RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 31 Oktober 2023 31.10.2023

Wendy Solomons, die Toerisme-Vakadviseur in die Kaapse Metropool, rus leerders toe met die nodige kennis en vaardighede ter voorbereiding van die eindeksamen.

Kompas 30 Oktober 2023 30.10.2023

'n Fotograaf vertel ons hoe sy haar kennis van fotografie met haar gemeenskap deel. Suid-Afrika se wêreldkampioen-trompoppies vertel van hulle ervaring in Kroasië. En, n matrikulant wat na sy matriekafskeid geloop het, vertel hoekom hy besluit het om dit te doen.

Kompas 27 Oktober 2023 27.10.2023

Bors- en servikskanker is as ’n nasionale prioriteit geïdentifiseer. Anel Bezuidenhout deel haar reis met borskanker, en Chenal Kock vertel hoe kanker nie net die gediagnoseerde affekteer nie, maar ook hulle families.

Kompas 26 Oktober 2023 26.10.2023

Alana Olivier is 'n jong entrepreneur. Sy besit haar eie bakbesigjeid. Sy gesels oor hekel, hoe sy haar besigheid begin het, en hoe sy balans vind tussen haar werk en persoonlike lewe.

Kompas 25 Oktober 2023 25.10.2023

Trevor Forbes, ‘n Besigheidstudies-onderwyser by die Zandvliet Sekondêre Skool in Macassar, praat oor die inhoud van Besigheidstudies se eindeksamenvraestel 2.

Kompas 24 Oktober 2023 24.10.2023

Suzette Van Niekerk, die Vakadviseur: Afrikaans vir Graad 10 tot 12 by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement deel wenke ter voorbereiding en aflegging van die Afrikaans Huistaal-eindeksamen.

Kompas 23 Oktober 2023 23.10.2023

Die Studenteplein-debatspan van Stellenbosch Universiteit vertel hoekom debat, veral Afrikaanse debat, op universiteitsvlak bevorder moet word. Hulle vertel ook hoe hulle gevaar het in die Dink of Sink onvoorbereide debatkompetisies.

Kompas 20 Oktober 2023 20.10.2023

Die dood is vir baie ‘n taboe-onderwerp, maar hoe gemaak as jy skielik ouerloos is? Chrislynn Sias gesels met Joshwin Sampson en Karien Maasdorp oor hoe hulle deur hulle verlies moes werk.

Kompas 19 Oktober 2023 19.10.2023

Mart-Leen Oosthuizen gesels met ‘n haarkapper oor haar beroep as lektor by ‘n haarkapperskool. Sy verduidelik die verskil tussen mans en vroue se hare, en wat jy moet doen as jy 'n haarkapper wil word.

Kompas 18 Oktober 2023 18.10.2023

Jacques Louw, ‘n Inligtingstegnologie vakspesialis by die Wes-Kaapse Departement van Onderwys, praat oor die vak se twee eindeksamenvraestelle.

Kompas 17 Oktober 2023 17.10.2023

Wat kan Graad 12's in Besigheidstudies se eerste vraestel verwag? Mar-li van der Merwe gesels met Rhozane Dreyer-Albanie, die vakadviseur vir Besigheidstudies in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik. Sy gee wenke en bied ondersteuning aan leerders ter voorbereiding van Vraestel 1.

Kompas 16 Oktober 2023 16.10.2023

'n Boogskutter van formaat deel haar sportprestasies met ons. Chloè van Rooyen is in die Witzenberg-streek waar Miss Bloom 2023 vertel van haar ervaring met hierdie projek, en wat sy alles tydens haar tydperk as Miss Bloom wil doen.

Kompas 13 Oktober 2023 13.10.2023

Is die gras groener aan die anderkant van die wêreld? Chrislynn Sias gesels met Bradley Syster en Ra-ees Moerat, twee jongmense wat oorsee getrek het op soek na beter werksgeleenthede.

Kompas 12 Oktober 2023 12.10.2023

Ronelle le Roux vertel wat haar beroep as ‘n tuisversorger alles behels.

Kompas 11 Oktober 2023 11.10.2023

Arehan Brand gesels met Anrich Fortuin, die Geskiedenis-vakadviseur van die Weskus Onderwysdistrik oor die twee eindeksamenvraestelle.

Kompas 10 Oktober 2023 10.10.2023

Mar-li van der Merwe gesels met Luzaan Pieters, 'n onderwyser en Rekenaar-toepassingstegnologie-vakadviseur in die Overbergdistrik. Sy gee ‘n paar wenke vir matriekleerders om hulle te help met die voorbereiding vir die graad 12 praktiese en teoretiese eksamens.

Kompas 9 Oktober 2023 09.10.2023

Chloè van Rooyen vind meer uit van Proscenium, 'n nuwe dramakompetisie vir skoliere. 'n Netbaluitblinker vertel van haar hoogte- en laagtepunte.

Kompas 6 Oktober 2023 06.10.2023

Hoe kan jy jouself beter bemark aan potensiële werkgewers? Chrislynn Sias gesels met Gerswin Cupido oor hoe belangrik 'n persoonlike handelsmerk is. Charnelle Davids vertel hoe jy jou sosiale media tot jou voordeel kan benut.

Kompas 5 Oktober 2023 05.10.2023

Daar is 'n groot aanvraag in Suid-Afrika aan elektrisiëns en ander ambagslui. Mart-Leen Oosthuizen hoor by 'n elektrisiën wat sy beroep behels, en hoe jy as een kan kwalifiseer.

Kompas 4 Oktober 2023 04.10.2023

Wie gaan die wenner van die Maak my ‘n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar kompetisie wees? Arehan Brand gesels met die tweede helfte van die Top 20 finaliste, en vind uit of hulle het wat dit verg om 'n entrepreneur te wees.

Kompas 3 Oktober 2023 03.10.2023

'n Paar leerders gesels oor strategieë om spanning te hanteer, en wat vir hulle beste studiemetodes is. Dieetkundige Aleché Barnard deel haar gunsteling breinkosse wat leerders se breinkrag tydens die eksamen ‘n hupstoot kan gee.

Kompas 2 Oktober 2023 02.10.2023

Chloè van Rooyen vind meer uit oor loopbane die maritieme bedryf. Ons hoor watter geleenthede daar vir jou op die see is, watter vaardighede jy nodig het, en wat die vereistes is waaraan jy moet voldoen.

Kompas 29 September 2023 29.09.2023

Enrico Hartzenberg vertel hoekom hy besluit het om sy eie maatskappy te begin. Francois van Louw vertel van die aanlyn-leerprogram, Topic.

Kompas 28 September 2023 28.09.2023

Daar is groot aanvraag vir sweisers en ander ambagte in Suid-Afrika. Mart-Leen Oosthuizen hoor by Wynand Knoetze hoe hy as sweiser gekwalifiseer het, en wat sy werk alles behels.

Kompas 27 September 2023 27.09.2023

Arehan Brand gesels met tien van die 20 finaliste die Maak my ‘n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, en vind uit of hulle het wat dit neem om ‘n suksesvolle entrepreneur te wees.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.