RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 28 Februarie 2023 28.02.2023 25:08
Dr. Erna Gerryts, 'n opvoedkundige sielkundige verbonde aan Universiteit Stellenbosch, vertel wat beroepsvoorligting en psigometriese toetse is, hoe om ‘n ingeligte beroepskeuse te maak, en watter stappe om te volg om drome te verwesenlik wanneer ‘n loopbaanrigting gekies word.
Kompas 27 Februarie 2023 27.02.2023 25:24
Net soos ‘n sonneblom het vanaand se uitblinker die vermoë om jou dag op te helder met haar borrelende geaardheid. Ons uitblinker is niemand anders as Athina Jansen nie! Sy gesels oor haar toekomsplanne en deel van haar opwindende ervarings van die afgelope twee jaar in die musiek- en toneelbedryf.
Kompas 24 Februarie 2023 24.02.2023 26:50
’n Gesonde verhouding met geld is baie belangrik. Jaylee Gertse vertel hoe sy rande rek, en Neil Van der Walt van DebtSafe praat oor die belangrikheid van ‘n begroting en jou krediettelling.
Kompas 23 Februarie 2023 23.02.2023 25:31
Marlè Penz is besig met studies om 'n vlieënier te word. Sy vertel wat dit behels en hoe jy 'n vlieglisensie kan bekom.
Kompas 22 Februarie 2023 22.02.2023 20:19
Watter uitdagings staan tussen jou en jou loopbaandoelwitte? Hoe oorkom jy daardie uitdagings? Arehan Brand gesels met Clirissa Olivier, ’n werwingsagent, oor die verskillende uitdagings wat loopbaandoelwitte belemmer en uitdaag.
Kompas 21 Februarie 2023 21.02.2023 23:44
Matrikulante Merwe de Vries van Hoërskool Stellenberg en Cristen Koegelenberg van Bloemhof, deel hulle wenke om moeilike uitdagings en situasies te hanteer.
Kompas 20 Februarie 2023 20.02.2023 22:46
Athina Jansen gesels met sportuitblinkers van New Orleans Sekondêr en Hoërskool Brackenfell. Sy praat ook met die jong akteur, Jacques de Bruin, oor sy rol in die sepie, Arendsvlei.
Kompas 17 Februarie 2023 17.02.2023 26:01
Jongmense op die platteland het min tot geen geriewe om hulle besig te hou. Freek Oerson, ‘n taalonderwyser van Swellendam, vertel hoe hy ‘n teater in sy gemeenskap op die been gebring het. Een van die teater se beste produkte, Ayden October, gesels oor sy suksesse.
Kompas 16 Febuarie 2023 16.02.2023 27:47
Mart-Leen Oosthuizen gesels met Bianca van Heerden oor verhoudings op hoërskool. Sy vertel hoe jy jou verjouding op 'n gesonde voet kan begin, die gevaartekens in jong verhoudings, en hoe jy kan keer dat jong liefde jou lewe oorneem.
Kompas 15 Februarie 2023 15.02.2023 22:36
Arehan Brand gesels met Elizbeth Matthee van Nuhorizon, ‘n keuringsagentskap vir jong mense wat by Amerikaane karnavalle wil werk. ‘n Paar leerders van Hoërskool Brandwag in Uitenhage kuier ook saam.
Kompas 14 Februarie 2023 14.02.2023 18:28
Mar-li van der Merwe gesels met matriek-toppresteerders Dade Jason van Hoërskool Tygerberg en Adrienne Murray van die Pionier Skool vir Blindes oor hulle resep vir akademiese sukses.
Kompas 13 Februarie 2023 13.02.2023 27:31
Arehan Brand gesels met leerders van die Hoërskool Brandwag in Kariega (voorheen Uitenhage) oor hulle prestasies. Modelle, ‘n speller en meisies wat geslagstereotipes in ‘n ongewone sport breek, is in die kollig.
Kompas 10 Februarie 2023 10.02.2023 19:03
Nie almal beplan om ná skool te gaan studeer nie. Baie mense oorweeg dit om by die polisie of weermag aan te sluit. Edwina Maarman is 'n polisiebeampte en Andrea Constable is werksaam by die Suid-Afrikaanse Vloot. Hulle gesels oor hulle beroepe.
