RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 10 Januarie 2024 10.01.2024 21:02
Christene Bosman Vosloo, ‘n opvoedkundige sielkundige van Stellenbosch gesels met Arehan Brand oor die praktyke van introspeksie en mindfulness en hoe dit alles ‘n rol speel om sukses te behaal in die nuwe jaar.
Kompas 9 Januarie 2024 09.01.2024 22:17
Arehan Brand gesels met Christene Bosman Vosloo, ‘n sielkundige oor identiteit en hoe jong mense dit kan benut om aan te pas in nuwe omstandighede en situasies.
Kompas 8 Januarie 2024 08.01.2024 25:48
Sportsielkundige Jannie Putter kom vertel hoekom sport noodsaaklik is vir die ontwikkeling van jou kind asook die voordele van 'n aktiewe lewensstyl.
Kompas 5 Januarie 2024 05.01.2024 24:24
Hoe kan jy ‘n blywende indruk maak gedurende 'n werksonderhoud? Die stylafrigter en motiveringsspeker, Marinda Aucamp, deel haar professionele kennis oor hoe luisteraars hul handelsmerk sowel as hul styl en-kleuranalise kan bou.
Kompas 4 Januarie 2024 04.01.2024 24:44
Wat is die proses om opgelei te word as ‘n ballet afrigter? Wat behels dit om jou eie dans studio oop te maak? Haleigh van Rooyen gesels oor haar beroep as ballet onderwyser en wat dit alles behels om haar eie studio oop te maak.
Kompas 3 Januarie 2024 03.01.2024 25:01
Arehan Brand gesels met Charl Davids, ‘n berader en sielkundige oor middel-misbruik en verslawing, asook die skadelike impak wat dit op jong mense se gesondheid het. ‘n Paar van 2023 se matrikulante deel ook raad aan die Klas van 2024.
Kompas 2 Januarie 2024 02.01.2024 23:40
Jy ken haar dalk as Veronè van Suid-Ooster of Riekie van Binnelanders maar vir haar vriende en familie is maar net Zandelle. Vanaand skuif Zandele Meyer agter die Kompasmikrofoon in en vertel ons hoe die lewe as 'n vryskut akteur lyk.
Kompas 1 Januarie 2024 01.01.2024 23:50
Ons welkom 2024 met 'n Kaapse Klopse Kompas program! Chloè van Rooyen vind meer uit oor die ontstaan van die Kaapse Klopse en die 2de Nuwejaar tradisies.
Kompas 29 Desember 2023 29.12.2023 18:32
Jongmense deel hul menings rondom voornemens en dra ook goeie wense oor aan die luisteraars vir 2024. En die joernalis en TV-navorser Carryn-Ann Nel kom vertel oor haar hoogtepunt van die jaar – haar meestersgraad.
Kompas 28 Desember 2023 28.12.2023 25:16
Die jaar is op sy einde en almal voel angstig daaroor. Jaco Oosthuizen gee sy 5 wenke as beraader vir ‘n suksesvolle 2024. Hy gesels oor die padkaarte van 2024 en hoe om rustig te raak voor die nuwe jaar aanbreek.
Kompas 27 Desember 2023 27.12.2023 24:44
Arehan Brand draai die horlosie terug en doen ‘n terugblik op die belangrike en interessante gesprekke wat Woensdagaande in Kompas in 2023 plaasgevind het.
Kompas 26 Desember 2023 26.12.2023 24:45
Mar-li van der Merwe gesels met Dr. Cornélle Tait, wie tans besig is om haar nagraads in die spesialiteits veld gesins geneeskunde te voltooi. Sy deel raad aan aspirante dokters, gesels oor die hoogtepunte en laagtepunte van haar beroep en vertel wat dit als behels om ‘n dokter te wees.
Kompas 25 Desember 2023 25.12.2023 23:33
Ons hoor wat van die luisteraars se gunsteling kersstories is en wat kersfees vir hulle spesiaal maak. Dan dra Saskia Mcdilling vir ons haar gunsteling Kerslied voor.
