RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 9 Mei 2023 09.05.2023 26:59
Die halfjaar-eksamens is om die draai. Opvoedkundige spesialis Elisna Kelly verduidelik hoe om spanning te verminder, hoe ouers leerders kan bemagtig en ondersteun tydens die voorbereiding, hoe leerders kan verhoed om punte weg te gooi tydens die eksamen, en hoe leerders vraestelle meer effektief kan beantwoord.
Kompas 8 Mei 2023 08.05.2023 22:37
Hoërsool Parys spog met ‘n ‘n Karate Kid én ‘n wêreldklas diskusatleet wat Suid Afrika by die Afrikaspele in Zambië verteenwoordig het. Zak Thirion en Zak Naude vertel vir Chloè van Rooyen van hulle passies en prestasies.
Kompas 5 Mei 2023 05.05.2023 19:55
Die lewe van ‘n onderwyser is nie altyd so sleg soos wat dit klink nie – jy moet net weet waar om die perke en grense te stel, en dan is die wedloop reeds halfpad gewen. Arehan Brand gesels met Zanel Bindeman, ‘n jong onderwyseres, oor haar werk as onderwyser en sportafrigter, en hoe sy en haar leerders dit regkry om pret te hê.
Kompas 4 Mei 2023 04.05.2023 24:05
Nadene, ’n modeontwerper, gesels oor haar beroep, en gee raad oor hoe jy ‘n beroep in die modebedryf kan begin.
Kompas 3 Mei 2023 03.05.2023 29:40
Heruitsending: Arehan Brand kry raad by Janice Viljoen van EDUvelopment oor Graad 9-vakkeuses. Hy loer ook in by die Chrysalis Academy in Tokai, en vind uit hoe hierdie instansie die jeug se vaardighede en lewens verbeter.
Kompas 2 Mei 2023 02.05.2023 23:47
Mar-li van der Merwe gesels met dierewelsyn-wetenskaplike Lize Erasmus. Haar navorsing vir 'n meestersgraad het gewys dat koeie wat aan klassieke musiek blootgestel word, meer melk produseer.
Kompas 1 Mei 2023 01.05.2023 20:34
‘n Diskusatleet, ‘n liggaamsbouer, ‘n entrepreneur en ‘n hekkiesatleet skitter behoorlike op hulle onderskeie gebiede. Dié leerders hou Hoërskool Charlie Hofmeyr se naam hoog. Dit was rof in 2020, maar tog het hulle goud in hierdie onseker tyd gevind.
Kompas 28 April 2023 28.04.2023 19:57
Chrislynn Sias gesels met joernalis Brandon Nel oor hoekom hy as kind as die klein koerantjie bekendgestaan het. Aspirantkunstenaar Branville Sayman vertel van sy vertonings by die KKNK, en wat hy ná matriek wil doen.
Kompas 27 April 2023 27.04.2023 25:11
Vryheidsdag word elke jaar op 27 April in Suid-Afrika gevier ter herdenking van die eerste demokratiese verkiesing wat in 1994 gehou is. Dit is 'n dag wat die einde ingelui het van apartheid en die begin van 'n nuwe era van demokrasie, gelykheid, en vryheid vir alle Suid-Afrikaners.
Kompas 26 April 2023 26.04.2023 25:17
Hoe staan jy kop bo skouers uit tussen hordes werksaansoekers vir slegs een pos? Arehan Brand gesels met Clirissa Olivier, ‘n werwingsagent, oor die werksaansoekproses en die foute wat aansoekers maak. Marie-Louise Funston van die Harambee Youth Employment Accelerator gesels oor die gratis mobiele toepassing wat vir die jeug beskikbaar is vir werksgeleenthede.
Kompas 25 April 2023 25.04.2023 24:39
Oudioloog Martelle Bornman praat oor die tekens van gehoorverlies, wat jy kan verwag as jy vir ‘n gehoortoets moet gaan, en die beste maniere om na jou sensitiewe gehoororgane om te sien. Sy vertel ook wat haar beroep as oudioloog behels.
Kompas 24 April 2023 24.04.2023 20:53
Isabella Groenewald is 'n 16-jarige gekwalifiseerde lewensredder. Sy het die See-en-Sand lewensreddingskursus voltooi, en is gekroon as Victrix ludorum. Sy vertel wat sy moes doen om die kwalifikasie te behaal. Sy vertel ook hoe dit voel om hoë druk situasies te hanteer. Emeré Pretorius sluit ook aan. Sy is onder die top 5 presteerders wat deelgeneem het aan die Franse Spelkompetisie. Emeré vertel...