Kompas 9 Febuarie 2023 09.02.2023 18:51
Ons leer jou om kreatiewe en goedkoop geskenke te maak om jou geliefdes spesiaal te laat voel, sonder dat dit ‘n arm en ‘n been kos.
Kompas 8 Februarie 2023 08.02.2023 27:12
Die eerste paar weke van die akademiese jaar is dikwels deurmekaar vir leerders. Atletiekoefeninge tydens skooltyd, bloedige hitte wat almal moet trotseer, en dan is hulle aandag ook nog by die vakansie... Arehan Brand gee raad oor wat om te doen in hierdie tyd om te verseker dat hulle nie onproduktief is nie, en sodoende ook van sukses verseker is aan die einde van die jaar.
Kompas 7 Februarie 2023 07.02.2023 25:08
Mar-li van der Merwe gesels met Dano Swart, ‘n oudleerling en kranige sportman van die Hoërskool Brandwag in Uitenhage, wat op 7 Mei 2019, tydens provinsiale rugbyproewe sy nekwerwels gebreek het en daarna sy lewe in ‘n rolstoel moes voortsit. Dano vertel van die impak wat dit op sy lewe gehad het.
Kompas 6 Februarie 2023 06.02.2023 25:41
Athina Jansen gesels met die Hoër Volkskool in die Oos-Kaap se matriekklas van 2022. Die uitblinkers vertel van hulle prestasies en wat hulle doelwitte vir 2023 is.
Kompas 3 Februarie 2023 03.02.2023 26:40
Arehan Brand gesels met Salomi Mostert en Leon Lategan van The School of Entrepreneurship oor hoe Jan Alleman ‘n entrepreneur kan word, al is dit net om ‘n basiese inkomste te kan verdien. Christiaan Joubert, ‘n derde-jaar B.Com Regte-student vertel hoe belangrik dit is om so gou moontlik werkservaring op te doen en te netwerk.
Kompas 2 Febuarie 2023 02.02.2023 24:36
Droomsindroom bestaan uit twee broers, Kyle Schlebusch (16) en Kirsten Schlebusch (23). Hulle gesels oor hoe hulle lewe verander het, en hoe hulle werk en skool balanseer met musiek.
Kompas 1 Februarie 2023 01.02.2023 24:44
KRAGKAMP - Episode 19 (slot): Kobus Burger, die meesterbrein agter die KRAGKAMP-reeks, maak ‘n belangrike aankondiging, en die deelnemers vertel van hulle vaardigheidsreis en hoe hulle persoonlik gegroei het.
Kompas 31 Januarie 2023 31.01.2023 22:28
Matriek-toppresteerders, Suzelle Nel van Hoërskool Brandwag in Uitenhage, Utroff Rosent van Hoërskool Paul Roos in Stellenbosch en Dealan Fredericks van Malmesbury deel hulle studiewenke en woorde van wysheid.
Kompas 30 Januarie 2023 30.01.2023 20:36
Athina Jansen gesels met die matriekklas van 2022 se top presteerders. Leerders van die Noord- en Wes-Kaap deel hulle sukses en wenke met ons. Hulle verteenwoordig Hoërskool Martin Oosthuizen, Hoërskool Vredendal, Arcadia Sekondêr en Hoërskool Apex.
Kompas 27 Januarie 2023 27.01.2023 21:02
Die oorgang van skool na universiteit is nie altyd maklik nie. Met hierdie nuwe fase van jou lewe kom daar baie verantwoordelikhede en groot veranderinge. Hannelie Spies, ‘n opvoedkundige sielkundige, verduidelik hoe studente hierdie fase soomloos kan hanteer. Simone Anna Mart Louw, een van die land se toppresteerders, gesels oor haar planne vir die jaar en hoe opgewonde sy is vir die nuwe fase.
Kompas 26 Januarie 2023 26.01.2023 24:54
Die matriekuitslae is onlangs bekendgemaak. Ons gesels met die toppresteerders in Gauteng.
Kompas 25 Januarie 2023 25.01.2023 26:52
KRAGKAMP - Episode 18: Arehan Brand en Mar-li van der Merwe staan gereed om die wenner van die reeks te kroon. Dawie Roodt, die beoordeelaar van uitdaging 7 (Begrotings en beplanning), maak sy puntetoekenning bekend, en die deelnemers vertel waarom hulle dit verdien om die wenner te wees.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.