RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 17 Oktober 2024 17.10.2024 21:56
Ons doen hersiening van Fisiese Wetenskappe Vraestel 1 en 2 saam met Juffrou Chloe van Aarde, vakadviseur vir die onderwysdepartement in die Wes-Kaap.
Kompas 16 Oktober 2024 16.10.2024 22:46
Het jy passievolle wedywering met jou sibbe? Barrie Ferreira praat oor sibbe-verhoudings – die goed en die sleg - en hoe julle julle verskille kan oorkom.
Kompas 15 Oktober 2024 15.10.2024 21:35
Ons doen hersiening van Rekenaartoepassingstegnologie Vraestel 1 en 2 saam met Juffrou Luzaan Pieters, vakadviseur in die Overberg-distrik.
Kompas 14 Oktober 2024 14.10.2024 20:53
Wat is die moets en moenies wanneer jy vir die eerste keer by jou meisie of kêrel se ouerhuis gaan kuier? Chloè van Rooyen praat ook met die Studenteplein-debatspan oor die Dink-of-Sink-debatkompetisies.
Kompas 11 Oktober 2024 11.10.2024 19:35
Barrie Ferreira bespreek die kwessie van energie drankies om te sien watse impak dit op ‘n mens se liggaam kan hê. Wat is die rede hoekom jy die energiedrankie gebruik en gebruik jy dit vir die regte redes?
Kompas 10 Oktober 2024 10.10.2024 23:34
Ons doen hersiening van Geografie saam met Meneer Glen Samaai, senior kurrikulumbeplanner by die Wes-Kaapse Departement van Onderwys.
Kompas 9 Oktober 2024 09.10.2024 23:42
Barrie Ferreira vind meer uit van joernalistiek as ‘n beroep by twee van Suid Afrika se topjoernaliste.
Kompas 8 Oktober 2024 08.10.2024 23:11
Ons doen hersiening van Wiskunde saam met Meneer Drico Snyman van Hoërskool Oos-Moot.
Kompas 7 Oktober 2024 07.10.2024 25:12
Chloè van Rooyen het 'n draai gemaak by die Proscenium-projek, wat by die Woordfees op die planke te sien was. Angelo Bergh en Angelo Johnson van die gewilde telenovella, Kelders van Geheime, vertel wat voor en agter die skerms van die reeks gebeur.
Kompas 4 Oktober 2024 04.10.2024 19:59
Barrie Ferreira vier Wêreld-Onderwysersdag met ‘n les op lug. Hy en 'n onderwyser doen twee wetenskapeksperimente.
Kompas 3 Oktober 2024 03.10.2024 22:39
Ons doen hersiening van Wiskundige Geletterdheid saam met Juffrou Alexa van Wyk.
Kompas 2 Oktober 2024 02.10.2024 21:09
Barrie Ferreira vind meer uit van die impak wat eksamenangs op jongmense het.
Kompas 1 Oktober 2024 01.10.2024 21:09
Ons doen hersiening van Engels Eerste Addisionele Taal Vraestel 1 en 2 saam met Juffrou Michelle Rhoda.
Kompas 30 September 2024 30.09.2024 20:01
Ons hoor wat uitbranding veroorsaak, en hoekom mense dikwels dinge uitstel. En ons kry raad oor hoe om stres te hanteer.
Kompas 27 September 2024 27.09.2024 22:08
Barrie Ferreira vind uit watter beroepe jy alles kan volg in die toerismebedryf, en wat jy in daardie rigting kan studeer.
Kompas 26 September 2024 26.09.2024 22:13
Ons doen hersiening van Inligtingstegnologie Vraestel 1 en 2 saam met Meneer Jacques Louw.
Kompas 25 September 2024 25.09.2024 23:45
Barrie Ferreira praat oor verhoudings waarvoor jy versigtig moet wees as ‘n jong persoon, veral aanlyn. Nie almal op die internet is daar om die lewe vir jou beter en mooier te maak nie, so hoe kan jy waaksaam wees?
Kompas 24 September 2024 24.09.2024 20:11
Ons doen hersiening van Besigheidstudies saam met Juffrou Helena van Zyl.
Kompas 23 September 2024 23.09.2024 19:32
Chloè van Rooyen vier Erfenisdag in haar kombuis. Sy gesels oor die rol van kos in verskillende kulture, terwyl sy haar ouma se asynkerrie maak.
Kompas 20 September 2024 20.09.2024 19:47
Hoe word mens ‘n haarkapper? Barrie Ferreira vind meer uit oor haarkappery as ‘n beroep, en hoe jy ‘n kwalifikasie in dié rigting kry.
Kompas 19 September 2024 19.09.2024 21:23
Ons doen hersiening van Afrikaans Huistaal se Vraestel 3, saam met Juffrou Anita Voges.
Kompas 18 September 2024 18.09.2024 21:36
Barrie Ferreira praat oor spanwerk, iets wat sommige mense van hou, maar ander nie kan verdra nie. Hy vind uit hoe spanwerk behoort te lyk, en hoe ‘n mens dit effektief kan gebruik tot jou voordeel.
Kompas 17 September 2024 17.09.2024 21:58
Ons doen hersiening van Engels Eerste Addisionele Taal se Vraestel 3, saam met Juffrou Natalie Goetsch.
Kompas 16 September 2024 16.09.2024 23:18
Chloè van Rooyen kry raad oor hoe om veilig te wees by kuierplekke. Sy hoor oon by 'n paar jongmense hoe hulle eerste uitgaanervaring was.
Kompas 13 September 2024 13.09.2024 24:43
Barrie Ferreira vind meer uit oor oor die MK-generasie, en watter invloed daai musiek op jongmense gehad het. Hoekom bestaan dit nie meer nie?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.