RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 14 Februarie 2014 14.02.2024

Die liefde word gevier op Valentynsdag! Arehan Brand gesels met TikTok-sensasie, Tiaan Soek ‘n Meisie. Jongmense vertel ook van hul liefdesteleurstellings en afsprake wat ‘n flop was.

Kompas 13 Februarie 2024 13.02.2024

Met die opkoms van stomingsdienste, is Wêreldradiodag die ideale tyd om te bepaal of radio wel nog ‘n invloed het op jong volwasse luisteraars. Hoe lyk die toekoms vir radio en stromingsdienste, en vir watter soort radioprogramme skakel jong volwasse luisteraars graag in? Amoné Schoombie het ondersoek ingestel, en ook by studente van verskeie ouderdomsgroepe uitgevind waarna hulle graag luister.

Kompas 12 Februarie 2024 12.02.2024

Chloè van Rooyen gesels met 'n veearts oor hoe troeteldiere vir kinders verskillinde vaardighede kan leer, en hoe diere kinders op 'n emosianele vlak kan bystaan. Ons hoor ook van 'n organisasie wat vrywilligerswerk doen, deur besoeke af te lê by mense wat deur 'n moeilike tyd gaan, en vir hulle die kans gee om met honde en katte te speel en gesels.

Kompas 9 Februarie 2024 09.02.2024

Is jy of jou familie in die buiteland, maar wil in die komende verkiesing stem? Chrislynn Sias gesels met Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommisie oor hoe mense in die buiteland kan stem. Voormalige Kompas-aanbieder Athina Jansen deel haar ervaring van in die buiteland stem.

Kompas 8 Februarie 2024 08.02.2024

Deel 2: Anri van Jaarsveld, ‘n onderwyser, psigometris en spelterapeut, praat oor die ontwikkeling van leierskapeinskappe by tieners. Sy vertel van hulpbronne wat jong mense kan gebruik om hulle kommunikasie- en leierskapeienskappe te verbeter. Sy verduidelik ook hoe ouers dié eienskappe in hulle kinders kan vestig.

Kompas 7 Februarie 2024 07.02.2024

Arehan Brand gesels met Rudy Kianda, ‘n 2023-matrikulant wat doof is, oor sy akademiese prestasies. Hy het die matriekeindeksamen met drie onderskeidings geslaag. Frankoline Peers, ook bekend as Chubby Ziza op TikTok, is ‘n huisskoonmaker van Victoria Wes, wat haar hart op haar mou dra. Sy vertel van groot drome droom, en hoe om jouself te wees.

Kompas 6 Februarie 2024 06.02.2024

Deel 1: Anri van Jaarsveld, ‘n onderwyser, psigometris en spelterapeut, praat oor die ontwikkeling van leierskapeinskappe by tieners. Sy vertel van hulpbronne wat jong mense kan gebruik om hulle kommunikasie- en leierskapeienskappe te verbeter. Sy verduidelik ook hoe ouers dié eienskappe in hulle kinders kan vestig.

Kompas 5 Februarie 2024 05.02.2024

Luister na twee van 2023 se matrikulante wat sukses behaal het, in weerwil van moeilike omstandighede. Arehan Brand gesels met Sashen Chase, een van die ontvangers van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se ministeriële toekennings vir akademie. Ricardi Matthee, ‘n jong atleet wat met optiese atrofie gediagnoseer is, vertel van sy atletiekprestasies, en van sy ervarings toe hy Suid-Afrika in Malawi...

Kompas 2 Februarie 2024 02.02.2024

Het jy geweet dat onafhanklike kandidate nou kan meeding in verkiesings? Chrislynn Sias gesels hieroor met Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommisie. Die aktivis, William Sezoe, praat saam.

Kompas 1 Februarie 2024 01.02.2024

Wat is die struikelblokke wat vroue in ambagte moet oorkom? Hoe kan mentorskap hulle help? Sosialemedia kan ook help om stereotipes uit te daag, en vroue te help wat die beroepsrigting wil volg.

Kompas 31 Januarie 2024 31.01.2024

Arehan Brand gesels met Trudi van Wyk van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding oor watter instellings, anders as ‘n universiteit, daar is om verder te leer en te studeer, en waarom ouers en voornemende studente hierdie opsies behoort te oorweeg.

