RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 30 Mei 2024 30.05.2024 19:39
Twee matriekleerders staan die kans om hulle rok en pak vir vanjaar se matriekafskeid te wen. Dit word gemaak deur Elizabeth Galloway Academy of Fashion in Stellenbosch. Hazel Janse van Rensburg het by die ontwerpskool gaan inloer om te sien wat agter die skerms gebeur, en om uit te vind wat dit verg om ‘n beroep uit mode-ontwerp te maak.
Kompas 29 Mei 2024 29.05.2024 19:09
Barrie Ferreira praat met 'n oogkundige om uit te vind watter impak ‘n konstante blootstelling aan digitale skerms op ‘n mens se oë het op skool. Hy hoor ook by skoolleerders watter medium hulle verkies om mee te leer - digitaal of gedruk.
Kompas 28 Mei 2024 28.05.2024 23:39
Hazel Janse van Rensburg gesels met die wenners van vanjaar se Poortprys in die poësie- en prosa-kategorieë.
Kompas 27 Mei 2024 27.05.2024 24:10
Chloè van Rooyen hou matriekafskeid! Sy vind uit wat om in gedagte te hou vir die groot aand. En, daar is verrassing wat twee matrikulante se drome kan bewaarheid.
Kompas 24 Mei 2024 24.05.2024 24:46
Barrie Ferreira trek sy tekkies aan, en gaan stap saam met Linda Viljoen wat bekend is vir haar Instagramblad, Linda Hikes South Africa. Hulle praat oor die belangrikheid van ‘n aktiewe leefstyl vir jongmense. Barrie praat ook met Johann Els, ‘n biokinetikus, om te hoor wat die regte benadering is om te neem teenoor fiksheid.
Kompas 23 Mei 2024 23.05.2024 24:39
Hazel Janse van Rensburg hoor by professor Annemarie Hattingh, 'n fisiese wetenskappe-lektor by die Universiteit van Kaapstad, hoe studentelewe uit ‘n dosent se oogpunt lyk.
Kompas 22 Mei 2024 22.05.2024 22:06
Wêreld Biodiversiteitsdag beklemtoon die belangrikheid van die natuur in ons lewe. Barrie Ferreira gesels met studente wat biodiversiteit studeer om te hoor hoekom dit belangrik vir hulle is. Hy praat ook met Conrad Zeelie, ‘n veldgids oor wat sy beroepskeuse geïnspireer het.
Kompas 21 Mei 2024 21.05.2024 21:45
Hazel Janse van Rensburg gesels met twee leerders van Hoërskool DF Malan oor hulle ondervinding om hulle bestuurderslisensies te kry.
Kompas 20 Mei 2024 20.05.2024 20:40
Ons vat alles saam wat ons die afgelope paar weke geleer het oor die verkiesing. Jaques Jansen van die OVK deel weer 'n paar van die belangrike punte, soos die drie verskillende stembriewe wat jy sal kry, en wat 'n bedorwe stem is.
Kompas 17 Mei 2024 17.05.2024 21:44
Met die vakansie wat nader kom vir universiteitstudente, sal baie mense binnekort huis toe ry vir die vakansie. Barrie Ferreira praat met Ruan Vermaak, ‘n padveiligheidspesialis, oor wat jy kan doen om seker te maak jou reis is so veilig moontlik. Barrie vind ook uit wat die beste vyf liedjies is om op jou padreisspeellys te hê wanneer jy huis toe ry.
Kompas 16 Mei 2024 16.05.2024 22:40
Hazel Janse van Rensburg vind by Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie uit wat die gedragskode behels wat politieke partye, kandidate en kiesers moet volg.
Kompas 15 Mei 2024 15.05.2024 22:25
Kunsmatige inteligensie word al hoe meer gebruik in opvoedkundige instellings. Barrie Ferreira praat met twee jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs wat KI-tegnologie ontwikkel het om studente se take en toetse te merk. Hy vind meer uit hoe die tegnologie werk, en hoe dit studente kan baat.
