RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 16 Mei 2025 16.05.2025 22:32
Wat is waarheid? Barrie Ferreira probeer om die koring van die kaf te skei.
Kompas 15 Mei 2025 15.05.2025 20:41
Die Poort-skryfkompetisie se wenners vir 2025 is pas aangekondig, en Hazel Janse van Rensburg hoor wat hierdie twee manne se wenresep is.
Kompas 14 Mei 2025 14.05.2025 19:14
Dis die derde en laaste deel van Kompas se studieskou, waar ons jou blootstel aan moontlike studieopsies wat nie tradisionele universiteite is nie.
Kompas 13 Mei 2025 13.05.2025 23:01
Die Kompas-span klop by ‘n paar akademiese instansies aan om te hoor wat hulle jongmense kan bied om die beste besluit vir ‘n blink toekoms te maak.
Kompas 12 Mei 2025 12.05.2025 23:51
Chloè van Rooyen gesels met Magnet Theatre, College of Audio Engeneering, Cape Town Butler en Weskus College oor die studiegeleenthede wat hulle bied.
Kompas 9 Mei 2025 09.05.2025 24:29
Barrie Ferreira kyk na die realiteite van enkelma wees in Suid-Afrika, en watter impak dit op kinders kan hê.
Kompas 8 Mei 2025 08.05.2025 20:19
Hazel Janse van Rensburg praat met deelnemers, organiseerders en beoordelaars oor wetenskap-ekspo's en die deure wat dit vir jongmense oopmaak.
Kompas 7 Mei 2025 07.05.2025 22:15
Waaraan dink jy as jy die woord “mislukking” hoor? Dink jy dis deel van sukses, of is dit iets wat jy eerder wil vermy?
Kompas 6 Mei 2025 06.05.2025 21:20
Ysterman Alwyn Uys vertel hoe ‘n fratsongeluk in 2014 sy lewe drasties verander het.
Kompas 5 Mei 2025 05.05.2025 20:45
Kyle Mendoor het op 23-jarige ouderdom die dominee geword van 'n gemeente wat vir 13 jaar vakant was. Hy vertel vir Chloè van Rooyen hoe die lewe van ʼn dominee lyk, en hoe hy die groot ouderdomsgaping hanteer tussen hom en meeste van die lidmate.
Kompas 2 Mei 2025 02.05.2025 24:10
Barrie Ferreira kyk na kerningeneurswese, en probeer die kern vind van hierdie nagraadese studierigting.
Kompas 1 Mei 2025 01.05.2025 20:16
Gerrie Niemand van die Nasionale Seereddingsinstituut praat oor waterveiligheid, en hoe jongmense as vrywilligers by die NSRI betrokke kan raak.
Kompas 30 April 2025 30.04.2025 24:26
Om die regte bronne te kry, is ’n groot deel van ‘n universiteitstudent se lewe. Hoekom is dit so belangrik om betroubare bronne te kry?
Kompas 29 April 2025 29.04.2025 24:43
Wat is ‘n ware vriend, en hoe kan jy een wees? Anneke Langner, ‘n maatskaplike werker, help jongmense met ‘n paar belangrike wenke oor vriendskap.
Kompas 28 April 2025 28.04.2025 24:27
Chloè van Rooyen gesels oor die Suidoosterfees en watter waarde kunstefeeste vir jongmense inhou. Antjie Krog deel haar poësie, en ‘n jong skrywer vertel van hulle debuutproduksies.
Kompas 25 April 2025 25.04.2025 22:57
Moet ‘n mens deelneem, of moet jy eerder “nee dankie” sê wanneer jy dalk nie te goed is in iets nie? Ons kyk na die belangrikheid daarvan om deel te neem in jou skool se buitemuurse aktiwiteite.
Kompas 24 April 2025 24.04.2025 22:00
Ons doen hersiening van Afrikaans Huistaal se Vraestel 1 saam met juffrou Anica Prinsloo.
Kompas 23 April 2025 23.04.2025 21:34
Dis Wêreld Boekedag. Hoe relevant is boeke nog in 2025? Het jy ‘n regte boek nodig, of kan jy eerder ‘n elektroniese toestel gebruik?
Kompas 22 April 2025 22.04.2025 20:26
Dis Aardedag. Vanjaar se tema is hernubare energie. Cilnette Pienaar van Green Cape vertel meer.
Kompas 21 April 2025 21.04.2025 23:25
'n Jong akteur vertel hoe hy tot die besluit gekom het om sonder alkohol en sigarette te leef, en sy hart vir die Here te gee. Dit volg nadat drie profete hom gewaarsku het dat sy vriende sy dood sal veroorsaak.
Kompas 18 April 2025 18.04.2025 21:13
Is jy iemand wat graag voor ‘n groot skare mense wil praat, of dalk liewers wegkruip wanneer daar so 'n geleentheid is? Ons bespreek die waarde van redenaars en openbare toesprake.
Kompas 17 April 2025 17.04.2025 21:16
Wil jy deel van ‘n jeugkoor wees? Ons vind by lede van die Drakensberg Seunskoor uit hoe die lewe in die berge en op die verhoog lyk, en moedig jongmense aan om hulle eie drome na te streef.
Kompas 16 April 2025 16.04.2025 23:06
Barrie Ferreira praat met Gerco van Deventer, wat as gyselaar gehou is deur Al Kaïda, om te hoor hoe sy deursettingsvermoë hom gehelp het.
Kompas 15 April 2025 15.04.2025 23:44
Dr. Ezette du Plessis, ‘n opvoedkundige sielkundige, verduidelik die doel van aanlegtoetse, wie daarby kan baat.
Kompas 14 April 2025 14.04.2025 25:03
Hoe ontwikkel iemand 'n eetversteuring? Is dit net jong vroue wat daaraan lei, of kan dit met enigiemand gebeur? Chloè van Rooyen praat met sielkundige Dewald Louw oor eetversteurings en die ernstige gevolge daarvan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.