RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 3 Januarie 2022 03.01.2022 20:09
Athina Jansen gesels met musikant Dillon April oor sy musiekloopbaan en die projekte wat hy aanpak. Hy vertel van die Music in a Bubble-projek waar hulle jongmense in musiek opgelei word oor ‘n tydperk van twee maande.
Kompas 31 Desember 2021 31.12.2021 23:05
Op die vooraand van ‘n splinternuwe jaar wat waarskynlik ook met baie uitdagings na ons kant toe sal kom, gesels ons met Danya Goossen en Solomon Cupido oor 2021 en wat voorlê in 2022.
Kompas 30 Desember 2021 30.12.2021 19:07
Die begin van ’n nuwe skooljaar is’n baie opwindende tyd in ’n kind se lewe, maar ongelukkig nie vir almal nie. Daar is baie kinders wat glad nie daarna uitsien nie, want vir hulle is skool nie die veilige hawe wat dit behoort te wees nie. Vir hulle is dit 'n hel wat deur boelies geskep is. Dis veral kuberboelie wat in skole hoogty vier. Ons werp lig op die kwessie, en gesels met ‘n leerder en twe...
Kompas 29 Desember 2021 29.12.2021 21:22
Athina Jansen kyk na loopbane agter die skerms in die televisie- en filmbedryf. Marcus Eddie, ‘n kameraoperateur, verduidelik wat sy werk behels, en grimeerkunstenaar Charnie Piater gesels oor haar loopbaankeuse.
Kompas 28 Desember 2021 28.12.2021 28:22
Athina Jansen kyk na die verskillende werksopsies in die buiteland. Tshidi Green vertel van haar werk as Engels-onderwyser in Asië en Suid-Amerika. JR Esterhuizen vertel hoe dit is om professionele rugby oorsee te speel.
Kompas 27 Desember 2021 27.12.2021 25:16
Athina Jansen gesels met die uitblinkers wat deelgeneem het aan Artscape en Suidoosterfees se Hoërskool Dramafees. Elzaan Daniels het beste aktrise gewen, en die Hoërskool Martin Oosthuizen het drie toekennings ontvang waaronder beste akteur.
Kompas 25 Desember 2021 25.12.2021 26:13
Die Kompas-aanbieders neem jou op 'n nostalgiese rit deur Kersfees en die jong mense gunsteling-herinneringe van hierdie spesiale feesdag. En, die span verras met Kerssang! Kom vier die lig en verskeidenheid Kersfees.
Kompas 24 Desember 2021 24.12.2021 18:29
Op die vooraand loer ons in by twee bekende jongmense, Craig Adriaanse en Reagan Plaatjies, om te hoor wat hulle planne vir Kersdag en die res van die feesseisoen is. Ons gesels oor alles van die lekker kos tot die stylvolle uitrustings en wie om die tafel is.
Kompas 23 Desember 2021 23.12.2021 15:24
Almal wil ‘n vel hê wat stralend lyk en gesond is, maar hoe gemaak as jou vel probleme gee? Lindsey Abrahams van Binnelanders-faam vertel van haar persoonlike stryd met haar vel. Dr. Suretha Kannenberg, ‘n dermatoloog, gee raad oor hoe jy jou vel kan versorg om te verseker dat jou vel nie net gesond lyk nie, maar ook onder die oppervlak gesond is.
Kompas 22 Desember 2021 22.12.2021 21:09
Athina Jansen gesels met marionetbouer en poppespeler, Marelize Viljoen, oor marionetteater. Elanza Swart deel ook haar ervaring van poppeteater.
Kompas 21 Desember 2021 21.12.2021 26:51
Athina Jansen gesels met psigometris Anri van Jaarsveld oor aktiwiteite en idees vir die vakansie.
Kompas 20 Desember 2021 20.12.2021 22:23
Athina Jansen praat met die organiseerders van ‘n skrywerswerkswinkel wat in Grabouw plaasgevind het. Majorie Hendricks en Mirtle Philander het dit binne ‘n maand gereël. Twee van die deelnemers vertel ook hoe hulle dit ervaar het, en lees van hulle gedigte voor.
