy uit in 2023?

Kompas 5 Januarie 2023 05.01.2023

Wat behels die binneshuise-ontwerp as ‘n beroep? Michaela Koen gesels oor haar beroep en hoe om daarvoor te studeer. Sy gee ook wenke aan studente en leerders oor hoe om hulle kamers mooi en modern te laat lyk vir min geld.

Kompas 4 Januarie 2023 04.01.2023

Arehan Brand gesels met Lo-André Strümpher, ‘n jong onderwyser wat direk nadat hy in 2012 gematrikuleer het, onderwys gaan studeer het. Hy vertel hoe hy hierdie besluit gemaak het, en hoe dit daartoe gelei het dat hy in Engeland skool gee. ‘n Paar van 2022 se matrikulante vertel van hulle na-skoolse planne vir 2023.

Kompas 3 Januarie 2023 03.01.2023

Arehan Brand gesels met ‘n paar van 2022 se matrikulante oor hoe hulle laaste jaar op skool was. Neal van die Hoërskool Durbanville, Lerandi van die Hoërskool Dirkie Uys, asook Reagan en Mieke van die Hoërskool DF Malan kuier saam, en vertel ook wat vir hulle voorlê in die lewe na skool.

Kompas 2 Januarie 2023 02.01.2023

Arehan Brand klets met die sosiale mediasensasie, aktrise, skrywer, digter en aktivis van die Paarl, Veronique Jephtas. Hulle lag en grap saam, maar gesels ook meer ernstig, sonder om hulleself te ernstig op te neem!

Kompas 29 Desember 2022 29.12.2022

Elize Greyling doen ongelooflike werk as onderwyseres en motiveerder vir sowel die leerders waarmee sy in aanraking kom as die onderwysers wat saam met haar werk. Sy is ‘n onderwyseres vir leerders met gehoorverlies. Sy vertel van haar werk, die boek wat sy geskryf het, en die skool se interaktiewe tuin om die kurrikulum vir hierdie leerders interessant te maak.

Kompas 28 Desember 2022 28.12.2022

Arehan Brand ondersoek die lewe ná matriek, en die keuses van jongmense om hulle professionele lewe te bevorder. Hy gesels met Antonette le Roux wat in 2012 gematrikuleer het, en dadelik ná skool begin werk het. Wiehann van Niekerk wat in 2015 gematrikuleer het, en ‘n jaar se breuk geneem het van werk en studies, praat oor sy keuse.

Kompas 27 Desember 2022 27.12.2022

Mar-li van der Merwe gesels met Juan Glover, 'n gevorderde lewensreddingsparamedikus. Hy gee raadoor hoe om ongelukke te vermy, en verduidelik wat om in sekere mediese noodgevalle te doen.

Kompas 26 Desember 2022 26.12.2022

Arehan Brand gesels met 'n paar van 2022 se top jong uitblinkers en kyk terug na die hoogtes wat hulle vanjaar bereik het.

Kompas 23 Desember 2022 23.12.2022

Theodore Jantjies vertel van die produksie, Platform 9 Homecoming, Kersfees en die nostalgie daarvan. 'n Paar bekendes deel hulle seënwense en Kersplanne.

Kompas 22 Desember 2022 22.12.2022

Lenka van Dyk werk op ‘n skip, en het al in die buiteland ge aupair. Sy gee wenke oor hoe om goedkoop te reis, en vertel van haar  ondervindings as ‘n jong toeris.

Kompas 21 Desember 2022 21.12.2022

KRAGKAMP - Episode 5: Die laaste twee deelnemers kry die geleentheid om hulle debatte te voer oor gratis tablette en skootrekenaars vir huiswerk, én of ouers toegelaat moet word om hulle kinders se bewegings via hul selfone te monitor. Die punteleer word ook opgedateer, en ‘n belangrike aankondiging word gemaak.

Kompas 20 Desember 2022 20.12.2022

Dawid Mocke, 'n voormalige wêreldkampioen in seeroei en oudlid van die Nasionale Lewensreddingspan, gesels oor veiligheid in en om die water.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.