RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 21 Maart 2024 21.03.2024

Mart-Leen Oosthuizen praat met Amanada Fourie oor Club21, ‘n skool vir kinders met Downsindroom. Sy vertel hoe die skool die leerders bevorder en die tegnieke wat sy gebruik.

Kompas 20 Maart 2024 20.03.2024

Arehan Brand vind meer uit oor uitbranding in die werkplek, die impak daarvan op geestesgesondheid, en waarom dit belangrik is om daaroor te praat.

Kompas 19 Maart 2024 19.03.2024

Tieners en selfbeeld: Hoe kan ouers hulle tieners hiermee help? Watter hulpbronne is daar? Hoe kan swak akademiese prestasie tieners se selfbeeld aantas?

Kompas 18 Maart 2024 18.03.2024

Dieetkundige Nicki de Villiers praat oor gewigsverlies, en wat die beste manier is om aanvullers te gebruik.

Kompas 15 Maart 2024 15.03.2024

Hoekom is dit belangrik om te spaar? Waar kan ek my spaargeld belê?

Kompas 14 Maart 2024 14.03.2024

Tieners en selfbeeld - Hoe kan ouers weet as daar fout is? Hoe kan hulle hulle tieners help?

Kompas 13 Maart 2024 13.03.2024

Arehan Brand kry raad oor hoe om tipiese loopbaan- en beroepsuitdagings te oorkom. Hy vind ook uit hoe leerders by e-leer kan baat.

Kompas 12 Maart 2024 12.03.2024

Hoe goed kyk studente na hulle gesondheid? Is hulle bewus van die impak wat sosiale media op hulle geestesgesondheid het? Watter strekoefeninge kan jy doen na ‘n lang dag se sit agter die rekenaar? Amoné Schoombie praat hieroor met ‘n kliniese sielkundige, 'n biokinetikus en 'n dieetkundige.

Kompas 11 Maart 2024 11.03.2024

‘n Dieetkundige verduidelik wat ‘n gesonde dieet behels, hoe om jou kafeïen- en suikeriname te verminder, en hoe om groente deel te maak van jou daaglikse spyskaart.

Kompas 8 Maart 2024 08.03.2024

Dis Wêreld Vrouedag! Chrislynn Sias gesels met Edna Ellman en Cathleen Manuel, wat die weg baan vir die jonger geslag in hulle onderskeie velde.

Kompas 7 Maart 2024 07.03.2024

Mart-Leen Oosthuizen  gesels met twee sjefs oor die opleiding van sjefs, die verskeie werksgeleenthede wat daar is, en wat die opleiding alles behels.

Kompas 6 Maart 2024 06.03.2024

Arehan Brand verken die nomadiese-leefstyl, en vind dan uit of dit moontlik is om te reis en terselfdertyd ‘n inkomste te verdien. Hy gesels met Sonja van Niekerk, van Four Kids and a Bus, oor haar, haar man en hulle vier kinders se drie jaar lange reis, terwyl beide ouers gewerk het en die kinders skoolgegaan het.

Kompas 4 Maart 2024 04.03.2024

Die danser, DfeatSA, vertel sy lewensverhaal. Dans het toevallig op sy pad gekom, en al het hy in die geheim gehoop dat hy 'n loopbaan daaruit sou kon maak, kon hy nooit raai dat hierdie droom n realiteit sou word nie. Sy talent, geloof en harde werk het hom uit moeilike omstandighede gelig, en vandag leef hy sy drome uit.

Kompas 1 Maart 2024 01.03.2024

Chrislynn Sias gesels met Enrico Hartzenberg oor sy eerste kortfilm, Sister Dinges. Euodia Samson vertel meer oor haar selfhelpgids, Know Thyself.

Kompas 29 Februarie 2024 29.02.2024

Anri van Jaarsveld praat oor die ondersteuningsnetwerke wat tieners kan bou voor hulle ‘n romantiese verhouding aanpak. Sy vertel hoe tieners kan verseker dat die romantiese verhouding nie hulle skoolwerk beïnvloed nie, en hoe hulle dit kan verbeter as die verhouding hulle akademiese prestasies laat verswak.