Kompas 30 Januarie 2024 30.01.2024

Arehan Brand gesels met twee persoonlike finansiële bestuurders oor hoe ‘n verantwoordelike spaarplan lyk, en waaruit dit bestaan. Hulle bespreek ook lang- en korttermyn spaarplanne vir jong mense, asook hoe om geld op alledaagse dinge te bespaar.

Kompas 29 Januarie 2024 29.01.2024

Ons gesels met 'n paar van die top uitblinkers van die afgelope matriekeksamen oor hulle prestasies.

Kompas 26 Januarie 2024 26.01.2024

Chrisynn Sias gesels met Tamlyn Erasmus oor hoe sy as 28-jarige vrou haar eerste jaar op universiteit oorleef het. Danya Goosen vertel vanm die Aspoestertjie-projek waarby matriekmeisies kan baatvind.

Kompas 25 Januarie 2024 25.01.2024

Mart-Leen Oosthuizen praat met Haleigh van Rooyen oor hoe ballet ‘n kleuter se motoriese ontwikkeling positief kan beïnvloed.

Kompas 24 Januarie 2024 24.01.2024

Leerders se Graad 11-punte speel ‘n belangriker rol as wat hulle dink. Arehan Brand vind uit waarom dit die geval is.

Kompas 23 Januarie 2024 23.01.2024

'n Kliniese sielkundige verduidelik hoe om 'n gesonde verhouding te bestuur. Hy gesels ook oor emosionele intelligensie, en hoekom dit 'n belangrike vaardigheid is om te hê. Watter rol speel mag in 'n ouer-kind-verhouding, en hoe moet konflik hanteer word. Ons hoor ook watter nuwe projekte die ATKV vir vanjaar beplan.

Kompas 22 Januarie 2024 22.01.2024

Chloè van Rooyen hoor hoe om ‘n verhouding suksesvol te bestuur, hoe om konflik te hanteer en hoe hulle grense stel binne verhoudings.

Kompas 19 Januarie 2024 19.01.2024

Om ʼn positiewe gesindheid in ʼn negatiewe omgewing te handhaaf kan jou van al jou energie beroof. Chrislynn Sias gesels met berader Janine Liedeman oor hoe om positief en gemotiveerd te bly en Ceagan Louw deel sy storie met die hoop om ander te inspireer.

Kompas 18 Januarie 2024 18.01.2024

Die nuwe skool jaar begin en die matriekuitsale is om die draai, tieners regoor die land voel angstig en raak depressief oor die veranderinge wat voorlê. Ds Riaan Steenkamp gesels as berader oor selfmoord onder tieners. Hy gesels oor die tekens, wat ouers en gemeenskappe kan doen om dit te voorkom en vroegtydig bewus te raak as hulle tieners dalk selfmoord neigings het.

Kompas 17 Februarie 2024 17.01.2024

Arehan Brand kry raad by onderwysers oor hoe om sommer vroeg in die akademiese jaar verskeie uitdagings te oorkom en akademiese sukses te waarborg. Matrikulante van 2023 deel ook insigte aan die Klas van 2024 oor hoe om die beste te maak van hul laaste skooljaar.

Kompas 16 Januarie 2024 16.01.2024

Haleigh van Rooyen gesels oor die oop maak van ‘n dans studio, sy gesels ook oor die registrasiefooie daaraan verbonde, asook die koste om die toerusting te koop, Sy raak ook aan bemarking en webtuistes.

Kompas 15 Januarie 2024 15.01.2024

n Opvoedkundige-sielkundige bied vir eerstejaar studente 'n paar wenke rakende die oorgang van hoërskool na 'n tersiêre instelling maklikker te maak. 

Kompas 12 Januarie 2024 12.01.2024

Hoe kweek ‘n mens ‘n positiewe ingesteldheid? Ivor Swartz, jeug-pastoor,skrywer en motiveringsspreker, gesels oor die belangrikheid van ‘n positiewe ingesteldheid. Hy en Chrislynn bespreek ook maniere hoe om dit te kweek.

Kompas 11 Januarie 2024 11.01.2024

Haleigh van Rooyen gesels oor die positiewe invloed wat pilates op jou fisiese gesondheid en geestesgesondheid kan hê. Sy gesels ook oor hoe Ballet en Pilates mekaar beinvloed en wat Pilates behels vir jong- en ouermense.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.