RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 8 Augustus 2024 08.08.2024 21:23
Transgender is ‘n term wat gelaai is met vooropgestelde idees en verwarring. Dr. Chan Croeser vertel vir Hazel Janse van Rensburg wat die term beteken, en wat dit nié is nie.
Kompas 7 Augustus 2024 07.08.2024 21:18
Barrie Ferreira gesels met twee vroue wat in tradisionele mansgedomineerde bedrywe werk. Hy praat ook met iemand wat studeer om ‘n meulmaker en rugbyskeidsregter te word.
Kompas 6 Augustus 2024 06.08.2024 20:33
Dans is dalk net die beste (en goedkoopste) vorm van terapie! Shani Daniel, die eienaar van Studio X Dance, gesels oor die positiewe invloed wat dans op algehele gesondheid kan hê.
Kompas 5 Augustus 2024 05.08.2024 18:55
Afrikaans.com gee raad vir Graad 9-leerders oor hoe om die regte vakkeuses te maak, en hoekom dit so 'n belangrike belsuit is. Ons skop Vrouemaand af met 'n onderhoud oor Heavenly Promise, 'n huis van veiligheid vir mishandelde vroue en kinders.
Kompas 2 Augustus 2024 02.08.2024 20:40
Barrie Ferreira gesels met twee jong Suid-Afrikaners wat deelneem aan die 2024 Olimpiese Spele. Die 22- jarige Mel Janse van Rensburg, ‘n rotsklimmer, en die 22-jarige Marioné Fourie, ‘n 100 m-hekkiesatleet en Suid-Afrikaanse rekordhouer, vertel van hulle Olimpiese drome.
Kompas 1 Augustus 2024 01.08.2024 18:20
Persoonlike afrigter Luk Rippon gee raad vir jongmense wat hierdie beroep wil volg.
Kompas 31 Julie 2024 31.07.2024 21:35
Barrie Ferreira kyk na die toenemende gewildheid van eSport in skole. Hy praat met ‘n eSport-onderwyseres om te hoor watter waarde hierdie onkonvensionele sport toevoeg tot leerders se lewe.
Kompas 30 Julie 2024 30.07.2024 22:06
Maatskaplike werker Marlene van Vuuren gee raad oor hoe om ‘n vriendskap met ‘n eks en/of ‘n eks se ouers te benader nadat ‘n verhouding beëindig is.
Kompas 29 Julie 2024 29.07.2024 24:35
Chloè van Rooyen praat oor mensehandel en aanlynveiligheid met prokureur Nadine Blom en misdaadverslaggewer Maygene de Wee.
Kompas 26 Julie 2024 26.07.2024 22:10
Het jy al ooit gewonder hoe dit is om deel te wees van ‘n lugredery se kajuitbemanning? Barrie Ferreira praat met ‘n opleier om uit te vind.
Kompas 25 Julie 2024 25.07.2024 24:57
Courtney Hodgeson, 'n suksesvolle jong entrepreneur, vertel hoe sy haar besigheid, vrou alleen, van die grond af gebou het.
Kompas 24 Julie 2024 24.07.2024 20:40
Die rekordeksamen is die laaste geleentheid wat leerders het om te bepaal watter afdelings in ‘n vak se curriculum steeds vir hulle moeilik is om toe te pas. Barrie Ferreira praat met ‘n akademiese hoof om te hoor hoekom hierdie eksamen só belangrik is op die matriekkalender.
Kompas 23 Julie 2024 23.07.2024 24:39
Dr. Nico van Niekerk, adjunkhoof van Hoërskool Linden in Johannesburg, doen hersiening van poësie om matrikalente voor te berei vir die rekordeksamen.
Kompas 22 Julie 2024 22.07.2024 20:51
Chloè van Rooyen praat met Solin Roman. Hy was deel van 'n bende op die Kaapse Vlakte, en vasgevang in dwelmmisbruik. Met die hulp van 'n rehabilitasiesentrum het hy sy sy lewe verander en tot bekering gekom. Ons oor ook by 'n sielkundige wat die realiteit van dwelmmisbruik en -verslawing is.
Kompas 19 Julie 2024 19.07.2024 24:21
Is nagraadse studie vir jou? Hoe kan bepaal of dit iets is wat jy moet nastreef as ‘n student? Barrie Ferreira delf in verskeie nagraadse studies om ‘n idee te kry wat elkeen van dit behels.
Kompas 18 Julie 2024 18.07.2024 21:21
Hazel Janse van Rensburg gesels met RSG se matriekafskeid-kompetisiewenners, Thembi Jane Buys en Tumelo Diale, en deel kenners se wenke om dié mooi dag selfs mooier te maak.
Kompas 17 Julie 2024 17.07.2024 20:13
Dis altyd ‘n uitdaging om nuwe mense te ontmoet wanneer jy in ‘n nuwe omgewing is. Barrie Ferreira stel ‘n paar maniere voor hoe om mense te leer ken sonder om die bank te breek. Hy gesels ook met ‘n sielkundige oor skaamheid – iets wat dikwels gebeuer wanneer jy nuwe mense moet ontmoet.
Kompas 16 Julie 2024 16.07.2024 22:20
Dr. Jacques van Wyk, 'n dermatoloog, deel praktiese (en bekostigbare) velsorgwenke met tieners, om al die inligting wat deesdae op sosiale media is, te vereenvoudig.
Kompas 15 Julie 2024 15.07.2024 25:21
Elwira Standili gesels oor haar reis as gospelsanger al die pad tot voor die Koortjies-kameras, waar sy vandag die aanbieder is. Ons vind ook uit wat 'n film- en TV-kontinuiteïtstoesighouer alles doen.
Kompas 12 Julie 2024 12.07.2024 22:27
Damprook is iets wat toeneem onder leerders in Suid-Afrika. Barrie Ferreira doen ondersoek na damprook onder jongmense, en praat met ‘n pulmonoloog om te verstaan wat die gesondheidsimplikasies daarvan is.
Kompas 11 Julie 2024 11.07.2024 20:14
Hazel Janse van Rensburg gesels met Riekie Wolmarans, wat telkemale aan die wêreld skaakkampioenskap deelgeneem het, oor wat hierdie sport so uniek maak. Wêreld Skaakdag word op 20 Julie gevier.
Kompas 10 Julie 2024 10.07.2024 24:17
Hoe kan jy ‘n verskil in jou gemeenskap maak? Barrie Ferreira praat met twee van 2024 se Top 200 Jong Suid-Afrikaners om te hoor hoe hulle deur middel van hulle beroepe ‘n impak maak.
Kompas 9 Julie 2024 09.07.2024 22:48
Ulrike Hougaard, ‘n jong Suid-Afrikaner wat in Japan werk, vertel van haar ondervinding, en gee wenke vir jongmense wat daaraan dink om oorsee te gaan werk.
Kompas 8 Julie 2024 08.07.2024 21:52
Stel jy belang in animasie en videospeletjie-ontwerp? Wonder jy wat hierdie werk alles behels, en watter kwalifikasie jy moet hê? Chloè van Rooyen het gaan uitvind.
Kompas 5 Julie 2024 05.07.2024 23:00
Wat verg dit om ‘n suksesvolle beroep in die kunste te volg? Barrie Ferreira praat met Lynelle Kenned, ‘n operasangeres en aktrise, om te hoor hoe sy haar beroep in die kunste suksesvol gemaak het. Hy vertel ook van die Huisgenoot Eistedfodd wat jongmense die kans gee om hulle talent ten toon te stel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.