RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 4 Julie 2024 04.07.2024

Hazel Janse van Rensburg gesels met professionele tatoeëerkunstenaar Victor van den Heever oor wat sy beroep behels, en wat jy in ag moet neem voordat jy hierdie permanente besluit neem.

Kompas 3 Julie 2024 03.07.2024

Barrie Ferreira vind uit wat dit verg om ‘n motorjoernalis te wees. Daar’s vlieg betrokke, daar is restaurante betrokke, en daar is nuwe roetes om te verken betrokke. Somtyds vind motorbekendstellings oorsee plaas. Hy hoor by twee gesoute motorjoernaliste wat die voordele en nadele is van so ‘n beroep.

Kompas 2 Julie 2024 02.07.2024

‘n Meisie wat pas verloof is, en ‘n meisie wat pas getroud is, deel hulle trouwenke om jong paartjies te help om geld (en spanning) te spaar.

Kompas 1 Julie 2024 01.07.2024

Van kindsbeen af het Lara Muller 'n kop gehad vir besigheid, en vandag praat sy met trots oor haar eie boutique. Dié 25 jarige entrepreneur deel haar pêrels van wysheid met enige jongmens wat droom daarvan om hulle eie besigheid te begin.

Kompas 28 Junie 2024 28.06.2024

Wat is die relevansie van ‘n universiteitsgraad? Sowat 50 - 60% van eerstejaars skop op, druip of verander van kursus. Barrie Ferreira praat met ‘n opvoedkundige sielkundige om te hoor hoe jy kan bepaal of ‘n universiteitsgraad vir jou is, en of jy liewers ‘n praktiese roete moet neem ná skool.

Kompas 27 Junie 2024 27.06.2024

Kan jy die taal van die liefde praat? Sielkundige Jandre van der Merwe verduidelik wat die verskillende liefdestale behels, en hoe om dit vlot te praat.

Kompas 26 Junie 2024 26.06.2024

Barrie Ferreira praat met 'n vliegsintrukteer oor hoe jy 'n vlieglisensie kan bekom, en watter beroepsmoontlikhede daar is as jy een het.

Kompas 25 Junie 2024 25.06.2024

Hazel Janse van Rensburg gesels met vyf jong skopboksvegters wat in Augustus in Hongarye aan die wêreldkampioenskap gaan deelneem. Hulle vertel hoe sport hulle lewe in alle opsigte verbeter het.

Kompas 24 Junie 2024 24.06.2024

Ons kyk na die sosialemedia-ideaal, trad-wives, en vind uit wat hierdie leefstyl behels. En, ons hoor watter loopbaanmoontlikhede daar is as jy verbruikerswetenskap swot.

Kompas 21 Junie 2024 21.06.2024

Barrie Ferreira kyk na die kreatiewe idees en tegnologie van jongmense. Hy gesels met Henlo van der Westhuizen, wat Suid-Afrika se eerste plaaslik vervaardigde kommersiële koffiemasjien gemaak het, en Nathalie Hanekom wat akoestiese mikrofoon-tegnologie ontwikkel het as deel van haar ingenieursgraad. 

Kompas 20 Junie 2024 20.06.2024

Glo jongmense nog in boererate? Om seker te maak boererate word aan die volgende generasie oorgedra, deel Hazel Janse van Rensburg en haar gaste hulle beste boererate, en por jongmense aan om dit te toets, gebruik en voort te laat leef.

Kompas 19 Junie 2024 19.06.2024

Barrie Ferreira vind uit hoe sukses gedefiniëer word, en hoekom dit belangrik is om dit te vier. Hy praat ook met Mej. Tiener, Carli Oosthuizen, om te hoor hoe sy sukses in haar lewe ervaar.

Kompas 18 Junie 2024 18.06.2024

Hazel Janse van Rensburg gesels met Instagramsensasie, Tiger, wat op 22, 160 kg geweeg het. Sy het sedertdien meer as 40 kilogram verloor, en het meer as 400 000 volgers op sosiale media. Ons luister ook na die liedjie wat Kompas spesiaal vir jeugdag geskryf en opgeneem het.

Kompas 17 Junie 2024 17.06.2024

Hoekom is dit belangrik om Jeugdag te vier? Hoekom is dit so moeilik vir jong mans om oor geestesgesondheidsprobleme te praat?

Kompas 14 Junie 2024 14.06.2024

Barrie Ferreira gesels met Armand Aucamp-van Noordwyk, stigter van die afspraaktoepassing, Koer, om te hoor hoe jy so veilig moontlik kan wees wanneer jy aanlyn afspraaktoepassings gebruik.

Kompas 13 Junie 2024 13.06.2024

Hazel Janse van Rensburg gesels met Simone Kruger, 'n para-atleet met ‘n splinternuwe wêreldrekord.

Kompas 12 Junie 2024 12.06.2024

Tydens stresvolle tye soos eksamens, is dit maklik om te vergeet om te rus. Barrie Ferreira praat met Elmarie van Loggerenberg, die akademiese adjunkhoof by Affies, om te hoor hoe leerders rus tot hulle voordeel kan gebruik.

Kompas 11 Junie 2024 11.06.2024

Hazel Janse van Rensburg gesels met Extreme Fighting Championship-atleet, Adrian Sanchez, oor hoe om positiewe uitlaatkleppe vir jou aggressie te vind.

Kompas 10 Junie 2024 10.06.2024

Ons hoor by 'n verpleegster wat die simptome van seksuele oordraagbare infeksies is. 'n Seksuoloog praat oor seksuele gesondheid, onthouding en hoe ons jongmense kan help om veilige sekskeuses te maak.

Kompas 7 Junie 2024 07.06.2024

Dit is 'n besige tyd vir baie hoërskoolleerders met die Junie-eksamen. Barrie Ferreira hoor by ‘n paar leerders van Hoërskool Die Wilgers hoe hulle die eksamens beleef. Barrie praat ook met Marieke Buys, ‘n Afrikaans-onderwyseres, om te hoor watter raad sy vir matrieks het oor hoe hulle die beste kan maak van hulle voorbereiding.

Kompas 6 Junie 2024 06.06.2024

An-Mari Do Carmo vertel vir Hazel hoe sy in weerwil van ‘n traumatiese kinderlewe, outisme en ADHD, ‘n sukses van haar lewe maak.

Kompas 5 Junie 2024 05.06.2024

Suid Afrika is wêreldwyd bekend vir sy goeie wyn. Barrie Ferreira praat met prof. Wessel du Toit, ‘n wingerd-en wynkunde dosent by Stellenbosch Universiteit, oor hierdie studierigting, en hoe jy 'n beroep in die wynbedryf kan beoefen.

Kompas 4 Junie 2024 04.06.2024

Hoe maak jy ‘n beroep van skryf, en hoe bestuur mens jou tyd? Skrywer Elsa Winckler weet presies hoe! Sy deel al haar geheime met Hazel Janse van Rensburg.

Kompas 3 Junie 2024 03.06.2024

Chloè van Rooyen hoor watter geleenthede daar vir jong mense as ambagslui is. Reagan Johnson vertel wat sy drome vir die jeug van Suid-Afrika is.

Kompas 31 Mei 2024 31.05.2024

Die grootste vraag wanneer jy in matriek is, is wat gaan jy ná skool doen? Barrie Ferreira gesels met Sylvester Smith, orginaseerder by die ATKV se postmatriek-program, om te hoor hoekom ‘n "gap"jaar ‘n goeie opsie mag wees as jy nie heeltemal seker is van wat jy wil doen nie.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.