Kompas 14 Mei 2024 14.05.2024 25:02
Kompas woon die Proscenium Dramakompetisie by. Ons vat jou deur die hele proses – van die uitdunne tot die aankondiging van 2024 se wenners.
Kompas 13 Mei 2024 13.05.2024 23:19
Wat word bedoel met ‘n vry en regverdige verkiesing? Hoe deursigtig is die proses? Wie is die rolspelers wat onafhanklike, vrye en regverdige verkiesings moet laat gebeur?
Kompas 10 Mei 2024 10.05.2024 21:02
Hoe moet jy met jou finansies werk wanneer jy op universiteit is? Is dit ooit te vroeg om te begin spaar vir jou aftrede? Barrie Ferreira besoek ‘n kuierplek om uit te vind hoeveel studente tipies op ‘n aand uit sou spandeer. Hy praat ook met finansiële raadgewer Pieter Venter om te hoor hoe jongmense met hulle geld behjoort te werk terwyl hulle jonk is.
Kompas 9 Mei 2024 09.05.2024 22:00
Mediese dekking kan jou sak ruk. Susan Koekemoer, 'n finasiele verhoudingsbouer, verduidelik hoe studente hulleself op ‘n studentebegroting kan dek.
Kompas 8 Mei 2024 08.05.2024 25:45
Barrie Ferreira praat oor entrepreneurskap terwyl jy op universiteit is. Bouwer Bosch gesels oor sy ondernemings, en dr. Dawie Bornman van die Universiteit van Pretoria praat oor entrepreneurskap.
Kompas 7 Mei 2024 07.05.2024 21:39
Daar is baie te sê oor hoe om tienerswangerskappe te voorkom, maar ons fokus op die feit dat jy nou swanger is, en jy moet kop bo water hou. Twee mammas wat as tieners swanger geword het, deel hulle ondervinding.
Kompas 6 Mei 2024 06.05.2024 25:31
Chloè van Rooyen praat met Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommisie oor die drie stembriewe wat kiesers vir die eerste keer in nasionale en provinsiale verkieisings sal kry.
Kompas 3 Mei 2024 03.05.2024 24:03
Die musiekgroep, Droomsindroom, het in 2022 hulle debut gemaak met hulle liedjie Hey Sonneblom. Oor die laaste twee jaar het hulle groot sukses behaal, al is die twee broers slegs 24 en 17 jaar oud. Barrie Ferreira het met Kirsten en Kyle van Droomsindroom gesels voor een van hulle optredes oor hulle reis as musikante tot dusver.
Kompas 2 Mei 2024 02.05.2024 23:05
Hazel Janse van Rensburg gesels met Christiaan Hougaard, hoof van die musiekdepartement by Muizenberg Junior Skool, oor die waarde van musiekopvoedkunde.
Kompas 1 Mei 2034 01.05.2024 25:27
Musiekterapie is nie ‘n bekende beroep nie, tog bied dit ‘n unieke vorm van genesing. Barrie Ferreira vind uit wat die beroep behels by musiekterapeut, Anja Pollard. Hy neem ook deel aan ‘n musiekterapiesessie om self te beleef wat hierdie terapievorm so uniek maak.
Kompas 30 April 2024 30.04.2024 24:50
Hazel Janse van Rensburg praat met sagteware-ingenieur Tania Welsford oor hoekom daar ‘n geslagsgaping in die IT-veld is, en wat gedoen kan word om dit te verklein.
Kompas 29 April 2024 29.04.2024 22:43
Chloè van Rooyen vind meer uit van die gedragskode vir die verkiesings en wat verwag word van kiesers, politieke partye en onafhanklike kanidate.
Kompas 26 April 2024 26.04.2024 22:44
Hoe lyk die stand van Suid Afrika se demokrasie in Suid Afrika uit die oogpunt van jongmense? Neem jongmense nog deel aan die demokrasie, en hou emigrasie ‘n bedreiging in vir ons demokrasie? Barrie Ferreira bespreek hierdie kwessies met Hermann Pretorious, die hoof van strategiese kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.