RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 7 Maart 2025 07.03.2025

Barrie Ferreira vind uit hoe jy ‘n beroep in die gasvryheidsbedryf kan volg.

Kompas 6 Maart 2025 06.03.2025

Chiara Vorster, ‘n 18-jarige, is die SA-kampioen Stand Up Paddleboarder. Sy vertrek eersdaags na Indië vir haar volgende internasionale kompetisie.

Kompas 5 Maart 2025 05.03.2025

Barrie Ferreira vind meer uit oor sagtebal as ‘n sport in skole.

Kompas 3 Maart 2025 03.03.2025

Haarversorging is 'n belangrike deel van baie mense se roetine. Chloè van Rooyen gesels met twee haarkappers oor die verskillende haarbehandelings wat beskikbaar is, en wat die beste sal werk vir jou tekstuur. Van 'n krullekroon tot slank reguit hare is daar iets vir almal om te leer.

Kompas 28 Februarie 2025 28.02.2025

Hoe gemaak wanneer ‘n jongmens se ouer of ouers oorlede is? Barrie Ferreira kyk na hoe om die wetlike en sielkundige aspekte van ‘n ouer se dood te hanteer.

Kompas 27 Februarie 2025 27.02.2025

Hazel Janse van Rensburg loer in by ‘n paar eerstejaarstudente om te hoor hoe hulle verwagtinge van kampuslewe met die realiteit vergelyk.

Kompas 26 Februarie 2025 26.02.2025

Hoekom is prostese so duur in Suid Afrika? Hoekom word dit nie hier ontwikkel nie? Barrie Ferreira praat hieroor met kenners wat dit wil probeer verander.

Kompas 25 Februarie 2025 25.02.2025

Om jou gesiggie in te kleur is omtrent ‘n kuns. Grimeerkunstenaar Yoané Human gee om hiermee te help.

Kompas 24 Februarie 2025 24.02.2025

'n Crossfit-afrigter en persoonlike afrigter gee raad om in 2025 gesonder en fikser te lewe. Hulle gesels oor hoekom Crossfit vir almal geskik is, en deel ook 'n paar oefeninge wat jy by die huis kan doen om jou fiksheidsreis te begin.

Kompas 21 Februarie 2025 21.02.2025

Ons vier Wêreld Moedertaaldag deur te luister na die vyf beste kletsryme wat ons ontvang het vir ons Moedertaaldag-kompetisie.

Kompas 20 Februarie 2025 20.02.2025

Hoe en waar begin jongmense om te spaar of belê?

Kompas 19 Februarie 2025 19.02.2025

Hoe kan jong mense aktiewe burgers word? Wat beteken dit om aktief betrokke te wees in jou gemeenskap?

Kompas 18 Februarie 2025 18.02.2025

Wil jy tweedehandse items in sakgeld verander? Aktrise Mila Guy vertel ales van thrifting.

Kompas 17 Februarie 2025 17.02.2025

Chloè van Rooyen kry wenke om jou toesprake en mondelinge toetse op ʼn ander vlak te sit, en jou vrees te hanteer. Sy delf ook dieper in die wêreld van yster en aambeeld, en vind uit wat die werk van 'n hoefsmid alles behels.

Kompas 14 Februarie 2025 14.02.2025

Barrie Ferreira daag die musiekgroep, ONS, uit om ‘n liefdesliedjie vir mekaar te skryf binne slegs 30 minute. Hy gesels ook met van die akteurs van die nuwe reeks, Reënboogrand, om hulle menings oor Valentynsdag te kry.

Kompas 13 Februarie 2025 13.02.2025

Ter viering van Wêreld Radiodag deel jong omroepers van regoor die land hulle mooiste en snaaksste radiostories.

Kompas 12 Februarie 2025 12.02.2025

Barrie Ferreira kyk na die gewildheid van krieket onder jong vroue in Suid Afrika.

Kompas 11 Februarie 2025 11.02.2025

Twee tweelinge kuier by Hazel om te vertel hoe dit is om deel van ‘n tweeling te wees.

Kompas 10 Februarie 2025 10.02.2025

Felicia Richardson het as tiener deur baie trauma gegaan, wat daartoe gelei het dat sy haarself begin leed aandoen het. Sy deel haar storie. 'n Sielkundige praat oor die realiteit van selfskending onder die jeug van Suid-Afrika.

Kompas 7 Februarie 2025 07.02.2025

Barrie Ferreira kyk na ambagte as ‘n alternatief as jy nie die tradisionele universiteitspad wil volg nie.

Kompas 6 Februarie 2025 06.02.2025

Ons vind uit hoe 2024 se matrikulante, wat Afrikaans oor wil skryf, kan voorberei om dieselfde slaggate te vermy.

Kompas 5 Februarie 2025 05.02.2025

Barrie Ferreira vind meer uit oor motorsport, wat as 'n buitemuurse aktiwiteit aangebied word vir leerders by 'n hoërskool in die Oos-Kaap.

Kompas 4 Februarie 2025 04.02.2025

Kan ‘n jong vrou regtig alles hê? Reinette de Beer verduidelik hoe sy haar lewe as jong mamma van twee, en as suksesvolle sakevrou, balanseer.

Kompas 3 Februarie 2025 03.02.2025

Chloè van Rooyen gesels met 'n jongman wat sy deel doen om die jeug van Citrusdal te inspireer en motiveer om die verskil te wees wat hulle wil sien in hulle gemeenskap.

Kompas 31 Januarie 2025 31.01.2025

Barrie Ferreira praat oor hoe jy die meeste kan maak van jou laaste jaar op universiteit. Hoe tref jy ‘n balans tussen om goed te eindig, maar ook om pret te hê?

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.