RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 26 September 2023 26.09.2023

Watter impak het eksamenstres op leerders se emosionele welstand? Opvoedkundige sielkundige Albert Keet vertel hoe leerders kan voorkom dat abnormale stresvlakke die oorhand te kry.

Kompas 25 September 2023 25.09.2023

Chloè van Rooyen hoor by 'n spraakterapeut hoekom dié beroep so spesiaal is, en wat jy kan verwag as jy dalk een wil word. Jannie Putter het 'n woord van bemoediging vir jongmense en hulle ouers wat dalk moedeloos voel.

Kompas 22 September 2023 22.09.2023

Wat gebeur met renosterbabas wanneer hulle ouers gestroop word? Waar kry hulle melk? Hoor hoe jy betrokke kan raak by inisiatiewe om melk aan hierdie wesies te verskaf. Selby Williams gesels oor sy loopbaan as liedjieskrywer en kunstenaar.

Kompas 21 September 2023 21.09.2023

Karlien Olivier is 'n jong entrepreneur. Sy is 16 jaar oud en besit haar eie besigheid. Sy gesels oor hekel, hoe sy haar besigheid begin het,  en die balansering van skoolwerk, haar besigheid en haar persoonlike lewe.

Kompas 20 September 2023 20.09.2023

Heruitsending: Arehan Brand gesels met Christian Harmse, 'n jeugmentor, gemeenskapswerker en motiveringspreker oor tweede geleenthede vir jong misdadigers wat vervolg is en in jeugaanhoudingsentrums aangehou word. Hulle bespreek die faktore wat aanleiding daartoe gee dat jongmense die wet oortree, en dat dit nooit te laat is om jou lewe om te keer nie.

Kompas 19 September 2023 19.09.2023

Opvoedkundige spesialis Elisna Kelly gesels oor hoe eksamenvoorbereiding en -skryf ‘n goeie instrument is om leerders voor te berei vir volwasse lewe.

Kompas 18 September 2023 18.09.2023

Chloè van Rooyen gesels met rymkletser Early B oor sy betrokkenheid by n projek wat fokus op die bewusmaking van Alzheimers en demensie in skole. Ons leer ook meer oor dié siekte, en waar jy bystand kan kry. 

Kompas 15 September 2023 15.09.2023

Ons almal weet hoe gewild nikotien, alkohol en energiedrankies onder die jongklomp is, maar is jy bewus van die newe-effekte wat hierdie middels kan hê? Ons hoor ook wat kenners oor verslawende middels te sê het.

Kompas 14 September 2023 14.09.2023

Mart-Leen Oosthuizen gesels met 'n jong entrepreneur, Laurette Oberholzer. Sy is 15 jaar oud, en besit 'n seepmaakbesigheid. Sy gesels oor seepmaak, hoe sy haar besigheid begin het en, oor die balansering van skoolwerk, haar besigheid en haar persoonlike lewe.

Kompas 13 September 2023 13.09.2023

Luize Kroukamp, die Fisiese Wetenskappe Departementshoof by die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, praat oor Fisika Vraestel 2, die Chemievraestel, se inhoud en slaggate.

Kompas 12 September 2023 12.09.2023

Arehan Brand gesels met Luize Kroukamp, die Fisiese Wetenskappe Departementshoof by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, oor Fisika Vraestel 1 se inhoud en slaggate.

Kompas 11 September 2023 11.09.2023

Ons leer meer van agritektuur, en wat jy kan verwag sou jy argitektuur gaan studeer. 'n Karate-uitblinker vertel van sy ervaring by die Wêreldkampioenskap waar hy 'n goue medalje gewen het.

Kompas 8 September 2023 08.09.2023

Is jy bekommerd oor hoe jou dae op universiteit gaan lyk? Amoné Schoombie kyk na studentelewe op kampus. Sy hoor by studente hoe hulle hulle dae as ‘n universiteitstudente spandeer, en hoe hulle hulle finansies bestuur.

Kompas 7 September 2023 07.09.2023

Mart-Leen Oosthuizen gesels met leerders van Hoërskool Ermelo oor die musiekblyspel, The Greatest Showman, wat hulle opgevoer het.

Kompas 6 September 2023 06.09.2023

Lorraine Kuun, die Lewenswetenskappe Departementshoof by Hugenote Hoërskool in Wellington, praat oor die inhoud van Vraestel 2 en die verskillende probleemareas.

Kompas 5 September 2023 05.09.2023

Lorraine Kuun, die Lewenswetenskappe Departementshoof by Hugenote Hoërskool in Wellington. praat oor die inhoud van Vraestel 1, en die slaggate waarvoor jy op die uitkyk moet wees.

Kompas 4 September 2023 04.09.2023

'n Voedselwetenskaplike vertel wat sy beroep behels. 'n Graad 11-leerder wie se kunswerk gekies is as deel van die Rethink Irma Stern-projek, vertel waar haar inspirasie vandaan kom en hoekom sy so lief is vir kuns.

Kompas 1 September 2023 01.09.2023

Heruitsending: Die medialandskap is konstant aan die verander, en selfs jongmense sukkel soms om by te bly. Twee jong joernaliste, Jody-Lynn Taylor en Clyde Adams, vertel hoekom jong stemme in dié bedryf so belangrik is, die belangrikheid om aan mense ‘n stem te gee, en wat hulle die meeste van hulle werk geniet.

Kompas 31 Augustus 2023 31.08.2023

Leerders van Hoërskool Florida in Johannesburg gesels oor die musiekblyspel,  Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, wat hulle opgevoer het. Hulle vertel van die samewerking tussen leerders, die omgee vir mekaar, die hulp van die gemeenskap, en hoe dit voel om in ‘n regt teater op te tree.

Kompas 30 Augustus 2023 30.08.2023

Arehan Brand gesels met Lara Erasmus en Cecilia Klopper van afrikaans.com se CURAParent Matriekklaskamer. Hulle bespreek moedertaalonderrig en eksamenvoorbereiding, en deel wenke oor Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal se drie eksamenvraestelle.

Kompas 29 Augustus 2023 29.08.2023

Arehan Brand gesels met Lindie van Gass, die skepper van afrikaans.com se Bank Beter-reeks, en kry waardevolle raad oor persoonlike finansies vir jongmense.

Kompas 28 Augustus 2023 28.08.2023

'n Dansgroep, 'n geestelike sanger en 'n rymkletser vertel hoe hulle talent hulle help om nie vasgevang te voel in hulle omstandighede nie.

Kompas 25 Augustus 2023 25.08.2023

Het jy al gewonder wat die werk van ‘n wetstoepassingsbeampte behels? Chrislynn Sias gesels met 'n paar wetstoepassers om meer oor hulle beroepe uit te vind. Tina Kruger vertel van die Silwerskermfees wat in Kaapstad plaasvind.

Kompas 24 Augustus 2023 24.08.2023

Modeltreine is die eerste keer aan die begin van die 19e eeu vervaardig. Dit het later as opvoedkundige speelgoed gedien om kinders en volwassenes te leer van ingenieurs- en goegrafiese beginsels. Mart-Leen Oosthuizen gesels met die Noord Transvaal Modeltreinklub oor dié stokpertjie.

Kompas 23 Augustus 2023 23.08.2023

Arehan Brand gesels met Anita Ockhuis, Wiskunde-onderwyser by Proteahoogte Akademie in Brackenfell, oor Wiskunde Vraestel 2. Die inhoud van die vraestel, eksamen-voorbereidingswenke en hulpbronne word ook gedeel.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.