RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 13 Junie 2023 13.06.2023

Mar-li van der Merwe praat met Tinus Beukes van die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad oor marinebewaring, en hoe ons ons deel kan doen om by te dra tot hierdie belangrike saak.

Kompas 12 Junie 2023 12.06.2023

Soek jy raad vir beter studiemetodes of net 'n paar wenke oor hoe om op datum te bly met jou skoolwerk gedurende die kwartaal? Chloè van Rooyen gesels met graad 10, 11 en 12 leerders wat jou dalk kan help.

Kompas 9 Junie 2023 09.06.2023

Watter rol het onderwysers in jou lewe gespeel? Almal het daardie een onderwyser wat ‘n lewenslange impak gemaak het. Chrislynn Sias praat met 'n paar onderwysers om te hoor hoekom hulle doen wat hulle doen.

Kompas 8 Junie 2023 08.06.2023

Daar is ‘n groot tekort aan ambagte in Suid-Afrika, en die opening van die nuwe opleidingsentrum is ‘n stap in die regte rigting. Mart-Leen Oosthuizen vind uit wat dit behels om ‘n ambag as 'n loopbaan te volg.

Kompas 7 Junie 2023 07.06.2023

Dr Linda-Louise Geldenhuys Nicholas, ‘n loopbaanspesialis by Boston City Campus, praat oor loopbane en werksgeleenthede in ontwikkelende bedrywe, en hoe jong mense hulleself kan voorberei daarvoor. Akteur Jacques Blignaut gesels oor die kortfilm, Everything a Boy Could Want, wat handel oor die impak van afwesige pa’s op kinders.

Kompas 6 Junie 2023 06.06.2023

Kan leerders en studente staatmaak op die kunsmatige intelligensie kletsbot, Chat GPT, om hulle met huiswerk en assesserings te help? Jan Vermeulen, die redakteur by MyBroadband, en professor Vasti Roodt, hoof van die Eenheid vir Sosiale & Politieke Etiek by die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch, het die antwoord.

Kompas 5 Junie 2023 05.06.2023

Twee jaar gelede het Pedro Basson se lewe verander toe hy hoor dat hy 'n nuwe hart moet kry. Alhoewel dit 'n moeilike tyd vir die jong man was, het hy aanhou veg en 'n nuwe doelwit voor oë gehad. Hy het gaan deelneem aan die Wêreld Oorplantingspele in Perth, Australië.

Kompas 2 Junie 2023 02.06.2023

Chrislynn Sias gesels met Melanie Zeeman, ‘n dieetkundige, oor gesonde en volhoubare eetgewoontes. Suretha Kannenberg, ‘n dermatoloog, deel wenke oor velsorg.

Kompas 1 Junie 2023 01.06.2023

Boeliegedrag is ‘n groot probleem in skole, spesifiek laerskole. Bianca van Heerden vertel hoe jy boelies kan hanteer, en met wie jy daaroor moet gaan praat. Ons gesels ook oor die ATKV se kortfilm, boelie issie coel nie.

Kompas 31 Mei 2023 31.05.2023

Byna twee uit elke drie jeugdiges sit sonder werk. Arehan Brand gesels met dr. Linda-Louise Geldenhuys Nicholas, ‘n loopbaanspesialis by Boston City Campus, oor hoe om jou kanse met werksoek te verbeter en jouself relevant te hou.

Kompas 30 Mei 2023 30.05.2023

Jy mag haar dalk ken as die aanbieder van Boer Soek ‘n Vrou, maar daar is so baie dinge wat jy nie van Marciel Hopkins geweet het nie. Hoekom is selfliefde, liggaamsaanvaarding en persoonlike groei vir haar so belangrik? Marciel gesels oor haar avonture in die vermaaklikheidsbedryf en hoe haar transformerende gewigsverliesreis daartoe gelei het dat sy ‘n motiveringspreker geword het.

Kompas 29 Mei 2023 29.05.2023

Rochelle Niemand het op 'n vroëe ouderdom haar liefde vir die viswater ontdek. Sy deel haar mooiste herinneringe met ons. Sy het ook vroëer vanjaar aan die SA's deelgeneem. Luke van der Merwe het by die Afrikaspele deelgeneem, en nie net 'n goue medalje gekry nie, maar ook die Afrikarekord verbeter!