Kompas 22 Desember 2023 22.12.2023 25:07
Hoe kan jy jou gedagtes stimuleer gedurende die vakansie? Die kenner, Elisna Kelly, kom deel waardevolle raad en Christa Kleynhans gesels oor die slypskole waarby sy betrokke is en haar skryfwerk.
Kompas 21 Desember 2023 21.12.2023 25:41
Dit is Kersfeestyd, maar hoe kan jongmense dit bekostig om geskenke te koop vir hulle familie en vriende? Ons maak goedkoop Kersgeskenke, van kerskaartjies tot by badsout.
Kompas 20 Desember 2023 20.12.2023 25:14
Arehan Brand gesels met die wenners van vanjaar se Maak My ‘n Miljoenêr – Entrepreneur van die Jaar kompetisie, asook Albert van Wyk, die stigter daarvan. Hulle deel entrepreneurskaps-wenke en deel ook waarom die toekoms blink lyk vir tiener-entrepreneurs!
Kompas 19 Desember 2023 19.12.2023 23:57
Paramedikus, Dewan Lombard, vertel wat om in sekere mediese noodgevalle tydens die vakansie te doen en Dawid Mocke, ‘n voormalige wêreld see roei kampioen, asook ‘n voormalige lied van die Nasionale lewensredding span, deel belangrike wenke sodat ons veilig kan wees in en om die water.
Kompas 18 Desember 2023 18.12.2023 22:22
Twee entrepreneurs vertel hoe hulle hul besighede gebruik om ander jongmense te bemagtig en om na die omgewing te kyk.
Kompas 15 Desember 2023 15.12.2023 24:36
Verandering is nie altyd maklik of lekker nie, maar dis noodsaaklik. Hannelie Spies, opvoedkundige sielkundige, deel raad oor hoe matrikulante die kopskuif kan maak van skool na die grootmenswereld, en Warren October vertel van die organisasie Scouts for Kids.
Kompas 14 Desember 2023 14.12.2023 26:55
Seisoenale depressie is ‘n siekte waarmee baie ouer mense sukkel en die Kerstyd roep rook baie hartseer emosies vir ou- en jongmense. Ds. Riaan Steenkamp gesels oor wat seisoenale depressie is, asook oor die behandeling daarvan.
Kompas 13 Desember 2023 13.12.2023 24:01
Arehan Brand gesels met ‘n paar jong mense oor hul werk en die lewe na skool. Hulle klets oor hoe om voltydse studies en deeltydse werk te balanseer, asook hoe hul loopbaan-keuses oor die jare ontwikkel en verander het.
Kompas 12 Desember 2023 12.12.2023 21:49
Mar-li van der Merwe gesels met opvoedkundige spesialis, Elisna Kelly, oor die verskeidenheid geleenthede wat ‘n beroep in die Inligtingstegnologie sektor kan bied.
Kompas 11 Desember 2023 11.12.2023 25:40
Dimitri “The believer” Wlliams wil mense help op hulle ware identiteit in God te vind en het dus die boek “Ken jy jouself” geskryf. Hy vertel vir Chloè van hierdie boek.
Kompas 7 Desember 2023 07.12.2023 25:09
Aimee Basson en Amandre Vermaak gesels albei oor modelwerk en hulle gemeenskapsdiens platforms. Aimee Basson het vanjaar Mej. West Coast KwaZulu-Natal gewen. Amandre Vermaak is ‘n sosiale media ster en self ‘n model wat al ‘n paar skoonheidskompetisie krone agter haar naam het.
Kompas 6 Desember 2023 06.12.2023 26:51
Arehan Brand gesels met ‘n paar jong mense oor die lewe na skool en dié fase van hul lewe. Hulle gesels ook oor om ‘n af-jaar te neem en jouself te ontdek.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.