RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 22 Augustus 2023 22.08.2023 25:33
Arehan Brand gesels met Anita Ockhuis, Wiskunde-onderwyser by Proteahoogte Akademie in Brackenfell, oor Wiskunde Vraestel 1. Die inhoud van die vraestel, eksamen-voorbereidingswenke en hulpbronne word ook gedeel.
Kompas 21 Augustus 2023 21.08.2023 24:45
Ons leer meer oor narre-spel as 'n vorm van teater. Die geselskap van die produksie. 'n Gek vir jou, vertel van hulle skeppingproses en hoe belangrik dit is om teaterproduksies te skep wat toeganklik is vir almal.
Kompas 18 Augustus 2023 18.08.2023 24:30
Elke mens het die potensiaal het om sewe lewens te red. Augustus is wêreldwyd Orgaanskenkermaand. Chrislynn Sias praat hieroor met Jonty Wright, ‘n mediese student en stigter van die organisasie, Save 7. Martinique du Preez deel sy verhaal van twee oorplantings.
Kompas 17 Augustus 2023 17.08.2023 25:22
Leon van Nierop gesels oor rolprentkunde as skoolvak. Hy vertel van sy nuwe handboek, wat hy geskryf het om onderwysers van hulp te wees om rolprentkunde as vak aan te bied. Hy gesels ook oor Suid-Afrikaanse films en watter loopbane daar in die filmbedryf is.
Kompas 16 Augustus 2023 16.08.2023 22:47
Arehan Brand gesels met Elsie Harmse van UXI Ambagsopleiding oor hoekom meer jongmense ‘n loopbaan in die ambagte behoort te oorweeg. Vroue se rol in dié bedryf is ook in die kollig.
Kompas 15 Augustus 2023 15.08.2023 26:49
Nicola Roos het onlangs haar afgedruk stempel op die Amerikaanse kunstoneel met haar boeiende uitstalling, A Taste of Salt, in Los Angeles. Sy vertel vir Mar-li van der Merwe van haar artistieke reis en loopbaan as kunstenaar.
Kompas 14 Augustus 2023 14.08.2023 15:16
Willemien Kotze het die geleentheid gehad om die NASA-skool in die VSA by te woon. Sy was deel van 'n groep van meer as 50 leerders van dwars oor die wêreld. Hulle moes 'n program opstel om 'n bemande ruimtevaartuig na Mars te stuur.
Kompas 11 Augustus 2023 11.08.2023 23:45
Chrislynn Sias gesels met Wihan Joubert, wat sy eie toep (Drip Market) ontwikkel het, waarop mense items kan koop en verkoop. Danya Goosen het haar liefde vir mooi klere omskep in ‘n winsgewende tweedehandse winkel.
Kompas 10 Augustus 2023 10.08.2023 24:18
Mart-Leen Oosthuizen gesels verder met twee studente wat ’n potgooi begin het, waarin hulle vir jongmense raad gee oor finansies, CV’s en werksonderhoude.
Kompas 9 Augustus 2023 09.08.2023 22:27
Arehan Brand vier Nasionale Vrouedag, en gesels oor vrouebemagtiging in die sakewêreld, STEM-velde en leierskap.
Kompas 8 Augustus 2023 08.08.2023 26:48
Mar-li van der Merwe gesels met prof. Phillip Stoop van Stadio oor die tradisionele en nie-tradisionele loopbaanroetes wat regsgegradueerdes kan volg. Arbeidsregprokureur Denver Brandt gee raad aan aspirantregstudente.
Kompas 7 Augustus 2023 07.08.2023 24:45
Malandi Marais het haar liefde vir kinders, en haar kennis van regte, bymekaar gesit en 'n boek vir kinders geskryf om hulle bewus te maak van hulle regte. Sy is ook betrokke by die projek, Baby Savers, en was deel van die top 30 finaliste vir Mej. Suid-Afrika!
