RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 30 Januarie 2025 30.01.2025 21:36
Staan jou kop in ‘n aupair-rigting? Twee aktrises, Elsje Slabbert en Nadia Beukes, gee raad uit ‘n mamma se oogpunt sodat jy jou aupair-onderhoud vir ‘n ses kan slaan!
Kompas 29 Januarie 2025 29.01.2025 21:38
Barrie Ferreira vind meer uit van tuisonderrig, en watter tipe leerders daarby kan baat.
Kompas 28 Januarie 2025 28.01.2025 22:38
Hazel Janse van Rensburg gesels met Limpopo se Landsdiensvoorsitter, Christa Darvall, oor hoe jongmense betrokke kan raak, en wat hulle kan verwag.
Kompas 27 Januarie 2025 27.01.2025 21:57
Chloè van Rooyen praat met ʼn finansiële raadgewer oor studielenings en beurse, en hoe studente moontlik hulle akademiese loopbaan kan befonds.
Kompas 24 Januarie 2025 24.01.2025 19:12
Hoe kan jy as ‘n skoolleerder die beste moontlike akademiese jaar hê? Ons gee oor praktiese wenke wat jy elke dag kan toepas, en stel ook gratis hulpbronne voor wat jy kan gebruik om jou akademie te verskerp. Beplan jou week vooruit saam met jou ouers. Dit help as die hele gesin weet wat vir die volgende week voorlê.
Kompas 23 Januarie 2025 23.01.2025 22:09
Wil jy matriek voltooi, of vakke oorskryf? Elisna Kelly vertel watter stappe jy kan volg om hierdie droom te bewaarheid.
Kompas 22 Januarie 2025 22.01.2025 23:15
Wat verg dit om ‘n prokureur te wees? Barrie Ferreira gesels met sowel iemand wat in die praktyk is, as ‘n student. Jy moet probeer om soveel blootstelling moontlik te kry as ‘n regstudent, en probeer agterkom waarvan jy nie hou nie, want dan sal jy nader kom aan die area van die reg waarop jy moet fokus.
Kompas 21 Januarie 2025 21.01.2025 19:30
Wat is die doel van oriëntasie, en wat kan eerstejaarstudente verwag? Die Primaria van Vergeet-My-Nie Dameskoshuis en Primarius van Excelsior Manskoshuis het die antwoorde.
Kompas 20 Januarie 2025 20.01.2025 20:39
Is jy in 'n tweestryd gewikkel? Het jy aansoek gedoen vir 'n studierigting, maar nou bedink jy dit, en wonder of jy nie dalk na ʼn ander kursus moet skuif nie. Is dit moontlik om te skuif? Of voel jy dalk dat jy geen idee het wat jy met jou lewe wil doen nie? 'n Lewensafrigter het raad. Ons vind ook uit hoe gemaak as jy van studierigting wil verander.
Kompas 17 Januarie 2025 17.01.2025 20:23
Barrie Ferreira vind uit hoe jy vriende kan maak wanneer jy by ‘n nuwe skool aansluit.
Kompas 16 Januarie 2025 16.01.2025 20:22
Ons deel saam in die geluk en sukses van 2024 se matrikulante wat as toppresteerders uitgeblink het.
Kompas 15 Januarie 2025 15.01.2025 24:00
Barrie Ferreira praat met van Suid-frika se top 2024 matrikulante om te hoor hoe hulle hulle laaste jaar op skool beleef het, en hoe hulle voel oor die prestasies wat hulle behaal het.
Kompas 14 Januarie 2025 14.01.2025 22:44
Heidi Bartis, die bestuurshoof van die Akademie vir Omgewingsleierskap, praat oor studiegeleenthede en die opsies wat matrikulante het in hierdie veld.
Kompas 13 Januarie 2025 13.01.2025 21:57
Die topmatrikulante van 2023 kom kuier by Chloè van Rooyen, en hulle vertel hoe die lewe na matriek lyk.
Kompas 10 Januarie 2025 10.01.2025 22:30
Barrie Ferreira deel sy oorlewingsgids vir universiteit, die wonderlikste tyd van jou lewe waar jy baie keer lewenslange vriende maak.
Kompas 9 Januarie 2025 09.01.2025 22:48
Droom jy van ‘n oorsese reis? Dee Theart wat die wêreld plat gereis het as lugwaardin, deel wenke om hierdie droom ‘n realiteit vir jongmense te maak.
Kompas 8 Januarie 2025 08.01.2025 21:41
Soos die skoolvakansie stadig maar seker tot ‘n einde toe kom, kyk Barrie Ferreira na die belangrikheid van voorbereiding vir die nuwe skooljaar.
Kompas 7 Januarie 2025 07.01.2025 22:13
Is jy ‘n avontuurdier? Johan du Toit is. Hy vertel van perde-uithouritte en berede boogskiet.
Kompas 6 Januarie 2025 06.01.2025 22:33
Heruitsending: Ons verwelkom die nuwe jaar saam met die Kaapse Klopse. Chloè van Rooyen vind meer uit oor die ontstaan van die Klopse en die tradisies van die Tweede Nuwejaar.
Kompas 3 Januarie 2025 03.01.2025 23:16
Barrie Ferreira vind uit wat dit verg om 'n musiekvervaardiger te wees. Hy gesels met Loki Rothman om beter te verstaan hoe hierdie beroep prakties werk.
Kompas 2 Januarie 2025 02.01.2025 19:47
TikTok-ster, Buksem, loer in om allerhande grappige wenke met jongmense te deel.
Kompas 1 Januarie 2025 01.01.2025 21:40
Barrie Ferreira bespreek die relevansie van nuwejaarsvoornemens vir jongmense. Is dit nog ‘n ding? Moet jy voornemens stel vir die jaar wat voorlê?
Kompas 31 Desember 2024 31.12.2024 24:16
Aangesien ons nog ‘n keer om die son is, gesels Hazel Janse van Rensburg met dr. Ruhann Steyn, ‘n ruimtefisikus, oor interessante sonfeite, en hoe jongmense in sy voetspore kan volg.
Kompas 30 Desember 2024 30.12.2024 21:16
Ons sê totsiens aan 2024, en ons verwelkom 2025 met ope arms. Ons kyk terug op die jaar, gesels oor nuwejaarstradisies, 2024 se hoogtepunte, en waarna ons uitsien in die nuwe jaar.
Kompas 27 Desember 2024 27.12.2024 21:47
Barrie Ferreira vind uit hoe tegnologie jongmense se sosiale vaardighede affekteer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.