RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 4 April 2023 04.04.2023

Mar-li van der Merwe gesels met kunstenaar, innoveerder en aktrise Mandri Sutherland oor haar opwindende beroep. Mandri het nie gesit en wag vir geleenthede nie, sy het buite die boks gedink, 'n eenvrouvertoning geskryf en dit in mense se huise begin opvoer.

Kompas 3 April 2023 03.04.2023

Chloè van Rooyen gesels met drie van die deelneemers en die wenner van die Huisgenoot Eisteddfod 2022. Hulle vertel wat hulle ervaring was met die kompetisie en ook van hulle ander prestaties. Hulle het raad vir verhoogvrees en moedig jongmense aan wat graag aan Eisteddfods wil deelneem.

Kompas 31 Maart 2023 31.03.2023

Ons kyk na praktiese maniere om die natuur te bewaar. Jesme Swartz, aanbieder van AFRICA FROM WITHIN, ‘n natuurbewarings program op TV, en 'n natuurbewaringsbewuste, Marchillin Barry, vertel wat ons kan doen om by te dra tot bewaring.

Kompas 30 Maart 2023 30.03.2023

Christelle van Tonder gesels oor die uitdagings, kultuurverskille en veranderinge om oorsee te gaan skool hou as ‘n Suid-Afrikaner. Sy gesels oor die geleenthede wat die land waarin sy nou werk bied vir jongmense, en gee raad vir jongmense wat dalk vir’n klein rukkie oorsee wil gaan werk.

Kompas 29 Maart 2023 29.03.2023

Arehan Brand gesels met Trudi van Wyk, Direkteur vir Beroepsopleiding by die Departement Hoër Onderwys en Opleiding, oor die naskoolse onderwyssektor en die verskillende onderwys- en opleidingsinstellings. Sy verduidelik waarvoor om op die uitkyk te wees om vas te stel of instellings wettig of onwettig is en of hulle kursusse geakkrediteer is aldan nie.

Kompas 28 Maart 2023 28.03.2023

Wat is emosionele intelligensie? Is dit iets wat gekweek of aangeleer kan word? Bedryfsielkundige en transformasie-afrigter Cindy Square gesels oor die belangrikheid van EI in die werksplek.

Kompas 27 Maart 2023 27.03.2023

Mar-li van der Merwe kuier op die sportveld, op die verhoog en in die klaskamer by jong uitblinkers wat hulle talente slyp om hulle potensiaal te verwesenlik.

Kompas 24 Maart 2023 24.03.2023

Akteur, skrywer en digter Veronique Jefthas gesels hor hare en wat haar kroon se krank is. Die talentvolle Jodi Jantjies vertel waarvoor sy dankbaar is.

Kompas 23 Maart 2023 23.03.2023

Katrina Steyn is ‘n lewensafrigter wat op mense se sterk punte fokus. Sy glo ons moet eerder op die positiewe fokus.

Kompas 22 Maart 2023 22.03.2023

Elzahn Dorfling, ‘n lewensafrigter van die Kaap, praat oor effektiewe tydsbestuur en deel tegnieke en wenke oor hoe om elke dag die beste gebruik van 24 uur te maak. Menseregtedag en die betekenis daarvaan kom ook onder die vergrootglas.

Kompas 21 Maart 2023 21.03.2023

Volgens ʼn onlangse studie spandeer die meerderheid jong Suid-Afrikaners ten minste ‘n kwartier van elke uur op hulle selfone. Mar-li van der Merwe gesels met dr. Marlena Kruger van Mind Unique Education oor haar stigting se aktiewe weldstand-veldtog, hoekom dit belangrik is om skermtyd te beperk om elektroniese verslawing te voorkom, en hoe dit geïmplementeer kan word.

Kompas 20 Maart 2023 20.03.2023

Van akademie tot digkuns, sang en boogskiet. Suid-Afrika se jongmense woeker met hulle talente! Mar-li van der Merwe gesels uitblinkers wat op skoolvlak presteer.

Kompas 17 Maart 2023 17.03.2023

Ons gesels met twee innoverende entrepreneurs. Amy Green, eienaar van Bespoke Janey, leer ons hoe om klei oorbelle te maak en Clyde Muller, ‘n student en besigheidseienaar, vertel van sy uitdagings en hoe hy alles balanseer.