Kompas 4 Augustus 2023 04.08.2023 24:45
Dr. Ilse van der Walt praat oor seisoenale depressie. Henco Vorst verduidelik hoe jongmense geestelik sterk kan word.
Kompas 3 Augustus 2023 03.08.2023 23:32
Mart-Leen Oosthuizen gesels verder met twee studente wat ’n potgooi begin het, waarin hulle vir jongmense raad gee oor finansies, CV’s en werksonderhoude. Hulle vertel watter toerustig jy nodig het as jy jou eie potgooireeks wil begin.
Kompas 2 Augustus 2023 02.08.2023 24:36
Onthou jy jou nuwejaarsvoornemens? Hoe vorder jy daarmee? Arehan Brand gesels met Colette Neuns van Boston City Campus oor loopbaandoelwitte, die verkenning van nuwe geleenthede, en die belangrikheid daarvan om voortdurend te groei.
Kompas 1 Augustus 2023 01.08.2023 26:24
Watter kwalifikasies het jy nodig om op ‘n passasierskip te werk? Ilge-Mari Schutte en Chanté Visser gesels oor die avonture en uitdagings wat gepaard gaan met hierdie beroep. Hulle gee ook raad aan jongmense wat ‘n beroep op die land vir een op die water wil verruil.
Kompas 31 Julie 2023 31.07.2023 20:17
Chloè van Rooyen gesel met rugbyspeler Pamela Booys. Sy was jongs af 'n sportfanatikus, maar het nooit gedink dat sy op die rugbyveld sou opeindig nie.
Kompas 28.07.2023 24:33
Chrislynn Sias gesels met Clint Aplon, 'n akteur, oor sy pad na sukses. Johnny Davids vertel van sy liefde vir verpleegkunde.
Kompas 27 Julie 2023 27.07.2023 25:15
Mart-Leen Oosthuizen gesels met twee studente wat ’n potgooi begin het, waarin hulle vir jongmense raad gee oor finansies, CV’s en werksonderhoude.
Kompas 26 Julie 2023 26.07.2023 23:37
Arehan Brand en Roodt Griesel, ‘n werwingsbestuurder, sluit hulle gesprek oor sagte vaardighede vir die moderne werksplek af. Hulle kyk na emosionele intelligensie, werksetiek en aanpasbaarheid, en verduidelik waarom dit belangrik is om realisties na jou vaardighede te kyk.
Kompas 25 Julie 2023 25.07.2023 26:17
Wat behels dit om op ‘n luukse passasierskip te werk? Ilge-Mari Schutte en Chanté Visser vertel vir Mar-li van der Merwe van die avonture en uitdagings wat gepaard gaan met hierdie beroep.
Kompas 24 Julie 2023 24.07.2023 24:04
Chloè van Rooyen vind uit watter vaardighede jy nodig het om 'n au pair te word, en wat jy kan verwag sou jy aangestel word as een.
Kompas 21 Julie 2023 21.07.2023 24:17
Oorweeg jy dit om te emigreer?" Chrislynn Sias gesels met twee mense wat reeds die besluit geneem het. Athina Jansen en Raven Abrahams vertel van die navorsing, administrasie en alles anders wat mens moet doen vóór jy jou sakke pak.
Kompas 20 Julie 2023 20.07.2023 23:27
Mark de Jongh, ‘n persoonlike fiksheidsafrigter, vertel wat sy beroep behels, hoe hy oefenprogramme vir sy verskillende kliënte ontwikkel, en sy suksesse as ‘n afrigter.
Kompas 19 Julie 2023 19.07.2023 24:28
Om uit te staan in ‘n alewig veranderende werksplek is belangrik. Een manier om dit te doen, is om te verseker dat jou sagte vaardighede uitstekend is. Arehan Brand gesels met Roodt Griesel, ‘n werwingsbestuurder, oor leierskap, kreatiwiteit, tydsbestuur en probleemoplossing.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.