Kompas 26 Mei 2023 26.05.2023

Om die voordele te benut wat sosialemediaplatforms aan jou bied, moet jy ag slaan op 'n paar belangrike faktore. Justin Donald Esau, ‘n entrepreneur, vertel hoe jy jouself  met sosiale media kan bemark. Nicole Jarvis, ‘n menslike hulpbronpraktisyn, vertel wat om eerder nie op sosiale media te plaas nie.

Kompas 25 Mei 2023 25.05.2023

Melony Eksteen werk by die Roodepoortteater. Sy gesels meer oor haar beroep in die teater en vertel van die opleiding wat by die teater aangebied word. 

Kompas 24 Mei 2023 24.05.2023

Opedae by universiteite en loopbaanuitstallings is in die kollig, en wenke word ook met leerders gedeel oor  blokdae tydens eksamens.

Kompas 23 Mei 2023 23.05.2023

Digter, aktrise, model, kunstenaar, sosiale media sensasie, Christi Steyn, het haar oorweldigende gevoelens tydens die pandemie, in New York neergepen, en die harte van ‘n miljoen mense regoor die wêreld gesteel. Mar-li van der Merwe gesels met Christi oor haar digbundel, What the Moon Gave Her, wat onlangs internasionaal vrygestel is.

Kompas 22 Mei 2023 22.05.2023

Chloè van Rooyen gesels met die span van WAT DIE WATER WEET, 'n produksie wat geskep is vir ATKV- Tienertoneel. Met hierdie produksie skyn die leerders lig op kwessies wat die jeug vandag teister. Layla Fouché vertel ook hoe geskok sy was toe sy uiteindelik voor 'n muurskildery staan wat sy ontwerp het.

Kompas 19 Mei 2023 19.05.2023

“Woorde het die vermoë om aan die stemlose ‘n stem te gee, en aan drome vlerke!” Chrislynn Sias gesels met professor Vivienne Lawak oor Stemme van Clarkson, wat onlangs omskep is in ‘n kortfilm. En, Jayson Goliath vertel van  sy toneelstuk, Probleemkind.

Kompas 18 Mei 2023 18.05.2023

Nina Brink en Henri Pretorius gesels oor jeugbediening. Hulle vertel meer van hulle beroep as jeugleiers, en hoe hulle musiek gebruik om die jeug opgewonde te maak oor die kerk.

Kompas 17 Mei 2023 17.05.2023

Wat is die probleme wat leerders ervaar? Waarom sukkel hulle om vir hulp te vra?

Kompas 16 Mei 2023 16.05.2023

Die handhawing van goeie ooggesondheid is noodsaaklik om visieverlies te voorkom en sig te bewaar. Oogkundige Eone Biggs gesels oor ooggesondheid. Sy vertel wat haar beroep alles behels, en wat jy kan verwag as jy vir 'n oogtoets gaan.

Kompas 15 Mei 2023 15.05.2023

Kenners sê dansvaardighede is baie voordelig vir jongmense se algehele gesondheid. Dit dra by tot ‘n beter sosiale lewe, fisiese gesondheid en leer hulle ook lewensvaardighede. Vyf leerders van Hoërskool Strand is besig om hulle danstalent baie goed te benut. Die groep het deelgeneem aan verskeie kompetisies, en is genooi om hulle talent in Portugal en Ierland te gaan wys. Ons hoor ook van ’n jong...

Kompas 12 Mei 2023 12.05.2023

Van Delft tot Duitsland! Chislynn Sias gesels met 'n groep leerders van Delft en hulle fasiliteerder, Janine Fortuin, oor klimaatsverandering en wat hulle in Duitsland gaan doen. ‘n Paar bekendes kom loer ook in.

Kompas 11 Mei 2023 11.05.2023

Die sportdrankie, Prime, het die wêreld in rep en roer, en dis geen geheim dat dit besonder gewild is onder die jongklomp nie. Mart-Leen Oosthuizen het ondersoek gaan instel oor die redes vir die histerie.

Kompas 10 Mei 2023 10.05.2023

Arehan Brand gesels met Keagan van Blerk, ‘n jong sjef en kok oor haar werk aanboord ‘n seiljag, die uitdagings wat dit bring, asook die lekker dele van haar werk.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.