Kompas 16 Maart 2023 16.03.2023

Bedryfsielkunde is ‘n gesondheidsberoep wat die terapeutiese gebruik van alledaagse aktiwiteite behels om die fisiese, geestelike, ontwikkelings- en emosionele kwale te behandel wat ‘n pasiënt se vermoë om daaglikse take uit te voer, beïnvloed. Mart-Leen Oosthuizen gesels met ‘n bedryf sielkundige oor haar beroepen wat die studies behels.

Kompas 15 Maart 2023 15.03.2023

Arehan Brand gesels met prof. Jean Greyling, die voorsitter van die Tangible Africa-projek, om te hoor hoe jongmense sonder ‘n rekenaar kan leer om te kodeer en programme te skryf. ‘n Paar jong mense vertel hoe hulle in hierdie velde betrokke geraak het, en die werksgeleenthede wat dit vir hulle gebied het.

Kompas 14 Maart 2023 14.03.2023

Daar is 'n kritieke vaardigheidstekort in veeartsenykundesektor. Veeartse is nie net belangrik vir ons troeteldiere nie, maar ook vir wildbestuur, navorsing, voedselproduksie en vele meer. Mar-li van der Merwe loer in by dr. Madelé Bezuidenhout om uit te vind wat hierdie beroep behels.

Kompas 13 Maart 2023 13.03.2023

Mar-li van der Merwe gesels met akteur en ook nou skrywer, David Ralph Viviers, oor sy debuutroman, MIRAGE. Dis 'n verhaal van liefde en verlies, en hoe ons stories en narratief gebruik om onsself te genees.

Kompas 10 Maart 2023 10.03.2023

Sport het Suid-Afrikaners die geleentheid gebied om brûe te bou en saam aan ʼn beter toekoms te werk. Daar is ʼn sekere kameraderie wat tussen totale vreemdelinge kan ontstaan bloot omdat hulle dieselfde klub ondersteun. Ons gesels met twee klubafrigters oor hulle sportsoorte, en fokus op vroue omdat Wêreld Vrouedag onlangs gevier is.

Kompas 9 Maart 2023 09.03.2023

Mart-Leen Oosthuizen praat met ‘n verpleegster wat haar eie kliniek begin het.  Sy gee raad vir jongmense en gesels oor die stigma van verpleegkunde. Sy vertel van haar struikelblokke toe sy pas die kliniek oopgemaak het, en van haar gunsteling deel van haar werk.

Kompas 8 Maart 2023 08.03.2023

Hoe kan die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) jongmense help met vaardighede, werksgeleenthede en entrepreneurskapontwikkeling?

Kompas 7 Maart 2023 07.03.2023

MTBS is een van ons land se grootste atletiekbyeenkomste tussen vier skole, Hoërskool DF Malan, Hoërskool Tygerberg, Hoërskool Bellville en Hoërskool Stellenberg. Mar-li van der Merwe gesels met leerders op die MTBS-bestuurspan oor vanjaar se tema vir die byeenkoms, en wat alles agter die skerms gebeur. Hulle deel ook hulle ervarings van die pawiljoenvertonings en flashes.

Kompas 6 Maart 2023 06.03.2023

MTBS is een van ons land se grootste atletiekbyeenkomste tussen vier skole, Hoërskool DF Malan, Hoërskool Tygerberg, Hoërskool Bellville en Hoërskool Stellenberg. Mar-li van der Merwe gesels met leerders op die MTBS-bestuurspan oor vanjaar se tema vir die byeenkoms, en wat alles agter die skerms gebeur. Hulle deel ook hulle ervarings van die pawiljoenvertonings en flashes.

Kompas 3 Maart 2023 03.03.2023

Heruitsending - Chrislynn Sias gesels met digter en kunstenaar Gracia Nicholls, wat ook een van haar gedigte voordra. Die vermaaklikheidsverslaggewer, Kelly-Lee Ohlson, vertel wat haar werk behels, en wat sy in haar vrye tyd doen.

Kompas 2 Maart 2023 02.03.2023

Mart-Leen Oosthuizen gesels met ‘n matriekleerder met ‘n inspirerende storie. Sy vind ook meer uit oor ambagte.

Kompas 1 Maart 2023 01.03.2023

Arehan Brand gesels met hoërskoolleerders oor dinge wat hulle akademiese prestasie belemmer, soos konsentrasiebrekers, aandagafleiers, stres en tegnologie. Hulle bespreek ook studiemetodes en dinge wat akademiese prestasie kan verbeter.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.