RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 18 Julie 2023 18.07.2023 26:06
Die Wolkskool is enig in sy soort. Dis ‘n Afrikaanse aanlyn-leerplatform met duisende videolesse, werkkaarte en assesserings vir laer- en hoërskool. Charlotte Fourie, die projekbestuurder van stelsel en onderrig by die Solidariteit Skole-ondersteuningsentrum, vertel wat hierdie nuwe generasie leerplatform behels, en hoe leerders, onderwysers en skole by die Wolkskool kan baat.
Kompas 17 Julie 2023 17.07.2023 19:07
Dink jy daaraan om 'n lugwaardin te word? Chloè van Rooyen gesels met 'n lugwaardin oor wat haar werk alles behels, die opleiding wat sy gekry het en die uitdagings van die beroep.
Kompas 14 Julie 2023 14.07.2023 23:33
Om jou eie besigheid te begin is glad nie ‘n katjie wat jy sonder handskoene moet aanpak nie. Chrislynn Sias gesels met Jamie Dawson en Donovan Januarie oor hoe hulle hulle besigheid begin het.
Kompas 13 Julie 2023 13.07.2023 22:42
Mart-Leen Oosthuizen gesels 'n paar jongmense wat besighede begin het - van iemand wat konfyt maak tot twee jongmense wat selfoonspeletjies ontwikkel.
Kompas 12 Julie 2023 12.07.2023 25:15
Spanwerk en effektiewe kommunikasie is belangrike aspekte van sagte vaardighede in die werksplek. Arehan Brand gesels hieroor met Roodt Griesel, ‘n werwingsbestuurder, en kry wenke oor hoe om dit op te skerp.
Kompas 11 Julie 2023 11.07.2023 27:16
‘n Paar eerstejaarstudente vertel vir Mar-li van der Merwe van hulle ervaring van universiteitslewe tot dusver, en gee raad aan toekomstige studente.
Kompas 10 Julie 2023 10.07.2023 20:28
Wat is die probleme wat gemeenskappe en die jeug teister? Hoe kan ons 'n verskil maak in ons gemeenskappe? Hoe kan jongmense besig bly op 'n konstruktiewe manier?
Kompas 7 Julie 2023 07.07.2023 24:25
Chrislynn Sias gesels met Jarrod de Jong en David Boyes van Camp Genesis oor die belangrikheid van leierskapskampe, en hoe dit die koers van jou lewe kan verander.
Kompas 6 Julie 2023 06.07.2023 19:44
Mart-Leen Oosthuizen gesels met Tiaan Hough oor 'n loopbaan as sjef.
Kompas 5 Julie 2023 05.07.2023 27:12
Arehan Brand gesels met Roodt Griesel, ‘n werwingsbestuurder, oor sagte vaardighede vir die werkplek. 'n paar jongmense vertel hoe hulle netwerke van kontakte bou.
Kompas 4 Julie 2023 04.07.2023 26:50
Dr. Izelle Almond vertel wat haar beroep as tandarts behels, en gee raad aan aspiranttandartse.
Kompas 3 Julie 2023 03.07.2023 17:53
Twee jong entrepreneurs vertel van die vaardighede wat hulle moes aanleer om 'n suksesvole besigheid te begin, wat die struikelblokke was, en die lekker daarvan om jou eie baas wees.
Kompas 30 Junie 2023 30.06.2023 25:44
Chrislynn Sias praat met Gracia Nicholls en Nicole Sacco oor die werk wat hulle by South Roots International doen, en hoe hulle die gemeenskap deur die uitvoerende kunste bemagtig.
Kompas 29 Junie 2023 29.06.2023 23:40
Sjef Catherine Eybers vertel wat haar beroep behels, wat haar inspereer, en die kreatiewe prosess wanneer sy kos maak.
Kompas 28 Junie 2023 28.06.2023 19:43
Arehan Brand gesels met jongmense oor die kwessies wat hulle pla, die belangrikheid daarvan om te stem, en leierskap.
Kompas 27 Junie 2023 27.06.2023 27:00
Arehan Brand en ‘n paar studente eksperimenteer met die kunsmatige intelligensie kletsbot, Chat GPT, en stel dan vas waarom dié toep se feitefoute dikwels studente in die sop laat beland.
Kompas 26 Junie 2023 26.06.2023 26:03
Lê jou laai vol stories wat nog nie die daglig gesien het nie? Dit was die geval met Gita Fourie, maar vandag is sy 'n dramaturg met 'n Kannatoekening op haar naam. Sy gee wenke wat aspirantskrywers dalk net die nodige hupstoot kan gee.
Kompas 23 Junie 2023 23.06.2023 25:45
Chrislynn Sias gesels met kultuuraktivis Deidre Jantjies oor haar liefde vir skryf. Theo Kemp van die Jakes Gerwel Stigting praat oor die basiese beginsels van skryf.
Kompas 22 Junie 2023 22.06.2023 24:05
Mart-Leen Oosthuizen gesels met Bredan Venter oor sy stokperdjie - kosmaak - veral Franse cuisine.
Kompas 21 Junie 2023 21.06.2023 24:40
Diego April Jeffries, ‘n mode-ontwerper van Atlantis, gesels oor die modebedryf en sy uitdagings, veral wanneer jy ‘n man is. ‘n Paar matrikulante vertel hoe die Junie-eksamen afgeloop het.
Kompas 20 Junie 2023 20.06.2023 27:10
Mar-li van der Merwe gesels met Tinus Beukes van die Twee Oseane Akwarium oor marinebewaringsgebiede, volhoubare visvang en die verteenwoordigers van die see, wat by die akwarium te sien is.
Kompas 19 Junie 2023 19.06.2023 15:24
Matthew Witbooy het 'n paar goue medaljes gewen vir sy navorsing oor die uitwerking wat grondgebruike op die kwaliteit van die grond het. Hy deel sy navorsing met ons, en vertel van gesondheidsrisiko's wat die misbruik van grond vir die mens kan inhou.
Kompas 16 Junie 2023 16.06.2023 25:27
Hoe kan ons die jeug bemagtig en aanmoedig om te stem? Deur te registreer om te stem, kan jy help om die politieke landskap te verander. Granville Abrahams van die Onafhanklike Verkiesingskommissie praat oor die belangrikheid vir jongmense om te registreer om te stem. En Ian Cameron van Action Society vertel watter impak dit op gemeenskappe het as mense nie stem nie.
Kompas 15 Junie 2023 15.06.2023 26:12
Brendan Venter vertel van sy beroep as klankingenieur, en gee raad vir jongmense wat dieselfde beroep wil volg.
Kompas 14 Junie 2023 14.06.2023 22:45
Aansoeke vir die meeste na-skoolse akademiese kwalifikasies in 2024 sluit oor bietjie meer as ‘n maand, en vir baie voornemende studente kan dit senutergend wees. Arehan Brand en sy gaste help jou om dié bul by die horings te pak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.