Kompas 21 April 2023 21.04.2023 22:16
Chrislynn Sias gesels met twee studente wat onlangs graad gevang het. Hulle vertel van hulle studies en die struikelblokke wat hulle moes oorkom.
Kompas 20 April 2023 20.04.2023 24:24
Riette O’Grady is die bestuurder van ‘n paar gastehuise op Dullstroom in Mpumalanga. Sy vertel wat haar behels en hoe haar dag verloop.
Kompas 19 April 2023 19.04.2023 18:49
Albert van Wyk, ‘n jong entrepreneur, praat oor die wanpersepsies oor entrepreneurskap. Hy gesels ook oor die verskillende dinge wat voornemende entrepreneurs behoort te weet wanneer hulle ‘n besigheid begin.
Kompas 18 April 2023 18.04.2023 27:53
Verstaan jy homonieme, homofone, sinonieme en antonieme? Suzette van Niekerk, ‘n Afrikaans Huistaal-vakadviseur, deel wenke oor die vraestelle. Arehan Brand vind meer uit van die verskillende aanlynhulpbronne om leerders te help met hersiening en voorbereiding vir eksamen.
Kompas 17 April 2023 17.04.2023 23:39
Mikayla Joy Brown en Kerscha Titus vertel van hulle ervarings by die Klein Karoo Kunstefees, en hulle gee ons 'n voorsmakie van die produksie, Jantjies and the Pearls. Hullee deel ook wenke vir karakterontledeing en die skryf van tekste.
Kompas 14 April 2023 14.04.2023 24:46
Selfdood is ‘n hartseer werklikheid in Suid-Afrika, en die statistiek skets ‘n onrusbarende prentjie. Chrislynn Sias praat met Robin-Leigh Cupido oor haar reis met depressie en selfdood, en hoe dit aanleiding gegee het tot ’n selfdoodvoorkomingstoer na skole. Die bekroonde akteur, Carlo Daniels, gesels oor sy sukses.
Kompas 13 April 2023 13.04.2023 22:02
Jandre Lubbe het ná matriek besluit om ‘n musiekgraad te voltooi. Hy is baie talentvol en speel in verskeie orkeste reg oor die land. Hy vertel van musiek as studierigting, die praktiese opleiding, die teorie en die aansoekproses. Jandre praat ook oor die verskeie loopbane wat jy kan volg wanneer jy jou graad in musiek voltooi het.
Kompas 12 April 2023 12.04.2023 24:58
Arehan Brand gesels met ‘n paar jongmense oor hoe om vir hulp te vra wanneer hulle dit benodig, en hoe om verantwoordeliheid te neem vir hulle situasie. Hulle vertel ook of hulle dink die moderne jeug dinge te maklik het.
Kompas 11 April 2023 11.04.2023 23:21
Mar-li van der Merwe gesels met Jeanine Roux, medestigter, direkteur en onderwyser by Khula Leersentrum. Jeanine deel hulle benadering tot onderrig by die sentrum, en vertel wat hulle geïnspireer het om die sentrum te stig. Sy verduidelik ook wat haar beroep as ontwikkelingskonsultant behels.
Kompas 10 April 2023 10.04.2023 21:56
Jurie Blignaut. 'n leerder by Hoërskool Rustenburg, vertel watter studiemetodes hy gebruik om sy puik prestaties te behaal. Hy vertel ook hoekom leerders sukkel om konsentrasie te behou tydens studietyd. Twee studente van Weskus Kollege, wat gaan deelneem aan die Nasionale Kampioenskappe van Kollegesport Suid- Afrika, vertel hoe hulle roetines lyk en deel hulle planne vir die toekoms.
Kompas 7 April 2023 07.04.2023 25:41
Arehan Brand gesels met Clinton Morgenrood, ‘n sosialemedia-bemarker en kosstileerder, oor sy werk. Sanet Badenhorst vertel van haar liefde vir digkuns, skryf, kitaarspeel en haar besluit om haar wiskundekennis te verbeter.
Kompas 6 April 2023 06.04.2023 22:56
Athina Jansen gesels oor die uitdagings, kultuurverskille en aanpassing om oorsee te gaan skool hou as ‘n Suid-Afrikaner. Sy gesels oor die geleenthede wat die land waarin sy nou werk bied, en gee raad vir jongmense wat daaraan dink om vir ’n kort tydperk oorsee te gaan werk.
Kompas 5 April 2023 05.04.2023 23:07
Hoe hanteer ons jongmense druk en stres? Arehan Brand praat met Charl Davids, waarnemende direkteur van die Universiteit Stellenbosch se Studentevoorligtingsentrum, meganismes om druk en stres te hanteer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.