Kompas 28 Februarie 2024 28.02.2024

Arehan Brand gesels met jongmense oor hoe om die impak van tegnologie en ander steurnisse op hulle akademie en werk te veminder. Hy vind ook uit hoe oud en jonk elke dag iets nuut kan leer.

Kompas 27 Februarie 2024 27.02.2024

Anri van Jaarsveld gesels oor tienerverhoudings. Sy kyk na die ondersteuningsraamwerke wat tieners vir hulleself kan bou voordat hulle ‘n romantiese verhouding aanpak. Sy verduidelik hoe tieners kan verseker dat romantiese verhoudings nie hulle skoolwerk beïnvloed nie, en hoe hulle dit kan verbeter as die verhouding hulle akademiese prestasies laat verswak.

Kompas 26 Februarie 2024 26.02.2024

Om 'n teaterproduksie op die planke te sit, is nie kinderspeletjies nie. Dit kos fyn beplaning en harde werk. Die persoon wat verantwoordelik is om die visie van die regisseur lewe te gee, is die verhoogbestuurder wat  die tegniese span lei. Ons loer agter die skerms van 'n teaterproduksie, en leer wat die werk van 'n verhoogbestuurder behels.

Kompas 23 Februarie 2024 23.02.2024

Chrislynn Sias gesels met Lezandre Louw van die Onafhanklike Verkiesingskommisie oor die kommissie se intensiewe stembriefopvoeding-veldtog in die aanloop tot die verkiesing.

Kompas 22 Februarie 2024 22.02.2024

Ds. Jaco Oosthuizen kyk in die maand van liefde na tienerverhoudings. Hy gesels oor die rooi vlae en ander belangrike dinge wat tieners moet raaksien wanneer hulle in verhoudings tree. Hy vertel oor hoe sosiale media verhoudings altyd laat goed lyk, en waarna tieners regtig moet kyk.

Kompas 21 Februarie 2024 21.02.2024

Deur professionele ontwikkelingsdoelwitte te stel, kan jy jouself meer aanloklik maak vir groeigeleenthede in jou beroep, bedryf en sektor. Arehan Brand vind meer uit hieroor en van professionele vaardigheidsontwikkeling.

Kompas 20 Februarie 2024 20.02.2024

Is jy onseker wat om te doen nadat jy ingeskryf het vir ‘n kursus, en dan besef dis nie die een vir jou nie? Dalk is jy ontevrede met jou studenteverblyf, en weet nie hoe om die saak aan te pak by die universiteit se behuisingsbeamptes nie. Amoné Schoombie het verskeie universiteite se administratiewe beamptes gekontak om die prosesse so eenvoudig moontlik deur te gee aan studente.

Kompas 19 Februarie 2024 19.02.2024

Chloè van Rooyen gesels met 'n voormalige skoonheidskoningin oor wat dit verg om 'n goeie rolmodel te wees, en wat dit beteken om selfvertroue te hê. Sy gee ook raad oor hoe om jouself voor te berei vir skoonheidskompetisies.

Kompas 16 Februarie 2024 16.02.2024

Chrislynn Sias praat met Lezandre Louw van die  Onafhanklike Verkiesingskommisie oor spesiale stemme, en wat die proses behels. Ian Cameron van Action SA vertel of mense in gemeenskappe dié konsep verstaan.

Kompas 15 Februarie 2024 15.02.2024

Ds. Riaan Steenkamp verduidelik hoe jy ‘n positiewe ingesteldheid kan kweek. Hy vertel hoe ouers hulle kinders kan leer hoe om positief te bly, en hoe om hulle doelwitte te bereik. Hy gesels oor positiewe en goeie doelwitte, en hoe om te meet of jou doelwitte bereikbaar is.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.