RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 25 April 2024 25.04.2024 21:56
Jou verhouding met jouself is veronderstel om jou grootste prioriteit te wees. Daar is ‘n fyn balans tussen selfsorg en selfsug. Hazel Janse van Rensburg gesels met inspirasievrou, Lynette Beer, oor hoe om hierdie tema te benader.
Kompas 24 April 2024 24.04.2024 23:24
Wat is te veel, te vinnig in ‘n verhouding? Barrie Ferreira besoek kliniese sielkundige Franchele Heiberg by haar praktyk om beter te verstaan wat in ‘n mens se brein gebeur wanneer jy verlief raak op iemand. Hy hoor ook by jongmense wat hulle dink waar om die streep te trek in ‘n nuwe verhouding.
Kompas 23 April 2024 23.04.2024 25:34
Jou verhouding met jou ouers kan ingewikkeld wees as ‘n tiener of jong volwassene. Hazel Janse van Rensburg gesels met haar ma, Eda Janse van Rensburg, en ouma, Hazel van Vuuren, oor hulle verhouding, en hoe verskillende generasies dit benader.
Kompas 22 April 2024 22.04.2024 19:23
Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskomissie praat oor spesiale stemme, en hoe en waar om te stem as jy in die buiteland is.
Kompas 19 April 2024 19.04.2024 23:24
Barrie Ferreira praat met Mareli Bothma, ‘n kenner op die gebied van Generasie Z, Milleniërs en Generasie Alpha om ‘n beter idee te kry van hoe ouer en jonger generasies mekaar beter kan verstaan en saamwerk in die werksplek. Hy vind ook uit wat is Suid Afrikaners se gunsteling emojis is wanneer hulle met hulle selfone kommunikeer.
Kompas 18 April 2024 18.04.2024 26:07
Estel de Beer, die hoof van die mandaatprogramme by RSG, gee raad aan Gen Z oor wat kan bly en wat liefs moet gly as dit kom by kommunikasie in die werkplek.
Kompas 17 April 2024 17.04.2024 22:38
Barrie Ferreira praat met Carla Pretorious, ‘n sosialemedia-regskenner, oor die gevolge wat jou kommunikasie op sosialemedia kan hê. Hy praat ook met Hannelie Otto en André Gouws, twee kommunikasiedosente, oor die belangrikheid van profesionele digitale kommunkasie tussen leerder/student en dosent/onderwyser.
Kompas 16 April 2024 16.04.2024 22:07
Hazel Janse van Rensburg gesels met twee leerders van Hoërskool Eldoraigne in Pretoria oor wat die woord, offense, vir hulle beteken. Word aanstoot gegee of geneem? Wat offend jongmense deesdae, en hoekom?
Kompas 15 April 2024 15.04.2024 26:03
Chloé van Rooyen vind meer uit van die Junior Suidoosterfees. 'n Paar bekendes vertel ons van hulle produksies by die fees en die leersessie wat hulle aanbied.
Kompas 12 April 2024 12.04.2024 24:46
Is liefde met die eerste oogopslag iets wat net in flieks gebeur, of gebeur dit in die werklike lewe ook? Barrie Ferreira hoor by 'n paar luisteraars wat hulle ervaring is. Hy vind ook uit hoe jy iemand kan uitneem sonder om die begroting te breek.
Kompas 11 April 2024 11.04.2024 23:53
Hazel Janse van Rensburg gesels met juffrou Solanti Hough van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria oor die graad 9-vakkeuseproses. Vind uit wat die reëls behels, en waarop jy jou keuses verkieslik moet baseer.
Kompas 10 April 2024 10.04.2024 22:51
Wys my jou vriende en ek wys jou jou toekoms. Barrie Ferreira praat met Jannie Putter, 'n lewensafrigter en motiveringspreker, oor die impak wat jou die naaste familie en vriende op jou het.
Kompas 9 April 2024 09.04.2024 23:52
Hoe vind jy jou passie in ‘n see vol van opsies en menings? The Sound Of Music-aktrise Megan Spencer help jou om daardie vraag te beantwoord.
Kompas 8 April 2024 08.04.2024 24:43
Twee jazz-studente vertel hoekom hierdie genre só 'n groot plek in hulle harte het.
Kompas 5 April 2024 05.04.2024 22:34
Watter invloed het Chat GPT op skole en universiteite? Barrie Ferreira vind uit by 'n kommunikasie-dosent hoe die gebruik van hierdie tegnologie toegepas kan word in jou studies. Hy hoor ook wat jongmense doen vir pret oor ‘n naweek as jy op die platteland bly.
Kompas 4 April 2024 04.04.2024 22:36
Hazel Janse van Rensburg praat met dr. Antoinnette Dos Ramos Richter oor breinfunksie. Hoor hoe jy jou brein kan help om jou te help leer, veral tydens eksamentyd.
Kompas 3 April 2024 03.04.2024 22:08
Barrie Ferreira gesels met Kezia Coleman, ‘n opvoedkundige sielkundige, om leerders te help hoe om doelwitte vir hulleself te stel. Barrie praat ook met Wian van Rooyen wat agt onderskeidings en ‘n 96%-gemiddeld in Matriek gekry het, om te hoor hoe hy sy doelwitte gestel en bereik het.
Kompas 2 April 2024 02.04.2024 23:28
Hazel Janse van Rensburg gesels met die Guinness-wêreldrekordhouer in springtou, SD Heijns, oor hoe jy mikrogewoontes in jou daaglikse lewe kan inkorporeer om makrodoelwitte te bereik.
Kompas 1 April 2024 01.04.2024 23:09
Kompas kry 'n nuwe look, en Chloè van Rooyen gesels met die nuwe stemme wat van 1 April af agter die Kompas-mikrofoon inskuif.
Kompas 29 Maart 2024 29.03.2024 24:46
Chrislynn Sias gesels met 'n jong pastoor, Anslin Gysman, oor Paasfees, en 'n paar jongmense vertel wat hierdie tyd vir hulle beteken.
Kompas 28 Maart 2024 28.03.2024 23:52
Ds. Jaco Oosthuizen, 'n berader, verduidelik hoe tieners die verskil kan uitken tussen Hollywood-verhoudings en gewone verhoudings. Hy gesels die rooi vlae wat tieners moet raaksien, en hoe ‘n verhouding jou toekoms positief kan beïnvloed as jy dit reg hanteer.
Kompas 27 Maart 2024 27.03.2024 24:01
Arehan Brand hoor by leerders wat die groeipyne was in die eerste kwartaal van die skooljaar, hoe hulle akademiese doelwitte vorder, en of hulle op koers is daarmee.
Kompas 26 Maart 2024 26.03.2024 25:21
Kontakvrye week, ‘n geleentheid om ‘n blaaskans te vat van universiteit, of die ideale kans om voor te berei vir die volgende semester? Hoe belangrik is dit om werksondervinding op te doen terwyl jy studeer? Amoné Schoombie praat met dosente oor hulle aanbevelings vir studente tydens hierdie kontakvrye week. Hulle deel ook hulle kennis oor die belangrikheid van internskappe tydens jou jare op univ...
Kompas 25 Maart 2024 25.03.2024 26:32
'n Selfverdedigingsinstrukteur gee wenke oor hoe om veiliger te wees, en hoe ouers vir hulle kinders veiligheidsbeginsels kan leer.
Kompas 22 Maart 2024 22.03.2024 25:43
Chrislynn Sias gesels met twee jong digters, Logan Adams en Cameron van Wyk, oor wat digkuns vir hulle beteken.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.