RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 20 Junie 2025 20.06.2025

Is jy ‘n hoërskoolleerder wat nie te goed gedoen het in die Junie-eksamen nie? Wat van winterskool as ‘n manier om jou akademies te ondersteun?

Kompas 19 Junie 2025 19.06.2025

Annalize Thiart, ‘n entrepreneur wat haar passie in ‘n suksesvolle besigheid verander het, leer jongmense om te brei en hekel.

Kompas 18 Junie 2025 18.06.2025

Barrie Ferreira gesels met twee leerders wat aan ongewone sportsoorte deelneem.

Kompas 17 Junie 2025 17.06.2025

Forensiese ontleder Jason Jordaan leer jongmense om hulleself in die kuberruim te beskerm.

Kompas 16 Junie 2025 16.06.2025

Afrigter Ashley Louw het besef dat die sportstruktuur in Upington nie baie sterk is nie, en het die behoefte gesien vir ʼn rugbyklub vir jong manne. Die klub het 'n enorme impak gehad op en van die veld af. En, in die Cederbergstreek word kunstenaars tydens Jeugmaand bemagtig deur werkswinkels en loopbaanuitstallings.

Kompas 13 Junie 2025 13.06.2025

Barrie Ferreira kyk na die komplekse verhouding tussen pa en kinders.

Kompas 12 Junie 2025 12.06.2025

Stefan van der Merwe het ‘n graad in Biokinetika. Hy gee jong mans leiding oor ‘n gesonde leefstyl.

Kompas 11 Junie 2025 11.06.2025

Barrie Ferreira kyk na die belangrikheid van speel op Wêreld Speeldag, en vind meer uit van ‘n intersante speelinitiatief by ‘n Suid-Afrikaanse universiteit.

Kompas 10 Junie 2025 10.06.2025

Om Wêreld Oseanedag te vier, het Hazel Janse van Rensburg vir Krish Lewis genooi om jongmense meer oor sy werk by 'n akwarium te vertel. Ons vind uit hoeveel harte ‘n seekat het, hoe om by ‘n duikskool aan te sluit, en watter rol die gesondheid van oseane in ons lewe op land speel.

Kompas 9 Junie 2025 09.06.2025

Wanneer 'n gemeenskap saamstaan en hande vat, kan berge verskuif word en die onmoontlike, moontlik word. HOPE IS A VERB is 'n gemeenskapsorganisasie wat hoop vir hulle gemeenskap bring deur op  t e tree. Hulle help studente en jongmense met studie- en werkaansoeke, en sodoende pak hulle een van die grootste uitdagings in hulle gemeenskap aan - werkloosheid.

Kompas 6 Junie 2025 06.06.2025

Om te skuld of nie te skuld nie? Dít is die vraag. Is skuld goed of sleg, en hoe moet ‘n mens te werk gaan om goed met skuld te werk? As jy skuld gebruik om iets te koop wat in waarde groei, of wat jou in die toekoms kan help om meer geld te maak, soos ‘n graad op universiteit of ‘n besigheid, dan kan dit slim wees.

Kompas 5 Junie 2025 05.06.2025

Ruan Smith vertel van sy ondervinding as ‘n Engelse onderwyser oorsee. Hy verduidelik die stappe wat gevolg moet word, en weeg die voor-en nadele op.

Kompas 4 Junie 2025 04.06.2025

Wanneer is die regte tyd vir ‘n kind om ‘n slimfoon te kry?

Kompas 3 Junie 2025 03.06.2025

Hendrik Jacobs van Open Window vertel hoe kunsmatige intelligensie kreatiwiteit beïnvloed. Hy beantwoord ook die vraag of kreatiwiteit aangeleer kan word.

Kompas 2 Junie 2025 02.06.2025

Chloè van Rooyen praat met Monotone Mel en Avril Albettie oor hoe die lewe van 'n smaakmaker lyk. Is dit net pret, of gaan daar baie werk in?

Kompas 30 Mei 2025 30.05.2025

Barrie Ferreira kyk na die impak van pornografie op jongmense se lewe, en praat met iemand wat deur so ‘n verslawing is.

Kompas 29 Mei 2025 29.05.2025

Ons doen hersiening van Graad 12 Visuele Kuns saam met meneer Markus Steinmann.

Kompas 28 Mei 2025 28.05.2025

Barrie Ferreira vind meer uit van inkomstebelasting, waarvan jongmense skynbaar nie baie weet nie.

Kompas 27 Mei 2025 27.05.2025

Sal jy ‘n orgaan skenk om ‘n vriend se lewe te red? Dis die vraag wat Dean Frost in die gesig gestaar het toe sy vriend Francois Swartz ‘n nier nodig gehad het.

Kompas 26 Mei 2025 26.05.2025

Is jy moeg daarvan om elke week dieselfde kos te eet? Soek jy raad oor hoe om met 'n klein begroting kos te koop? Chloè van Rooyen vind by 'n paar jongmense uit wat hulle gunsteling disse is, en hoe hulle sorg dathulle hulle geld op die beste moontlike manier gebruik. Charisa Weyers van Vrek Lekker deel 'n paar van haar resepte.

Kompas 23 Mei 2025 23.05.2025

Almal het daai een persoon met wie ons nie oor die weg kom nie. Hoe gemaak wanneer jy met hierdie persoon moet saamwerk?

Kompas 22 Mei 2025 22.05.2025

Kompas vier Wêreld Teedag, wat op 21 Mei was. Lize du Preez, die bemarkingsdirekteur van Carmien-rooibostee, vertel meer van die produksie van hierdie eg Suid-Afrikaanse kommoditeit.

Kompas 21 Mei 2025 21.05.2025

Hoe verander die definisie van plagiaat, namate kunsmatige intelligensie al hoe meer deur studente gebruik word op universiteit?

Kompas 20 Mei 2025 20.05.2025

Hazel Janse van Rensburg het die eindronde van Tribuo se Proscenium-dramakompetisie bygewoon, en by die top agt gehoor wat hulle raad aan jong aspirantakteurs is.

Kompas 19 Mei 2025 19.05.2025

Met meer as 29 jaar se ervaring in die polisiediens, vertel Richard Brussouw wat die beste manier is om jouself teen motorkaping te beskerm.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.