Kompas 17 Desember 2021 17.12.2021 20:22
Chrislynn Sias kyk na praktiese maniere om jou kerstafel mooi te laat lyk en ruik met min moeite. Sy het by Tarren-lee Habelgaarn en Shihaam Domingo gaan kers opsteek.
Kompas 16 Desember 2021 16.12.2021 23:32
Afknouery in skole of op sosiale media is ’n wydverspreide wêreldwye verskynsel wat die potensiaal het om kinders nie net fisies te beïnvloed en af te takel nie, maar ook geestelik en sielkundig. Chrislynn Sias praat hieroor met Jesme Swartz, beter bekend as Dikbek Chronicles, en Quinton Adams, ’n opvoedkundige sielkundige.
Kompas 15 Desember 2021 15.12.2021 26:24
Athina Jansen praat met die bekroonde skrywer en digter, Elias P. Nel, oor die skrywerswerkswinkel wat hy op Worcester aangebied het. Van die deelnemers gesels oor hulle ervaring en deel van hulle gedigte.
Kompas 14 Desember 2021 14.12.2021 19:33
Die ontvang van rapporte kan vir leerders net soveel angs en stres veroorsaak as ‘n eksamen. Gasaanbieder Mart-Leen Oosthuizen gesels met Margie Jansen en Christi Scholtz oor maklike maniere om rapporte en uitslae te ontvang en te hanteer. Leerders van verskeie skole vertel wat hulle doen om te ontspan nou dat die eksamen verby is.
Kompas 13 Desember 2021 13.12.2021 16:50
Athina Jansen Jansen gesels met dr. Justin Fredericks, wat onlangs gegradueer het as ‘n mediese dokter.
Kompas 10 Desember 2021 10.12.2021 19:03
Musiek is 'n universele taal wat mense verenig. Dit bring liefde, vreugde en samehorigeheid, en oorbrug alle kulture en verskille. Ons gesels met Illene Olivier oor die stigting van die Botrivier Marima-orkes. Sanger Loukmaan Adams vertel wat die woord, eenheid, vir hom beteken.
Kompas 9 Desember 2021 09.12.2021 19:35
Elke mens ervaar van tyd tot tyd druk. Soms verpes ons dit, soos die druk wat ouers en medeleerders op tieners sit om ‘n prefek te word of as hoofleerder verkies te word. Dis moeilik, en die lewe kan jou soms laat tuimel onder al die druk. Ons gesels vanaand met verskeie hoofleerders en met die Arendsvei-akteur, Lisa-Maree Bruiners.
Kompas 8 Desember 2021 08.12.2021 25:18
Athina Jansen kyk na loopbane in wynkunde. Sy kuier by die Mas van Kakamas en wynkundige Ricco Summers, wat in die buiteland gewerk het.
Kompas 7 Desember 2021 07.12.2021 19:40
Athina Jansen praat met die eienaars van Smooth Eatz oor entrepreneurskap. en hoe hulle die jeug wil bemagtig.
Kompas 6 Desember 2021 06.12.2021 17:39
Athina Jansen gesels met uitblinker Keith Lewis. Hy is die huidige kampioen van die Virtuele Poetry Slam-kompetisie wat aangebied is deur die Nasionale Biblioteek van SA in samewerking met PanSALB.
Kompas 3 Desember 2021 03.12.2021 20:37
Ons gesels met Erl September, digitale redakteur by die Son, en met die Johannesburgse rymkletser, Roman Hufkie.
Kompas 2 Desember 2021 02.12.2021 23:36
Athina Jansen praat psigometris oor hoe leerders eksamenstres tot hulle voordeel kan gebruik, hoe ouers en kinders mekaar beter kan verstaan en minder druk op mekaar plaas.
Kompas 1 Desember 2021 01.12.2021 23:13
Athina Jansen praat met sjef Oscar Baard ‘n loopbaan in die gasvryheidsbedryf, en hoe jy jou eie besigheid kan begin, al werk jy voltyds.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.