RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 5 Desember 2023 05.12.2023 24:34
Arehan Brand gesels met Elisna Kelly, ‘n Opvoedkundige Spesialis en vind uit wat die alternatiewe roetes is om ‘n kwalifikasie gelykstaande aan dié van ‘n matriek-sertifikaat te behaal.
Kompas 4 Desember 2023 04.12.2023 24:42
Die geselskap van Wegwêreld wat die ATKV- Tienertoneel kompetisie gewen het kom kuier by Chloè van Rooyen en gesels oor die kompetisie.
Kompas 1 Desember 2023 01.12.2023 23:16
Hoe bou ons beter gemeenskappe? Ons raak self betrokke! So glo twee jongmense, Edwina Hamilton en Marsheleen Williams, wat Vrydagaand meer kom deel oor hul onderskeie projekte in hul gemeenskappe.
Kompas 30 November 2023 30.11.2023 27:05
Jandre Lubble gesels oor die positiewe invloed wat klassieke musiek op die leer vermoë, opvoeding en emosionele ontwikkeling van leerders het, as die musiek ingekorporeer word in hulle opvoeding. Hy gesels ook oor hoe die musiek op ander vlakke en vakke gebruik kan word, soos in wetenskapsvakke.
Kompas 29 November 2023 29.11.2023 20:35
Johan Moolman, ‘n Landbou Tegnologie Departementshoof by die Hoër Landbouskool Boland, net buite die Paarl kuier saam met Arehan Brand en gesels oor die inhoud van die Landbou Tegnologie Eind-Eksamen Vraestel, asook slaggate, en deel ook wenke, raad en advies.
Kompas 28 November 2023 28.11.2023 22:03
Janine Opperman en Dean John Smith gesels oor die splinternuwe Proscenium Drama kompetisie vir skoliere. Janine praat oor wat die kompetisie als behels en Dean vertel wat dit vir hom beteken het om ‘n soortgelyke kompetisie op skool te wen.
Kompas 27 November 2023 27.11.2023 24:37
Caitlin Rooskrantz was in 2020 die eerste gimnas van kleur, wat Suid-Afrika verteenwoordig het by die Olimpiese Spele. Sy het vanjaar weer gekwalifiseer vir volgende jaar se Olimpiese Spele. Caitlin vertel wat dit vir haar beteken het om hierdie besonderse prestasie te behaal, en wat sy dink van iemand 'n uitstekende atleet maak.
Kompas 24 November 2023 24.11.2023 25:04
Wat gaan anders wees met aanstaande jaar se nasionale verkiesing? Henrico Frederikse en Lezandre Louw van die Onafhanklike Verkiesingskommisie praat oor die veranderinge en die wysingswet.
Kompas 23 November 2023 23.11.2023 24:06
Mart-Leen Oosthuizen gesels met die elfjarige Zhara du Toit oor haar kankerbehandeling, en die lammetjieprojek wat sy tydens haar tyd in die hospitaal begin het.
Kompas 22 November 2023 22.11.2023 23:51
Wilna Coetzer, ‘n Vakhoof vir Ontwerp by Hoërskool Stellenberg in die Kaap, praat oor die inhoud van die eindeksamen.
Kompas 21 November 2023 21.11.2023 25:47
Maritza Theron, vakadviseur vir Verbruikerstudies in die Overberg-distrik, deel wenke met matrikulante om hulle te help met die voorbereiding van die eindeksamen.
Kompas 20 November 2023 20.11.2023 24:07
'n Jong man van 'n klein dorpie het sy wildste drome oortref, en gaan Suid-Afrika verteenwoordig by die 2024 Olimpiese Spele in Frankryk. Hy vertel vir Chloè van Rooyen hoe hy sy talente ontdek.
Kompas 17 November 2023 17.11.2023 24:50
Weet jy waar om te registreer as kieser? Willem Arnoldus en Lezandre Louw van die Onafhanklike Verkiesingskommissie stuur jou in die regte rigting.
Kompas 16 November 2023 16.11.2023 24:35
Uitbranding is 'n toestand van emosionele, fisiese en geestelike uitputting, wat veroorsaak word deur oormatige en langdurige stres. Dit vind plaas wanneer jy oorweldig voel, emosioneel uitgeput voel en nie aan konstante eise kan voldoen nie. Riaan Steenkamp vertel hoe om dit te voorkom.
Kompas 15 November 2023 15.11.2023 21:31
Johan Moolman, ‘n Landbouwetenskap-onderwyser en Landboutegnologie-departementshoof by die Hoër Landbouskool Boland, praat oor die inhoud van die twee eindeksamen-vraestelle.
Kompas 14 November 2023 14.11.2023 23:11
Bianka Prinsloo, hoof van die Departement Engels by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp, deel wenke met die matriekleerders om hulle te help met voorbereiding vir die finale Engels Eerste Addisionele Taal se vraestelle.
Kompas 13 November 2023 13.11.2023 23:48
Die 16-jarige Janien Muller is ‘n kunstenaar van formaat, en het al vele kompetisies gewen. Sy ontwerp in haar vrye tyd gelukbringers vir haar skool, doen illustrasies vir kinderboeke, en teken strokiesprente vir haar plaaslike koerant. Janien vertel wat alles in 'n illustreerder se kop aangaan.
Kompas 10 November 2023 10.11.2023 23:30
Chrislynn Sias vind by Henrico Frederikse en Lezandre Louw van die Oanafhanklike Verkiesingskommissie meer uit van kiesersregistrasie.
Kompas 9 November 2023 09.11.2023 26:00
Hoërskool Florida in Johannesburg het as deel van hulle LO-kurrikulum ‘n gemeenskapdiensprojek waaraan die leerders moet deelneem. Hulle moet 150 uur se gemeenskapdiens daar doen. Hulle werk ook met ‘n niewinsgewende maatskappy wat skoolskoene maak uit herwinbare plastiek.
Kompas 8 November 2023 08.11.2023 24:31
Glenn Samaai, 'n adjunk vakspesialis by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, praat oor die inhoud van Geografie se tweede eindeksamenvraestel.
Kompas 7 November 2023 07.11.2023 25:53
Helouise Pretorius van Langenhoven Gimnasium bepreek ‘n paar belangrike aspekte wat matriekleerders sal help met die voorbereiding vir hulle finale rekeningkunde-eksamen.
Kompas 6 November 2023 06.11.2023 24:22
'n Opvoedkundige sielkundige verduidelik hoe om die beste leerstyl vir jouself te identifiseer. Sy gee tegnieke vir tydsbestuur, en hoe om realistiese en haalbare doelwitte te stel vir die eksamen.
Kompas 3 November 2023 03.11.2023 23:48
Wie en wat is die Onafhanklike Verkiesingskommissie? Ellsforth Booyse, distriksuitreikbeampte vir die OVK, en Elzandre Louw het die antwoorde.
Kompas 2 November 2023 02.11.2023 17:08
Magedie Baker en Petrus Radebe gesels oor hulle werk as loodgieters. Ineke Goosen verduidelik wat ‘n rooi-sertifikaat is, en wat dit beteken as jy in ‘n ambag is.
Kompas 1 November 2023 01.11.2023 25:45
Glenn Samaai, ‘n adjunk-vakspesialis by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, praat oor die inhoud van die Geografie-eindeksamen se eerste vraestel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.