RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 12 September 2024 12.09.2024 23:06
30 Dinge wat jy voor 30 moet weet! ‘n Klomp bekendes vertel van die waardevolle lesse, wat hulle op die harde manier moes leer.
Kompas 11 September 2024 11.09.2024 23:53
Barrie Ferreira gesels met Almero Welgemoed oor die musiek wat hy vir ‘n nuwe TV-reeks geskryf het. Ons hoor ook hoe jy kan bepaal of musiekstudies vir jou is of nie.
Kompas 10 September 2024 10.09.2024 24:20
Is jy met die maan gepla? Ruimtefisikus dr, Ruhann Steyn vertel ons meer van ons mooie maan.
Kompas 9 September 2024 09.09.2024 22:11
Twee aktrises vertel waarmee hulle tans besig is. Ons gesels oor die Woordfees se produksies, en die belangrikheid van opvoedkundige teater.
Kompas 6 September 2024 06.09.2024 23:12
Barrie Ferreira kuier agter die skerms by ‘n nuwe realiteitsreeks oor toneelspel vir jong mense. Hy praat met van die deelnemers en mentors om te hoor waaroor die reeks gaan.
Kompas 5 September 2024 05.09.2024 21:19
Hannes Bruwer vind uit wat dit verg om ‘n barista te wees, en ons vier sommer ook die wonderlike koffieboon wat ons in die oggend uit die bed kry.
Kompas 4 September 2024 04.09.2024 24:08
Wat beteken dit om te dink? Ons bespreek denke en logika, en hoe om na idees te kyk sonder om dit blindelings te aanvaar.
Kompas 3 September 2024 03.09.2024 25:47
Het jy al begin om vir die eksamen te hersien? Dr. Cecilia Klopper, direkteur van CURAparent, deel waardevolle wenke om jou hiermee te help.
Kompas 2 September 2024 02.09.2024 22:04
Chloè van Rooyen vier Lentedag, en kry raad oor hoe om na potplante te kyk. 'n Trotse plantpappa vertel van sy roetine met sy plantkinders.
Kompas 30 Augustus 2024 30.08.2024 22:09
Voel jy moeg en uitgebrand, of is jy net nie meer lus vir daardie ding, wat ons akademie noem, nie? Barrie Ferreira praat oor wat gebeur wanneer jy doelwitte aan die begin van die jaar gestel het, maar jy dit nie bereik het nie.
Kompas 29 Augustus 2024 29.08.2024 22:01
Wat presies gebeur tydens jou menstruele siklus? Verpleegkundige Elsabe Nienaber beantwoord Hazel Janse van Rensburg se vrae om jong meisies te help verstaan wat met hulle liggaam gebeur, en hoe hulle hulle hormone kan reguleer.
Kompas 28 Augustus 2024 28.08.2024 23:44
Wat het honde, drama en perde met mekaar te doen? Barrie Ferreira kyk na verskillende soorte alternatiewe terapie om te sien hoe jongmense daarby kan baat, en hoe dit verskil van tradisionele terapie.
Kompas 27 Augustus 2024 27.08.2024 23:43
Wat doen jy om jou geestesgesondheid te prioritiseer?
Kompas 26 Augustus 2024 26.08.2024 22:43
'n Terapeut gee raad oor hoe om jou denkpatrone te verander om angs en die oordink van kwessies te bestuur. Ons hoor by 'n paar jongmense wat hulle doen om hulle geestesgesondheid te prioritiseer. En 'n jongman deel sy storie van hoop met ons.
Kompas 23 Augustus 2024 23.08.2024 21:05
Is enkellopendheid iets om jouself oor te bekommer, of iets om te vier? Barrie Ferreira vind uit hoe om die enkellopende fase van jou lewe te vier, te midde van groepsdruk om in ‘n verhouding te wees. Baie mense weet nie wie hulle is nie, en hoop die ander persoon sal hulle leer wie hulle is. En dan is dit ‘n groot katastrofe...
Kompas 22 Augustus 2024 22.08.2024 22:34
Om op 'n jong ouderdom ‘n ouer aan die dood af te staan, affekteer jou nie net as kind nie, dit het ook later as volwassene ‘n groot impak op jou lewe. 'n Jong vroue wat haar ma op agtjarige ouderdom verloor het, vertel van haar ondervinding en gee jongmense in dieselfde posisie raad en hoop.
Kompas 21 Augustus 2024 21.08.2024 20:49
Met soveel dobbeltoepassings en dobbelwebwerwe wat deesdae geadverteer word, is dobbelverslawing iets wat toenemend ‘n probleem raak onder jongmense. Barrie Ferreira praat met ‘n voormalige dobbelverslaafde om te hoor watter impak dit op ‘n mens se lewe kan hê.
Kompas 20 Augustus 2024 20.08.2024 22:50
Kamp bring baie geestesgesondheidselemente bymekaar. Hazel Janse van Rensburg gesels met Alexander Maniatis, bekend vir sy rol as Captain Curo in die Netflixsensasie One Piece, oor sy kampondervindinge.
Kompas 19 Augustus 2024 19.08.2024 21:28
Chloè van Rooyen gesels met 'n hokkie-uitblinker wat oorsee gaan toer. Dan kom kuier 'n paar voormalige Kompasgaste, en ons hoor waarmee hulle besig was sedert ons verlede jaar gesels het. Onder die gaste is 'n Fiëstawenner, 'n illustreerder en 'n akteur.
Kompas 16 Augustus 2024 16.08.2024 20:40
Barrie Ferreira praat oor bestuurderskursuse en -lisensies. Wat is die waarde van ‘n gevorderde bestuurderskursus, en wat is die verskillende lisensies wat jy kan bekom?
Kompas 15 Augustus 2024 15.08.2024 24:18
Hazel Janse van Rensburg gesels met ‘n groepie Stellies-studente om te kyk of hulle vir eens en altyd kan uitwerk hoe mans en meisies se koppe werk.
Kompas 14 Augustus 2024 14.08.2024 24:18
Barrie Ferreira praat met ‘n internasionaal bekende fotograaf om te hoor wat sy beroep behels. 'n Lektor in fotografie vertel wat jy alles in 'n fotografiekursus doen.
Kompas 13 Augustus 2024 13.08.2024 23:53
Sportsielkundige Jannie Putter en sy seun, die tennisuitblinker Victor Putter, gesels oor die voor- en -nadele van kompetisie op skoolvlak.
Kompas 12 Augustus 2024 12.08.2024 25:15
Op watter manier kan troeteldiere voordelig wees vir kinders se ontwikkeling? Wat is die beste opsie, koop of aanneem? Kan jy 'n pleegouer wees vir 'n diertjie? Ons gesels ook met Pets as Therapy om te hoor hoe troeteldiere mense se goedmoedstoestand kan verbeter.
Kompas 9 Augustus 2024 09.08.2024 21:18
Barrie Ferreira gesels met die 19-jarige gewigstoter, Ashley Erasmus, en die roeier, Esti Olivier, wat deelneem in die Olimpiese Spele in Parys.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.