RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 11 April 2025 11.04.2025

Barrie Ferreira vind meer uit van agter-die-skerms-beroepe in die TV- en filmbedryf.

Kompas 10 April 2025 10.04.2025

Wat is jou lees-ouderdom? Ons hoor by die stigter en bestuurshoof van Stimulus Maksima, Lotta Engelbrecht, uit wat ‘n lees-ouderdom is, en hoe leerders vinniger en met meer begrip kan lees om sodoende makliker te leer.

Kompas 9 April 2025 09.04.2025

Hoe gemaak as jy wil gaan studeer, maar jou ouers dink nie jou studierigting is die regte een nie?

Kompas 8 April 2025 08.04.2025

Uithou, aanhou volhou. Dis woorde wat Danel Louw, algehele wenner in die professionele vrouekategorie van die Hyrox-kompetisie, al te goed verstaan. Sy deel haar ondervinding en lesse met jongmense.

Kompas 7 April 2025 07.04.2025

Watter raad het jy om verkoue en griep te beveg? Chloè van Rooyne praat met 'n apteker om uit te vind hoe om gesond te bly in die winter. 'n Tandarts praat ook die belangrikheid van goeie mondhigiëne.

Kompas 4 April 2025 04.04.2025

Goeiedag. Dumelang. Sawubona, Good Day. Bonjour. Hola! Wat is die waarde daarvan om 'n ander taal aan te leer?

Kompas 3 April 2025 03.04.2025

Dit was gister Wêreld Outisme Bewusmakingsdag. Ons praat hieroor met Ilana Gerschlowitz van The Star Academy.

Kompas 2 April 2025 02.04.2025

Barrie Ferreira vind uit wat leierskap behels, en hoe jy jou leierskapsvaardighede kan verskerp.

Kompas 1 April 2025 01.04.2025

Lané Croucamp gee jou ‘n kykie in haar lewe as 'n jongmens met ‘n siggestremdheid.

Kompas 31 Maart 2025 31.03.2025

Liggaamsdismorfie is 'n geestesversteuring wat elke aspek van jou lewe kan beïnvloed. Is hierdie gedagtes 'n werklikheid vir almal? Maak dit van my 'n oppervlakkige persoon? Hierdie is die soort vrae wat Jeandrè Hammond mee geworstel het voordat hy met liggaamsdismorfie diagnoseer is. Hy vertel hoe dit sy lewe beïnvloed het, en hoe hy daaraan begin werk het.

Kompas 28 Maart 2025 28.03.2025

Ken jy jou maal-tafels, en weet jy hoe om X en Y te vind? Ons praat oor wiskunde as ‘n skoolvak. Hoekom is dit belangrik? Hoe kan jy dit meer geniet? Wiskunde is ‘n oefenvak. Dis nie iets wat jy kan sit en leer soos ‘n papegaai nie, maar iets wat jy elke dag moet oefen.

Kompas 27 Maart 2025 27.03.2025

Juffrou Liné du Preez van Hoër Vollkskool hersien Lewenswetenskappe vir matrikulante.

Kompas 26 Maart 2025 26.03.2025

Barrie Ferreira praat oor die belangrikheid van jongmense se stories, en die belangrikheid van kreatiewe skryfwerk.

Kompas 25 Maart 2025 25.03.2025

Karl van Reenen het ná skool twee jaar lank sendingwerk in Nieu-Seeland gaan doen. Hy vertel van sy ondervinding as jongmens in die vreemde, en van sy geestelike reis.

Kompas 24 Maart 2025 24.03.2025

Bestaan jou velsorgroetine uit 'n klomp verskillende stappe en produkte. Is dit regtig nodig? 'n Velsorgterapeut vertel watter produkte die belangrikste is om te gebruik vir 'n gesonde vel, en hoe 'n goeie velsorgroetine lyk.

Kompas 21 Maart 2025 21.03.2025

Barrie Ferreira praat op  Wêreld Poësiedag met ‘n digter oor "slam poetry".

Kompas 20 Maart 2025 20.03.2025

Jongmense deel stories van hulle interessante troeteldiere en hulle maniere.

Kompas 19 Maart 2025 19.03.2025

Moet selfone in skole toegelaat word?

Kompas 18 Maart 2025 18.03.2025

Nina Dicks, ‘n hoërskoolleerder wat aan ‘n uitruilprogram na Duitsland deelgeneem het, vertel van haar ondervinding.

Kompas 17 Maart 2025 17.03.2025

Chloè van Rooyen kyk na die daaglikse roetine van hoërskoolleerders, en of daar genoeg ure in 'n dag is om by al hulle verpligtinge uit te kom. Hoe kan ouers, onderwysers en die gemeenskap hulle help?

Kompas 14 Maart 2025 14.03.2025

Barrie Ferreira kyk na die goed en sleg van langafstandverhoudings.

Kompas 13 Maart 2025 13.03.2025

Wil jy Duitsland besoek? Alta Botes verduidelik hoe uitruilprogramme werk, en hoe jy kan kwalifiseer.

Kompas 12 Maart 2025 12.03.2025

Barrie Ferreira hoor of die jonger generasie reg is om oor te neem by die ouer generasie. Wie se verantwoordelikheid is dit om seker te maak dat  jongmense gereed is - die ouer of die jonger generasie?

Kompas 11 Maart 2025 11.03.2025

Moenie self-isoleer nie! Dit is Iyana Willemse, ‘n jeugwerker, se boodskap aan jongmense. Sy lei en inspireer die jeug om hulle ondersteuningstelsel of geloofsgemeenskap te vind.

Kompas 10 Maart 2025 10.03.2025

Chloè van Rooyen hoor by 'n paar opvoeders hoe hulle die skuif van leerder af na onderwyser hanteer het, hoe die onderrigstelsel verander het sedert hulle op skool was, en hoekom onderwysers so 'n belangrike rol in jongmense se lewe speel.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.